Bokke laat wiel teen Kanada

Cobus Reinach. (Kyodo News via AP).

In die grapjas Adam Sandler se Amerikaanse voetbal-fliek, The Longest Yard, sê hy vir die pruimtwak-kouende antagonis dat sy sterk voetbalspan teen ’n veel swakker span moet speel; net om hul selfvertroue ʼn bietjie van ’n hupstoot vir die res van die seisoen te gee.

Duidelik het iemand in wêreldrugby na Sandler se wyse raad geluister en besluit dat die Springbokke in hul laaste groepwedstryd in vanjaar se Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan teen Kanada moes speel.

Siya Kolisi – wat vir die volle 80 minute gespeel het – se troepe het vandag in Kobe met 66 – 7 die vloer met Kanada gevee om waarskynlik tweede (ná Nieu-Seeland) in hul groep te eindig.

Te danke aan ’n Bok-blitzkrieg in die eerste helfte het die Suid-Afrikaners reeds ’n voorsprong van 47 – 0 teen rustyd geniet en die kragmeting het naderhand meer soos ’n seweswedstryd begin lyk.

Cobus Reinach het met skoppies agter die skrum én sy vaart beïndruk en het met sy driekuns van drieë basies op sy eie vir die Bokke se bonuspunt gesorg.

Veral sy derde drie was ’n juweel: Elton Jantjies se skop is briljant deur Warrick Gelant uit die lug gepluk, waarna Damian de Allende sterk gehardloop het, en Reinach uiteindelik sy ore platgetrek het vir ’n drie wat beslis die kykweer werd is.

S’bu Nkosi het sy gebruiklike drie gedruk. (Kyodo News via AP)

Tussendeur het Kanada se Josh Larsen ’n rooi kaart gekry en Frans Steyn het net voor rustyd verdere sout in die Kanadese wonde gevryf toe hy die bal op hul doellyn onderskep het vir ’n verspot maklike drie.

In die tweede helfte het dinge bietjie slordig begin raak, maar daar was steeds kans vir Damian Willemse en Frans Malherbe om hul eerste drieë in die groen en goud gedruk het, terwyl Jantjies kwalik ’n voet met sy stelskoppe verkeerd gesit het.

Die wedstryd het dalk nie veel beteken nie – almal het geweet die Bokke sal maklik wen – maar dit sal baie vir Rassie Erasmus-hulle se selfvertroue beteken.

Nou moet hulle net hul prestasie van die eerste 40 minute vir langer periodes teen sterker spanne in die uitspeelrondes herhaal.

  • Puntemakers:

Springbokke: Drieë: Damian de Allende, S’bu Nkosi, Cobus Reinach (3), Warrick Gelant, Frans Steyn, Schalk Brits, Damian Willemse, Frans Malherbe. Doelskoppe: Elton Jantjies (8).

Kanada: Drie: Matt Heaton. Doelskop: Peter Nelson.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Petro ·

Ek weet nie wat sukkel Kanada en Namibia so nie. Hier is honderde talentvolle spelers in SA wat sal trek…. Kom shop….

Lizelle ·

WOW !! Wat great game vir die bokke span – ek was lanklaas so trots om ‘n bok ondersteuner te wees!! Well done bokke – dankie vir ‘n fantastiese game.

jonathan ·

dat iemand so bly kan wees dat die bokke teen kanada so gewen vertel n storie shame

Spiekeries ·

@Petro: Namibia het ook sy trots! Ons wil nie soos Japan lyk nie.

Kerneels ·

Sal nie soos japan lyk nie, Suid-Afrikaners speel met hul oe heeltemal oop!

Hein Grethe ·

Punte Kerneels, verskil tussen “dim” en “bright”. Almal sal dit nie verstaan nie. Gooi rook makker.

JohanR ·

Drie scrumskakels by die wereld beker, maar Reinach het my vandag beindruk. Is dit nou 1. Cobus Reinach 2. Herschel Jantjies 3. Faf du Plessis?

Dewaldt ·

Beslis stem ek saam! Reinach is strate vinniger as Faf en geensins so voorspelbaar soos Faf nie. Faf adverteer sy volgende “move” en het geen verrassingselement in sy spel nie

Humor ·

JohanR. Skerp. Hou van jou humor. Laat die ander dit maar probeer uitwerk.

Poot ·

Nee wat…. glad nie ñ wedstryd om te onthou nie. Kolisi en Kwagga was ewe pateties.

DS ·

Kry daardie telling teen All Blacks, Austalie of Engeland dan kan julle so bree bors rondloop maar teen Kanada? Regtig?!

Bennie van Zyl ·

Hi Johann Gresse, as ek dit nie mis het nie, het die All Black nog nie die pool gewen nie. Hulle het nog een wedstryd oor om te speel en lê op hierdie stadium 2de na die Bokke met 14 punte. Ja ek weet dit is teen Italië wat hulle nog moet speel, n wedstryd wat hulle maklik behoort te wen….maar ons almal weet ook al teen hierdie tyd, enige iets kan gebeur in n wêreldbeker….sê maar net…

stefan ·

Ek stem nie saam met die skrywer van die berig nie. Kolisi was wel die hele wedstryd op die veld maar gespeel het hy nie, net saamgedraf.

Buffel ·

Die wedstryd voor was sag. Dis maklik om rond te drawwe as die fisikaliteit laag is. Teen lande met meer aggressiewe voorspelers drawwe hy dankie toe op 55 min.

JohanL ·

Welgedaan Bokke. Ja, die teenstand was nie een van die top 5 spanne in die wereld nie. Maar die eerste helfte was basies “perfek” met omtrent alles wat reggeloop het vir die Bokke en ja alles wat skeefgeloop het vir die Kanadese. Dit was ‘n plesier om te sien hoe die bal die werk doen.

Dink Rassie sit met ‘n groot maar lekker kopseer op skrumskakel :) Faf is sy “bestaande man in die pos”, maar Cobus het gister gewys hy WIL SPEEL en sy besluite en opsies was puik. Alhoewel H Jantjies ‘n wonderlike eerste paar wedstryde beleef het, sal ek Cobus in beginspan kies met Jantjies op reserwebank.

Alhoewel hy pas in Japan gearriveer het en dus net een wedstryd gespeel het, was Willemse vroeer in die span en hy is bekend met alles. Sal hom op heelagter speel waar meer spasie is, in plek van le Roux wat deesdae teleurstellend is. In gebroke spel kan hy ook altyd op losskakel inskakel sou dit nodig wees.

Komplimente aan Rassie met die bestuur van sy spelers. Skynbaar het elke liewe lid op ‘n stadium as deel van ‘n beginspan uitgedraf.

Foorspelbaar ·

As Faf agter die skrum sy een been so uitstrek vir wat soos minute voel sodat almal weet hy gaan skop kan ek ‘n kat skiet. Reinach is strate beter as hy, ek hoop net Rassie en kie het die moed om hom te laat begin. Teen die moeilikste opposisie (NZ) moes Faf na die eerste helfte al afgehaal geword het maar het toe heeltemal te lank op die veld gebly.

Robert ·

Ja, en die a- span spelers wat as reserwes opgekom het, het ń negatiewe invloed op die spel gehad. Laat jou dink…..

izaak Rabie ·

66/7 Teen Kanada se 14 manne. Siestog! As die “bokke” die wereld beker wen is dit die grap van die eeu. Dit is egter nie onmoontlik nie, want Rugby is die enigste manier wat die NWO ( Nuwe Wereld Orde) hulle doel kan behaal. Luster maar na die RWC se lied.

What a joke! ·

Dit is so goed soos Suid Afrika word verinneweer deur in Kanada in n ys hokkie wereld beker wedstryd en Kanada is dan verheug oor die feit dat hul n Suid Afrika vermosel het…Min om hoor huis toe te skryf….. Al wat uit die wedstryd gevat kan word is hoe swak Kolisi se spelpeil eintlik is en hoe vinniger FAF vervang word as die nr een loskakel hoe beter..Speel ok eerder Nkosi bo Mapimpi….

lanie ·

Geluk aan die Bokke. Hulle het seker teen n blinde span gespeel.

Kraai ·

Mooi ons bokkies. Hoop en vertrou julle behou julle wense om die wereldbeker -wedstryd te haal en te wen.

PIERRE ·

So tragies hoe negatief kommentaar is teenoor Springbokke. Mense come alive, daar is top spanne en swakker spanne. Die topspanne wen ver teen die swak spanne, maar die idee is dat die sterk spanne volgens spelpatroon struktuur behou terwyl die swak spanne leer en net bly is om daar te wees.
Dan natuurlik, die persoonlike aanvalle op die Bok Kaptein, pragtige leier, gerespekteer deur sy spanlede en deur die 90% van die rugby publiek wat maar net kan kop skud vir die oningeligte afbrekers.

Rinkhals ·

As hy so pragtig is vir jou nooi hom ngk toe hulle is oop vir daai tipe optrede. As kaptein bly hy swak en steek sleg af teen ander kapteine selfs Lappies van Japan is ‘n beter speler en leier.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.