Bokke se beste nie goed genoeg

Die All Blacks se flank Jerome Kaino op pad doellyn toe met Lood de Jager wat hom nie kon keer nie. (Foto: World Rugby)

Die All Blacks se flank Jerome Kaino op pad doellyn toe met Lood de Jager wat hom nie kon keer nie. (Foto: World Rugby)

Die All Blacks is deur na die eindstryd van die Wêreldbeker nadat hulle Suid-Afrika Saterdag naelskraap 20-18 op Twickenham geklop het.

Die Bokke kon geen drieë in die klipharde, goeie wedstryd druk nie en het in die lynstane gesukkel. Dáár het beslis iets gehaper. Dit is ook so dat die All Blacks weens Springbokdruk nie met die bal in die hand kon baljaar nie, maar hulle het na die eerste 20 minute of so besit heeltemal oorheers en die Bokke in hulle eie gebied vasgepen.

Maar dit was nietemin ’n wedstryd waarin die uitslag na een of die ander kant toe kon val en soos soveel kere tevore, kon die All Blacks die druk verwerk, twee keer  gaan druk en seëvier – ondanks moedige verdediging deur die Bokke.

Ons sal tot môre moet wag om te sien wie teen die All Blacks in die eindstryd gaan speel: Die Wallabies of Argentinië.

Albei die spanne het Saterdag vroeg gekapitaliseer sodra hulle in mekaar se helftes beland het. Handré Pollard het die Bokke se sterte op en hul neuse voor gekry met ‘n strafdoel in die derde minuut toe Kieran Read die Bok-rolmaal onwettig wou kelder.

Van die afskop af het die All Blacks soos hulle gebruik is die bal begin rondgooi en wyd laat loop. In die sesde minuut het ’n aangee van Ben Smith vir Jerome Kaino ná ʼn man-oor gevind en Lood de Jager het hom misgevat op pad doellyn toe. Dan Carter het verdoel.

Nieu-Seeland kon nie kla oor hul kanse nie. Hulle het die leeue-aandeel aan gebiedsvoordeel en balbesit in die eerste 40 minute gehad en het selfs twee lynstaanballe by die Suid-Afrikaners afgeneem. Dié patroon is na die breekslag voortgesit.

Maar die Bokke het die Nieu-Seelanders moedeloos geduik en hulle moes telkens rolskoppe gebruik om verby die groen verdedigingsmuur te probeer kom. Selfs dít was vergeefs. Anders as verlede week teen die Franse, het Julian Savea en Nehe Milner-Skudder maar ’n skrale invloed gehad.

Bryan Habana en Willie le Roux was sekuur onder die hoë balle, Francois Louw het die septer by die afbreekpunte geswaai en les bes was die Bokke baas in die eerste helfte se enkele skrums.

Pollard het met reëlmaat nog drie strafdoele voor die omdraaislag koeltjies deur die pale gejaag om die rustydtelling 12-7 vir die Bokke te maak. Asof dit nie genoeg was nie, het Kaino ’n geelkaart in die skadu’s van die eerste helfte ontvang nadat hy die bal vanuit ’n onkantposisie weggeskop het.

En toe begin die reën ook neer te sif soos die spelers in die tweede helfte uitgedraf het. Albei spanne se taktiese skoppery het voortgeduur en eerder as dat die Bokke Kaino se afwesigheid kon uitbuit, het Carter sy span se agterstand na slegs twee met ’n skepdoel laat krimp (12-10).

Die All Blacks het bly druk toepas met die bal in hand en in die regte areas van die veld te speel. Goeie kontinuïteit en opsies na omkeerbesit het tot ’n drie in die hoek gelei vir Beauden Barrett, wat Milner-Skudder vervang het. Carter het verdoel. (12-17).

Habana is in die proses ook nog vir 10 minute strafbank toe nadat hy die bal uit Aaron Smith se hande geklap het.

Pollard en Carter het daarna elkeen ’n strafdoel deur die mikke gejaag. Die Bokke het die konserwatiewe roete gevolg en hard geskrum terwyl Habana sy straf moes uitdien en het in sy afwesigheid nie nog drieë afgestaan nie.

Victor Matfield het ’n strafskop binne trefafstand omgekeer weens ’n nekrolbeweging op ’n All Black. Dit was ʼn twyfelagtige beslissing, veral gesien wat die Nieu-Seeelanders in dié opsig aangevang het, maar die drie (wen)punte was daarmee heen in ’n stryd waar elke punt en millimeter goud werd was.

Pat Lambie het vir Pollard vervang nadat dié se rug beseer is en hy het die punteverskil slegs twee met ʼn strafdoel gemaak. Die nat bal het moles gemaak vir beide spanne moles gemaak, maar die Bokke het hulself geen gunste bewys deur boonop ook lynstaanballe af te staan en nie takties slim te skop nie.

Die Bokke sal nou nog vier jaar moet wag om daardie gesogte trofee huis toe te bring, terwyl die All Blacks aanstaande Saterdag die eerste span kan word wat die Wêreldbeker drie keer wen en ook die eerste om dit in twee opeenvolgende toernooie te doen.

Punte –

Suid-Afrika 18: Strafdoele: Handré Pollard 5, Pat Lambie.

Nieu-Seeland 20: Drieë: Jerome Kaino, Beauden Barrett. Doelskoppe: Dan Carter 2. Strafdoel: Dan Carter. Skepdoel: Dan Carter.

Geelkaarte: Jerome Kaino, Bryan Habana.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Gerhardt ·

Ek wens dat eendag net eenkeer, die marginale besluite van rugbu skeidsregters in ons guns sal gaan. Ek weet NZ is beter as ons maar wen sal lekker wees.

Michiel ·

Skeidsregter het beslis oogklappe aangehad. Een ou wat gwaarsku was en nie geelkaart gekry het en heelwat ander foute in 1e helfte. SO, ja dalk was NZ die beter span maar dit maak mens moedeloos as die ref ook nog oogklappe aanhet wanneer dit hom pas.

Johann ·

Dit was voor die handligend dat die Springbokke gaan verloor. Die oomblik toe JP Pieterson wegbreek en n oop doelyn voor hom wapper toe blaas die skeisregter hom doel bewus af, “dood” net daar het ek geweet ons het Hierdie een verloor, want dit was n besliste 7 punte wat hy net daar geroof het. Jammer Springbokke maar ou maak nie teen veraaiers oorlog nie. Julle het uitstekend gespeel.

Daan ·

Jammer vir die gewillige spelers Jammer dat julle behalwe rugby ook nog die kruiwa moes stoot van ou VW ‘s teenoor die haastige sportsmotors
Arme Polard moes elke keer die bal kry as sy teenstander reeds in sy gesig blaas
zumu is nie al een wat geen verantwoordelikheid aanvaar nie
As jy oud of beseer is gaan speel domino en laat die jong manne die game speel
Sterkte met die volgende verloor

Ben ·

Nee mense, cowboys don,t cry! Ons het n vervelige patroon van neentien voertsek herhaal. Dit was vir seker n besluit van Meyer wat Du Preez met graagte uitgevoer het. Swak besluite en nie die skeidsregter nie, het ons hierdie een gekos. In hierdie tipe wedstryde skop jy die bal uit as jy naby joi doelyn is, maar nee, twee keer probeer ons met die bal weg MAALen druk die All Blacks en/of sit n strafskop oor. Wanneer sal ons begin besef dat ons bestes nie goed genoeg was nie? Die bestes, soos Jaco Kriel, moes by die huis bly.

Carel ·

Geen agterlynbeweging nie tot eers die laaste minuut van jou eie doellyn as ‘n wanhoopsbeweging. En dan word besit weggeskop na die All Blacks toe. Die probleem is die gebrek aan ‘n plan… Die potensiaal van die agterlyn was gladnie gebruik nie –

Ben ·

Ai tog. Carel, dit lyk my ek en jy is die enigste wat die regte wedstryd gekyk het want ons sien dieselfde leemtes raak. Ons ou nasie kan ook maar regtig eenogig wees as hul die dag lus het.

Herman ·

Hou is dit puik as jy die heeltyd besit doelloos wegskop, selfs terwyl jy teen 14 man speel. Dit is bloot waansinnig. Maar wat meer kan mens verwag as jou afrigter High Again Meyer is?

Eina ·

Moses Matfield en die ref het ons die wedstryd gekos.
Loot se geval was moeilik. Vat hy laag, gee Kiano uit. Vat hy hoog, loop die masjien steeds voort…. Daar was ander vaktore ook maar ek is steeds trots dat die magtige AB amper hul dinges gesien het.

Johann ·

Se wat julle wil ek se steeds die skeidsregter was n varknek, hy moes herhaaldelik van die kommentaar afdeling se kant af reg gehelp word

Ben ·

Ai tog. Carel, dit lyk my ek en jy is die enigste wat die regte wedstryd gekyk het want ons sien dieselfde leemtes raak. Ons ou nasie kan ook maar regtig eenogig wees as hul die dag lus het.

Ben ·

Ja en dit was seker die ref wat die twer driee van die AB gedruk het, wat vir SA gese het hulle moet ploeter rugby speel en hulle mag nie met hul agterlyn hardloop nie? Asseblief!!

Jan maak n Plan ·

Dis alles goed en wel – die Bokke het so hier en daar nonsens aan gejaag. Maar word Habana in die volgende eeu laat geloop sonder die bal dat hy amper in die paviljoen beland of JP se onderskep drie word gestop omdat n AB n ou om die kop beet gekry het, dan moet die Bokke mos teen 16 man speel. Ek hoop daat Franse ref verstik aan n parra boudjie en n glas rooi wyn. Ek neem die bokke nie kwalik as hulle mismoedig word nie. Ek meen Tkos en Kobus het albei amper n korriner geskiet oor die ……de ref.

Johann Marx ·

As jy 10 jaar terug 6 wedstryde op 6 velde reg langs mekaar gespeel het, en daar was ‘n “oortreding” van die reels, sou 6 skeidsregters almal dieselfde 6 beslissings gemaak het, en ‘n skrum of ‘n strafkop toegeken het. As jy vandag 6 wedstryde op 6 velde reg langs mekaar speel, en daar is presies dieselfde “oortreding”, sal 6 skeidsregters dit elkeen op ‘n ander manier hanteer…..omdat hy die reëls moet “interpreteer”…en sal die uitslag van al 6 wedstryde anders wees. Die rugby base sal dringend hieraan aandag moet gee….

Bok ondersteuner ·

Johann, net so. Baie kritiseer en skryf nou weer vinnig die bokke af maar daar is heelwat faktore wat maak dat ‘n wedstryd verloor word. NZ was moontlik die beter span maar ten spyte van vreeslike negatiewiteit na ons verloor in Japan het die bokke ver gekom. Wen sou die beste wees maar nou-ja…

Gary ·

Schalk se aanslaan het ons 7 punte gekos..
Die bokke het ook te veel in hulle eie helfte gespeel
Swak verdediging van lood ook.

Fanie ·

Ons het reeds in die eerste helfte gesien die skeidsregter blaas en straf nie wanneer hy moet. Toe kyk ons nie verder nie.
As die wedstryd se beeldmateriaal oorgekyk word, sal hulle sien die skeidsregter is ‘n leek op sy gebied.
Waar kom hulle aan hom?
Eintlik moet daardie wedstryd oorgespeel word met ‘n Ref wat weet van Rugby.

Rynhardt ·

Ek wil net graag onder Maroela se aandag die volgende bring.Op 20September 2015 het ek vir julle gese dat die bokke nie die wereldkampioen gaan word nie.Op 28 Augustus het ek ook gese dat All Blacks of Australie die wereldkampioen gaan word en die kans is ook goed dat daardie twee spanne in die eindstryd kan speel.Alles is op koers!Net vir die rekord.Heyneke Meyer het geen plan gehad teen All Blacks nie.Hy het gehoop dat verdedigende rugby hul gaan klop,maar toe boemerang dit.Jy kan nie vir 80minute verdedig nie!Nou le transformasie voor vir bokke!All Blacks bly die beste!

Trots Suid Afrikaans ·

Hoekom gaan woon jy nie maar nader aan die All Blacks nie?

sekondeer ·

AG Rynhardt toggie. Bly jy is heldersiende en asof MAROELA nou omgee oor watjy gesê het. Duh… Dis butiendien nooit net EEN ou wat ‘n span laat verloor maar ‘n kombinasie van goed

Johann ·

Fanie,Jan maak n plan, ek is darm bly om te sien dat my insig in die wedstryd nie eensydig is nie. Ja die ou skeidsregtertjie sal nie eens vir ons laerskole blaas nie. Wonder watter skuif was agter sy verhoging om ooit in n werld beker wedstryd te kon blaas, maar daars niemand so blind as die wie nie wil sien nie, of so doof as hulle wie nie sy verkeerde fluitjie kon hoor nie!!!!!!!

Schalk ·

Halfeindstryd om die wereldbeker!!! Skitterend!!
Ek dink die bokke het baie goed gespeel. n Paar foute gemaak om swakkerige skoppe in hulle hande te skop, maar oor die algemeen… Ek dink die druk was onbeskryflik. Ek is BAIE trots op die manne.
Almal wat so negatiewe kommentaar lewer….. wonder hoe jy sal doen in so n situasie? Miljoene mense wat vir jou kyk en 50 miljoen wat baie hoe verwagtings van jou het. Nee wat ek is baie trots op hulle en baie trots om n Suid Afrikaner te wees.
Heyneke en jou bokke…. Goed gedoen!!!.

Henry ·

Stem allie pad met jou saam Schalk.
Onder omstandighede soos die stortreën na rustyd en debatteerbare skeidsregter beslissings (na beide kante), het ons manne meer as hul kant gebring en kon ons met so ‘n klein bietjie geluk, gewen het.
Jammer vir die voorspelbare Jan Salies en beterweters wat altoos oor alles en nog wat aan’t teem gaan.
Die Bokke en hul afrigtingspan het hul goed van hul taak gekwyt.

Johann ·

Bokke het pateties gespee, ons vleuls het geen balle gekry nie. En daai ou klomp ou fossiele op die veld. Meyer gaan soek jong bloed by die Golden Lions …..

Martin ·

Hulle het nou van De Villiers ontslae geraak, nou nog net van Meyer, en Matfield.

Siela ·

Ek stem saam Herman… Almal het my ook aangevat omdat ek voor d wereldbeker al voorspel het ons gaan nie eens kwarteind haal nie. In my oë was dit maar met n vloekskoot dat ons tot gister gehou het (en ek het gewens ek word verkeerd bewys maak nie n fout nie. Dem eks mal oor rugby) Maar met d huidige afrigter en span keuses en onosel foute en plaasvervangers twee minute voor d eindfluitjie.. Ouens wat hulself al voor d wereldbeker bewys het as onbestendig (om net een te noem Willie le Roux) voort te foeter wat het ons verwag?

F ·

Die probleme gister: 1. Heyneke Meyer is die verkeerde afrigter. Hy kan nie die spel lees nie en ploeter voort met spelers wat nie op peil is nie. Gelukkig is hulle nou so oud dat hulle nie meer sal kan speel nie. 2. All Blacks is 5 min. Voor 2de helfte begin reeds op veld en raak gewoond aan die omstandighede. Bokke is nog in kleedkamer. 3. Bal word doelloos geskop. Dit wys dat Bokke planloos was. 4. Waar was die voordeel toe JP onderskep. Dit is mos hoekom voordeel gespeel word, of is ek stupid?

Jean ·

Ja teleurgesteld wees is normaal maar wragtig ons het amper die wereld se sogenaamde beste span geklop met watse spel jy dit ok wil noem,tradisioneel Bokke voorspel dink ek en bietjie voorspelbaarheid en nie genoeg afwisseling nie maar n twee punt verskil is niks.
Deksels dit was so naby een of twee verskille in besluite van ons en die ref en die game was ons sin, ja dit maak seer…
Ja n paar foute is gemaak en ja die ref dink ek persoonlik het ons so bietjie bedonder met van sy besluite.. Maar ons kan ons koppe hoog hou en borste breed uitstoot want daai allblacks weet hul kan hulself gelukkig ag dat hul met die een weg gekom het, vat n verkil tussen 2 punte en om met 60 punte vermorsel te word”Fransemanne” eina. Habana se afklap het ons seer gemaak,en Matfield se kamtige onwettige spel op die all blacks se doel lyn wat die strafskop omgedraai het was n doodskoot vir ons laaste hoop om te wen…
Moet se dat ons taktiese skop werk om uit ons gebied te kom was om die minste te se power en ons geweldig onder druk gesit,moes die skoppers maar nie bietjie verder terug gestaan het nie met die all blacks wat so vinnig opskiet nie??maar net my opinie… Teleurgestel maar tog trots, ons almal weet die all blacks is een van die werel se bestes…
Dankie Bokke jul het regtig hard probeer en verdien meer beter erkenning..

Jean ·

Ja teleurgesteld wees is normaal maar wragtig ons het amper die wereld se sogenaamde beste span geklop met watse spel jy dit ok wil noem,tradisioneel Bokke voorspel dink ek en bietjie voorspelbaarheid en nie genoeg afwisseling nie maar n twee punt verskil is niks.
Deksels dit was so naby een of twee verskille in besluite van ons en die ref en die game was ons sin, ja dit maak seer…
Ja n paar foute is gemaak en ja die ref dink ek persoonlik het ons so bietjie bedonder met van sy besluite.. Maar ons kan ons koppe hoog hou en borste breed uitstoot want daai allblacks weet hul kan hulself gelukkig ag dat hul met die een weg gekom het, vat n verkil tussen 2 punte en om met 60 punte vermorsel te word”Fransemanne” eina. Habana se afklap het ons seer gemaak,en Matfield se kamtige onwettige spel op die all blacks se doel lyn wat die strafskop omgedraai het was n doodskoot vir ons laaste hoop om te wen…
Moet se dat ons taktiese skop werk om uit ons gebied te kom was om die minste te se power en ons geweldig onder druk gesit,moes die skoppers maar nie bietjie verder terug gestaan het nie met die all blacks wat so vinnig opskiet nie??maar net my opinie… Teleurgestel maar tog trots, ons almal weet die all blacks is een van die wereld se bestes…
Dankie Bokke jul het regtig hard probeer en verdien meer beter erkenning..

Michiel ·

Net so Jean my maat. NET so. Die beste stuurlei staan mos altyd aan wal. Daar is foute gemaak – ook aan All Black kant wat ook nie elke keer raakgesien is nie. Ons sal kyk as hulle verder wen met HOEVEEL hulle wen en dan kan ons sien hoe “swak” is die Bokke. Ek dink hulle het steeds goed gedoen en sal altyd bok ondersteuner bly.

Mike de Beer ·

Sinlose wegskop van ‘n goeie balle beteken eenvoudig dat die All Blacks gaan aanval met die bal waaarvan jy besit afgestaan het. As jy lynstaanballe op nommer 5 of dieper verloor gooi jy VOOR in – dit is gewoon logies en verg geen breinkrag om dit te weet nie. Etsebeth moet ‘n groot man soos Kaino laer vat en by die kantlyn uitdruk eerder as om hoog te vat want jy gaan afgestamp word en hy gaan ‘n drie druk. Die afgesaagde patroon van om die breekpunte te probeer breek met Schalk en Lood en Etsebeth het die All Blacks al in die vorige eeu al geweet moet hulle regstaan voor, want ons doen presies dieselfde ding in elke wedstryd en in elke wedstryd duik hulle ons terug en dan verloor ons telkens die bal. waarom bnie die bal by die gekose senters laat uitkom eerder as om Schalk, Lood, Etsebeth, Louw ens as senters te gebruik. ‘n Span wat hulle verstande beter gebruik as ons s’n het gewen. Ons sal moet ophou om “eighties” rugby te speel as ons erens wil kom. Man vir man het ons beter talent as enige span in die wereld.

bokkie ·

Wragtag soos gewoontlik sit die beste (not) op die paviljoen Dai MNR Bean van n ref het ons die beker gekos

Dup du Plessis ·

Amper maar…….
Jy speel nie in jou kwartgebied nie….skoolseuns weet dit, ‘n speler soos Frans Steyn wat jou van kwartgebied na kwartgebied vat met een skop sou wonderlik wees.
Ons het ‘n opwindende agterlyn (veral die nuwe senters) maar……….
dan moet hulle balle kry om te kan speel, met die voorspelers heeltyd in die lyn en so voorspelbaar, gaan die agterlynspel verlore.
As ‘n skrumskakel eers 3 of 4 tree hardloop voordat hy die bal laat loop, is daar geen geleentheid vir die ontvanger van die bal nie (verdedigers is dan ook 4 of meer tree nader aan hom) en is hy dan genoodsaak om stampkar-rugby te speel. Ongelukkig kom ons nie meer met hierdie fisiese aanslag oor die voordeellyn nie. Die bokke is nes altyd nog goed, maar ander lande se spoed en vinnige spel plaas ‘n groot vraagteken oor ons spelpatroon. Die ergste is egter om ‘n bal wat met moeite gewen is 10 meter vorentoe en 25 meter in die lug in te skop (nou het jy net ‘n 50% kans om die bal wat jy gehad het weer terug te wen)……..binne sekondes is die bal weer op die plek waar die skop gedoen was maar nou in die ander span se hande.
……..maar ons bly maar lief vir die spel en sal maar moet sien wat die toekoms met transformasie gaan inhou. Dink net dit gaan al moeiliker word om te wen.

Knersus D ·

Goeie ontleding..Maar hoekom kan Heyneke dit ook nie insien nie? Ons het soveel talent in ons agterlyn (Senters, vleuels – nie stutte , flanke of slotte nie) maar hulle kry nie bal besit nie.

Rolmaal is ‘n on-ding. So ook die skop en hoop.

david ras ·

Jammer Springbokke, dit was net nie goed genoeg nie.

Ek dink die springbokke was te besig om foutloos te speel (dalk uit vrees vir Carter se skopskoen) dat hule skoon vergeet het om RUGBY te speel
Dit het gelyk of hulle plan was om deur druk die AB’s in foute te dwing en dan met strafskoppe hulle punte te kry.
Dit het byna geslaag, maar ongelukkig was hulle nie bereid om ook so stukkie risiko rugby te speel , soos die AB’s nie.
Die telbord vertel eintlik die verhaal baie duidelik;
Bokke–ses strafskoppe -almal binne trefafstand- =18 punte

All Blacks–1 strafskop binne trefafstand 3 punte
2 Drieee (risiko rugby) 14 punte
1 Skepskop (ook risiko) 3 punt
Wen totaal 20 punte

Dit vetel mos die hele verhaal , of hoe ?

Rln Uit NZ ·

Stem saam met jou David… Die Bokke het vergeet om rugby te speel en net op foute gekonsentreer…. As die All Black geen foute gemaak het nie wat was die telling dan??? So volgens my is die span wat die driee druk die beste.. ongeag wat die telling is.

alida ·

Ai toggie mense !! As die bokke gewen het was Meyer die beste afrigter maar nou maak almal hom sleg. Nee man, dit is nie hy wat speel nie. Blameer eerder die oupas op die veld wat maar liewer rolbal moet gaan speel. ek hoop ou Vic Matfield gaan nou ouetehuis toe. Hy het ons die beker gekos !!!

Knersus D ·

Ek verstaan jou stelling Alida, maar Heyneke sou nog steeds nie kon wegkom met sy ou spelers en verouderede taktiek nie. NZ was nie op hulle beste Saterdag nie en ons moes eintlik gewen het – Brian Habana en Victor het beslis tot die ongunstige punte verskil bygedra – en hulle is Heyneke se keuses gewees.

Kerneels ·

Naas se stelling dat die NZ se scrummie pass die bal vir agterspelers en Fourie pass die bal vir voorspelers…. Almal weet dit kos ons, behalwe HM

Bokkie ·

Haal ASSEBLIEF vir Toks uit die kommentaarspan …. en dan KYK die ondersteuners rugby. Almal word opgesweep deur sy aanmerkings en ongevraagde slegse van die skeidregters. Dis volgens hom altyd almal behalwe die Springbokke se skuld as hulle sleg speel. Toks verloor die “Game” nog voor die bokke begin speel. Mense dis ‘n SPORT! Geniet dit. Alles in die lewe gaan nie oor wen of verloor nie. As almal wat so fanaties oor sport is net so fanaties in hulle werk kan wees en nie Maandag moeg begin werk, en as jy hom aanspreek vir jou se “maar dit was rugby”

alida ·

Rig jou oor op Bob Skinstad eerder, Bokkie. Hy is sag op die oor en oog en meeste van die tyd onpartydig – ook nie histeries soos Toks en Vrind nie.

Pronk ·

Waarskynlik een van die grootste probleme met rugby vandag is dt NIE die spelers, NIE die afrigters, NIE die skeidsregters en NIE die toeskouers die reels ken nie! Daar is eenvoudig te veel ruimte vir subjektiewe interpretasie en die rugbybse sal baie vining die reels moet heroorweeg. Rugby het nie die grootste ondersteuning wereldwyd nie (moontlik nie meer as 30 lande speel kompeterende rugby nie) agv moontlik as gevolg van die ingewikkelde reels terwyl bv. sokker met sy eenvoudige reels ondersteuning in amper al 250 lande geniet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.