Bokke se veggees gee deurslag

Die Springbokke vier hul oorwinning teen Wallis. (Foto: Twitter/Springboks)

Veggees.

Dít som die Springbokke se oorwinning van 23 – 18 oor Wallis op. Dit is die eerste keer in sewe jaar wat die Bokke vir Wallis op hulle tuisveld kon klop.

Kaptein Siya Kolisi het dit die beste opgesom in ʼn onderhoud na die wedstryd toe hy gesê het Suid-Afrikaners het baie uitdagings, maar elke keer staan ons op. En die Bokke het nie gaan lê nie, al het elke aanval in die eerste helfte op niks uitgeloop nie.

Die wedstryd het alles gehad wat toetsrugby opwindend maak. Daar was selfs ʼn toeskouer wat op die veld gestorm het en Wallis se spoed naby aan die doellyn gebreek het.

Die tuisspan het duidelik hulle huiswerk gedoen en die Bokke se angels, die lynstane en skrums, ontwrig, grotendeels ook danksy ʼn paar vreemde beslissings deur skeidsregter Paul Williams in die eerste helfte. Daar was in die eerste helfte net een skrum en Williams het toegelaat dat die tuisspan die Bokke se lynstane met onwettige taktiek ontwrig.

Makazole Mapimpi hardloop pale toe. (Foto: Twitter/Springboks)

Dit het die Bokke se saak ook nie gehelp dat die kombinasie van Herschel Jantjies en Handré Pollard nie behoorlik aan die gang kon kom nie. Jantjies se boksskoppe het telkemale die Bokke se momentum gebreek en boonop balbesit afgestaan. Jaco Reinach was ʼn beter opsie en hy het onmiddellik ʼn verskil gemaak toe hy Jantjies vervang het.

Veral wanneer die Bokke voorlangs oorheers, sou mens verwag dat die gevaarmanne Damien de Allende en Lukhanyo Am meer hardloopkans sou kry met kwaliteit balbesit. Die Bokke se kragmanne voor het die Walliesers wel oorheers, maar swak afronding en swak dissipline het die Bokke keer op keer in hul spore gestuit. Wallis het ook soos reuse verdedig en strafskop op strafskop gekry. Teen rustyd het Dan Biggar die tuisspan met 12 – 9 laat voorloop.

Reeds vroeg in die wedstryd het Frans Steyn vir Damian Willemse op heelagter vervang nadat Willemse ʼn stamp teen die kop gekry het. Steyn het die geleentheid met albei hande aangegryp en skielik het die Bokke weer ʼn heelagter gehad wat met die bal wou hardloop en gapings kon slaan. Hy het boonop ʼn strafskop van 54 meter deur die pale gejaag.

Die tweede helfte was ʼn heel ander affêre en die blinknuwe voorry wat in die 45ste minuut op die veld gekom het, het ook nuwe vuur voorlangs gegee. Malcolm Marx, Steven Kitshoff en Vincent Koch het geen ander plan gehad as om die Drake te boelie nie. Dit was die einste Marx wat vanaf ʼn lynstaan-rolmaalbeweging die enigste drie van die wedstryd gedruk het.

Volgende Saterdag speel die Bokke teen Skotland op Murrayfield in Edinburg. Aphelele Fassi verdien ʼn kans om sy vaardighede te wys en Sbu Nkosi sluit ook hierdie week by die span aan. Elton Jantjies het weer gewys watter impak hy kan maak en dalk kan Pollard doen met ʼn blaaskans.

Puntemakers:

Wallis 18 (12)

Strafskoppe: Dan Biggar (5)

Suid-Afrika 23 (9)

Drie: Malcolm Marx

Strafskoppe: Handré Pollard (4), Frans Steyn, Elton Jantjies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Dries ·

Geluk Bokke.Ek wens ons manne se ingesteldheid voor games kan soos die ABs wees.Kiwis het Wallis n merske pak gegee.Ons moes ook.Maar ons broeke bewe as ons die woord WALLIS hoor

piet ·

Dit het gereen, ander omstandghede, spanveranderings, ander spelpatroon. Tellings beteken niks as die top spanne toetsrugby speel nie. ‘n Interessante voorbeeld: Ek dink dit was 1998 – Bokke klop Wallis 96-13. Paar maande daarna (binne ‘n jaar) klop Wallis ons. Die manier hoe ons speel (spelpatroon), gaan ongelukkig baie meer naelskraap uitslae tot gevolg he en ons gaan nie sommer hiervan afwyk nie.

Pietvdpaarl ·

Ek stem nie saam nie Dries. Ons tipe rugby is meer konfrontasie gebaseerd en wereldrugby het ooglopend skeidsregters opdrag gegee om reëls maar effe te buig mbt mauls. Kyk byvoorbeeld die nuwe reël dat as hy opgehou word is dit ‘n kwartlyn inskop vir die opposisie. Dit is lynreg teen ons sterk punt ingestel. As jy hou van sokker gaan kyk sokker. Rugby en veral toetsrugby is nie ‘n skouspel nie, dis oorlog. Ons is 25pte beter as Wallis, maar dit pas nie wereldrugby se agenda nie.

tweeling ·

Die Kiwis het Wallis ‘n groot pakslae gegee omrede daar verskeie Wallis spelers buite aksie was. As NZ hierdie naweek teen Wallis gespeel het was die telling heel anders. Dit maak ook enorme verskil as die dak oop is.

Pieter ·

Vanoggend is almal hier weer beswaard. Lippe teen die klippe. Eina.

Nie Verbaas ·

Weereens amuse small things small or empty minds. Siestog.

Pieter ·

Julle boikot mos alles. Rugby, krieket, ens. Selfs die spuit.

MakersMark ·

Meeste suur omdat die bokke GEWEN het en dit nogal goed regkry het. Groot spul hier wat wil hê bokke moet verloor dan kan hul weer kerm oor kwotas. My raad – ondersteun Orania se rolbalspan. Dis “onse mense”.

MakersMark ·

Goeie wen Bokke, moeilike omstandighede, skeidsregter gee net een skrum in eerste 40 min en probeer Wallis beskerm deur “voordeel” vir minute toe te pas. Wallis kom weg met moord in eerste helfte in die lynstane en bok dryfbewegings. In 2 de helfte word ‘n duidelike drie vir die bokke nie toegedien nie. Maar toe daai bok voorspeler bus eers ry in die 2 de helfte toe lyk Wallis soos skoolseuns in die skrums en dryfbewegings. Bomb squad voorry het hul pap geskrum. Frans Steyn, Kwagga en Kolisi het fantastiese wedstryde gehad. Kolisi was uitstekend moet ek sê as speler en kaptein. Bokke lyk goed.

piet ·

Ek gee ook krediet vir Kwagga wat nou baie beter speel as voorheen, goed om te sien.

MakersMark ·

Ja nee piet ek dink die bokke het besef hul moet die een wen en om die waarheid te sê van die ref se besluite het amper blatant teen die bokke gelyk maar hul het saamgestaan. Kolisi het briljant verdedig (try saving tackle op die kruisverdediging) en die bal goed gedra, Kwagga twee briljante balle afgevat by Wallis en hy was fantasties op verdediging. Ek sien weer heelwat duime af hier neem aan dis die wat graag wou sien die bokke verloor. Bokke het meer karakter as dit.

Kokkie ·

‘Goeie wen in moeilike omstandighede’ teen die span wat 9de op die ranglys lê…..en in presies dieselfde ‘moeilike’ omstandighede gespeel het. En daar kom die ou storie al weer: Die Skeidsregter! As ‘n teenstander ons opdraand gee, dan kla ons SA-ners altyd oor die skeidsregter. Swak! En geen woord oor die gek wat op die veld gehardloop en Wallis van ‘n besliste drie en oorwinning beroof het nie. Dis tyd dat Rassie weer ‘n video maak!

MakersMark ·

Snaaks dat Nick Mallet en John Smit presies dieselfde van die skeidsregter en omstandighede gesê het. Verander o na a.

tweeling ·

Dit is te betwyfel of die gek wel ‘n drie verhoed het, gaan kyk weer stadig

MakersMark ·

Jy is reg ref het voordeel gespeel en ten spyte van Wallis se aangegaanery toe dit gebeur was daar genoeg bok kruisverdediging om ‘n drie te verhoed.

N ·

MakersMark, stem saam. Kolisi het beindruk as speler en kaptein. Frans Steyn het gewys wat n heelagter behoort te doen in n bok trui. Jesse Kriel het weereens gewys hy hoort nie in die span nie, Fassi n baie beter keuse. Reinach moes vroer op die veld gewees het,of selfs begin het.

MakersMark ·

Kriel het foute gemaak, een of twee tackles gemis en gelyk of hy so 2 m spoed verloor het. Dalk die rondgeskuiwery tussen senter, vleuel en heelagter deur sy loopbaan. Fassi het groot spoed en lus vir hardloop sal hom op vleuel speel tot Kolbe terugkom.

piet ·

Nie die wedstryd gesien nie. Het ons weer alles weggeskop, telling lyk naby?

KB ·

Nee Faf is geopereer, en Willie le Roux het sy beursie gaan soek…dus is daar bietjie meer rugby gespeel.

KB ·

Nie so maklik nie. ‘n Skot bly ‘n derduiwel…veral een op die wenpad.

MakersMark ·

Dalk het die bokke voor die game geopen met skriflesing en gebed piet maar dit is nie gewys op kamera nie.

Harley Davidson ·

Weet Wallis die sa span se spelers word gekies op ‘n rasistiese stelsel wat hulle kwotas noem en as hulle weet hoekom speel hulle teen so ‘n span.

MakersMark ·

Daar is nie meer kwota spelers in daai span nie. As jy van spelers van kleur praat noem die speler en wie jy voorstel hom vervang ? Daai span is net 23 spelers wat vanaf 2018 deur hel vir die land en mekaar was en hul beste gee. Rassiste is buite die span nie binne nie.

Androclus ·

Dankie MakersMark vertel hom die waarheid hy is kleur bewus.

Casper ·

Diegene van julle wat my wil stenig doen so voort.Jessie Kriel was nog altyd ‘n oorskatte speler wat nie sy plek verdien nie.Skrumskakel Jantjies gaan tekere soos ‘n champ maar speel soos ‘n ………Dissipline het ons gekos en skeidsregter Williams het die beste game van sy lewe gemis.

Pietvdpaarl ·

Jesse was gister een van ons ster spelers. FS was soos goeie rooiwyn.

Pieter9 ·

Goeie wen onder moeilike omstandighede; hierdie span het die potensiaal om die ABlcks oor die volgende paar jaar in toom te hou. En daar kom goeie speelers deur-ons koppe moet net regkom.

KB ·

Genade…dis van so baie slaap (en droom) dat die Protea-voetbalspan is waar hulle is (in-gat).
Chelsea, Bayern en Dortmund is goeie opposisie vir die Protea-voetballers!????

tweeling ·

Die afstand van Frans Steyn se strafskop was 54m en nie 45m nie.

JohanR ·

Lekker om weer ‘n Gysie Pienaar en Andre Joubert daar agter te sien. Frans Steyn is bang vir niks!

JohanR ·

Herschel Jantjies 55 minute op die veld maar speel met sy voet met die bal hier agter die skrum vir seker 20 minute van daai 55. Alles moet vinnig gebeure uit die skrum skakel posisie…..vining vinnig vinnig, maar Jantjies speel met sy voet met die bal! Het eintlik Saterdag verlang na Faf.

Pieter ·

Soos ek gesê het, lippe teen die klippe. Die mense hier. Altyd.

Casper ·

Wallis kon nie een drie druk nie.Hoekom nie?die antwoord is eenvoudig,verdedig en hou jou opponente agter die voordeel lyn.Faf se skoppe is gemis.Waar was Fasi en Nkosi?ek weet nie of hulle beseer was nie.Le Roux het nie vir my beseer gelyk nie en hy is beter as Willemse.Frans Steyn was die ander sekere keuse want hy kan met lang lynskoppe die opponente op die agtervoet hou en as dit kom by pale toe skop is hy die antwoord.Kan maar na sy skop Saterdag.

Frank John ·

Klink so amper of die span nognie lekker saam speel nie. En as een speler heeltyd die bal besit afstaan lyk dit of hy teen sy span speel en meer die opposisie probeer help of dalk probeer hy naam maak vir homself terwyl hy wys hy vertrou nie sy span maats nie.

Waarnemer ·

My opinie,,,die bokke het uiters kak gespeel,Wallis was baie beter georganiseerd en die bokke kan net dankie se vir Frans Steyn se monster skop en Steven Kitshoff se aandeel aan aan Vincent Koch se drie.Hulle sal baie vinnig moet plan maak voor die volgende wedstryd….ek moet darem toegee,Syia Kolisi en Kwagga Smith het n bars hou gespeel en die bomb sqaud het hul deel ook gedoen.Wat die skrumskakels betref,eish,hulle is darem te lief om bal besit weg te skop….

KB ·

Wallis se punte:
5 x 3 = 15 punte (hoe kry jul 18 punte?)
Die groot verskil was Willie (wise guy) le Roux is uiteindelik weggelaat. Hy is lankal “te slim vir homself”. Hy moet asb. aanhou klubrugby speel, en ophou met internasionale rugby…hy’s heeltemal te arrogant.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.