Bokke speel weer in Bloem

Foto: GB Jordaan.

Die Springbokke se tuiswedstryde vir die komende seisoen is bevestig en die nasionale rugbyspan sal weer ’n toets in die Vrystaat speel.

Siya Kolisi en kie sal op 9 Julie in die tweede toets teen Wallis in Bloemfontein in aksie wees. Die Springbokke het laas in 2018 in die Rosestad gespeel toe hulle vir Engeland ore aangesit het.

Saam met die drie toetse teen Wallis, sal Suid-Afrika ook gasheer vir ’n paar Rugbykampioenskap-wedstryde speel.

Die Springbokke en die All Blacks sal onder meer in Mbombela (Nelspruit) (6 Augustus) en Johannesburg (13 Augustus) swaarde kruis. Dit is nog onduidelik of Suid-Afrikaners dié wedstryde persoonlik sal kan bywoon.

Die Bokke sal daarna vir ’n avontuur na Australië en Argentinië vertrek, waarna hulle die reeks op 24 September teen die Argentyne in Durban sal afsluit.

“Dit is opwindend om die bepalings vir die nuwe seisoen aan te kondig. Jacques Nienaber (afrigter) en sy spelers sal ongetwyfeld op die goeie vertonings van 2021 wil voortbou,” het Jurie Roux, uitvoerende hoof van SA Rugby, gesê.

Dit was eintlik ’n wipplankjaar vir die Springbokke waarin hulle agt van hul 13 toetse gewen het. Hulle het terselfdertyd 334 punte aangeteken en 224 afgestaan.

Handré Pollard en die Springbokke sal ook weer in Suid-Afrika teen die All Blacks kragte meet. (Foto GB Jordaan)

Tog het hulle die reeks teen die Britse en Ierse Leeus beklink, terwyl hulle ook met een van hul heldhaftigste vertonings nóg teen Nieu-Seeland in Queensland vorendag gekom het.

Nienaber sien juis daarna uit om weer teen van die wêreld se voorste rugbyspanne kragte te meet.

“Dit is altyd ’n reuse-eer om jou land te verteenwoordig en die feit dat sulke taai teenstanders op ons wag, sorg beslis vir opgewondenheid. Ons is reeds volstoom besig met die beplanning vir die komende seisoen en die ervaring wat ons verlede jaar [teen Nieu-Seeland en die Aussies] opgedoen het, sal beslis van waarde wees,” het Nienaber gesê.

Ondanks die moontlikheid dat die wêreldwye Covid-19-pandemie weer eens amok op die bepalingkalender kan maak, het Roux die belangrikheid van die wedstryde beklemtoon.

“Dit is kritiek dat ons teen topspanne ter voorbereiding van die komende Wêreldbeker-toernooi in Frankryk speel.”

  • Bepalings teen Wallis:

2 Julie op Loftus Versfeld in Pretoria

9 Julie op die Toyota-stadion in Bloemfontein

16 Julie op die DHL-stadion in Kaapstad

  • Tuisbepalings vir die Rugbykampioenskap:

6 Augustus teen Nieu-Seeland op die Mbombela-stadion in Nelspruit

13 Augustus teen Nieu-Seeland op Emirates Airline-park in Johannesburg

24 September teen Argentinië op Kings Park in Durban.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

VaalDonkie ·

Seker bang hulle kry ‘n pak slae en mammie moes in Aus agterbly

piet ·

Dis so maar ons het presies dieselfde probleem as ons daar speel, kan hulle nie daar klop nie. Hoekom weet ek nie, dis een van daai mysteries.

VaalDonkie ·

Ek is meer verbaas dat mens nog tot in Bloemfontein kan ry met ‘n toerbus. Of dalk vlieg hulle?

Philip ·

Whatever stel regtig nie belang wie speel waar in die sg nuwe SA nie daar is groter korrupsie aangeleenthede as om die aandag met Ball/Ball te probeer aftrek.

Vossie ·

Stem saam hier met jou, Philip. Baie grootterprobleme in SA. Die Springbokke wat wen of speel doen dit ongelukkig nie meer nie. Die land is plat van te veel probleme.

Misky ·

Min dinge so lekker en aansteeklik soos die gees in Bloem tydens groot rugby wedstryde.

piet ·

Maar die stadion is dan altyd leeg..of is die gees net lekker buite die stadion.

Misky ·

Nie seker nie en ek sal nie daarop kan antwoord nie piet. My ouers bly nog in Bloem en paar jaar gelede het ons Curriebeker westryd gaan kyk en ja, die gees binne en buite die stadium aansteeklik.

My siening ·

SA Rugby ek kan nie dink julle weet nog dat die Cheerahs nog bestaan, want jul het hulle afskuwelik behandel. Maar een geluk vir bokke hulle sal by hul ouers in Bloem kan slaap!

Willi ·

Gelukkig kyk ek nie meer plaaslike politieke BLM rugby nie. Bepaal my aandag maar by oorsese rugby. So bly vir die Suid Afrikaner rugby spelers wat oorsee speel en daar suksesvol is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.