Bokke spoor Binder tot Moto2-sege aan

Brad Binder het Sondag die Maleisiese Grand Prix gewen. (Foto: AP/Vincent Thian)

Brad Binder, die 24-jarige Suid-Afrikaanse motorfietsrenjaer, het Sondagoggend in Sepeng die kroon op Suid-Afrika se goue naweek gespan toe hy die Maleisiese Moto2 Grand Prix gewen het.

Binder (Red Bull KTM) het die 18 rondes in 38:7,843 voltooi en 0,758 sekondes voor die Spanjaard Alex Marquez (Kalex) geëindig, met Thomas Luthi (Kalex) derde.

Marquez is die jonger broer van Marc Marquez, wat reeds as vanjaar se Moto GP se wêreldkampioen gekroon is.

Alex Marquez (262 punte) is ná Sondag se tweede plek as vanjaar se Moto2-kampioen gekroon, want met net een ren oor hy kan nie meer deur Binder (234) of Luthi (230) ingehaal word nie.

Dit was ʼn hewige tweestryd tussen Binder, wat in 2016 die Moto3-kampioen was, en Marquez.

Binder was aanvanklik voor, maar Marquez het hom vroeg verbygesteek.

ʼn Paar rondes later het Binder vir Marquez aan sy binnekant in die eerste draai verbygesteek en enduit voorgebly.

Binder, wat vier renne vanjaar gewen het en met agt podiumplekke spog, gaan aanstaande jaar in MotoGP jaag.

Binder, wat ʼn groot rugbyondersteuner is, het seker gemaak dat hy die Springbokke se oorwinning in Saterdag se Wêreldbeker-eindstryd teen Engeland in Japan volg.

Dit het kom aangespoor om op die Bokke se sege voort te bou om ʼn heuglike naweek vir Suid-Afrika af te sluit.

Hy het verlede naweek se halfeindstryd tussen die Bokke en Wallis in ʼn gehuurde motor gevolg, maar het seker gemaak dat hy Saterdag se eindstryd op TV kon volg.

Hy het voor die eindstryd ʼn besielende boodskap aan die Bokke gestuur en dis hoekom hy dubbel seker gemaak het dat hy Sondag sou wen.

* In die MotoGP was Maverick Vinales (Yamaha) eerste in 40:14,632 gevolg deur Marc Marquez (Honda) en Andrea Doviziosio (Ducati).

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Dubbelloop ·

Welgedaan Brad Binder, jy het dit amper gemaak om die kampioenskaps titel in Moto 2 vanjaar te kon wen . Ons kyk met groot afwagting na jou deelname in Moto GP in die fabriekspan van KTM volgende jaar. Jy is ook n goeie ambassadeur vir SA daar waar jy meeding.

Karlahari ·

Baie geluk Brad en dankie MM.
Ander nuus bronne dra nie altyd nuus oor Suid Afrikaners wat op 2 en 4 wiele presteer nie

Daan Erasmus ·

Dit is nogal veelseggend dat Binder bevorder is tot Moto GP en Marques Jr bly in Moto 2.

koos ·

Dit het ook daarmee te doen dat KTM nie meer van volgende jaar af aan Moto2 gaan deelneem nie.

Vita ·

Hy is ongelooflik goed, maar volgende jaar gaan baie hard wees hoop KTM gee hom n bike om saam voor te ry, hulle agter die groot name, dalk verbaas hy ons wat hy het dit om goed te dien

JP ·

Ek wil net graag weet hoe bring ou motorsport en rugby bymekaar uit ????

koos ·

Wonder ek ook. Sou Brad met 5de tevrede gewees het as die rugby ‘n ander uitslag gehad het?

Kerneels ·

JP, ons is jammer ons jou gestreur in jou sondagmiddag-slapie. Gaan slaap maar liewers weer.

Gerrit ·

Hierdié is een van SA se ware ambassadeurs. Doen goeie onderhoude en dra n positiewe beeld uit. Die tipe wat jou in die oë kyk. n Beskeie man met imbors.

Snowflake ·

Puik wedren gewees! …. baie geluk, jy verdien dit Brad…. wat n beskeie kampioen

Louis van Wyk ·

Brad Binder maak my ongelooflik trots. Baie goeie ambassadeur vir ons land en altyd nederig. Kan nie wag om hom volgende jaar in Moto GP te sien nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.