Bokkoors tref Suid-Afrika

Die Suid-Afrikaanse vlag op ‘n balkon in Nederland. (Foto: Verskaf)

Bokkoors het Suid-Afrikaners behoorlik Vrydag getref, ʼn dag voor die Springbokke se Wêreldbeker-eindstryd teen Engeland in Japan.

Talle Suid-Afrikaners het aan pres. Cyril Ramaphosa se versoek gehoor gegee om Vrydag hul Springboktruie werk toe te dra. Ramaphosa het Vrydag vertrek na Japan, waar hy die kragmeting môre eerstehands sal aanskou. Hy hoop om die Webb Ellis-trofee Saterdag saam met Springbok-kaptein Siya Kolisi omhoog te hou.

Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, het Vrydag gesê dit was vir hom ʼn plesier om te sien hoe die nasie agter die bokke verenig staan. “Nelson Mandela het in 1995 die beker omhoog gelig saam met (oud-Bokkaptein) Francois Pienaar. In 2007 was dit oudpres. Thabo Mbeki en destydse kaptein John Smit se beurt. Nou kom Suid-Afrika Saterdag te staan teen (die span van) een van die mees gevestigde demokratiese lande ter wêreld.”

Die DA het ook die nasionale span Vrydag sterkte toegewens en gesê die Bokke het die land tot dusver ontsettend trots gemaak. “Engeland het verskeie kere al gewys dat hy ʼn span is om mee rekening te hou. Maar ons glo dat die spelers wat Rassie (Erasmus) vir hierdie wedstryd gekies het daarin sal slaag om deur te druk en die beker huis toe te bring,” lui die DA se verklaring Vrydag.

Ook Suid-Afrikaners in Nederland het Vrydag hul ondersteuning aan die Bokke gewys. Die lesers Eric en Carol Effing het ʼn foto gestuur van die Suid-Afrikaanse vlag wat op hul balkon wapper.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Opgewonde ·

Vanoggend vroeg al het klomp manne hul bakkies op ‘n middelman in ‘n besige straat in Bloem getrek, vure opgesteek en Springbok vlae rondgewaai. Lekker atmosfeer en lekker dat almal bietjie saamstaan. Go Bokke – bring die beker huistoe!

CHAPPIES ·

BANKVAS AGTER JULLE BOKKE! BRING DIE GOUE BEKER, VIR VERSOENING NA SA!

Frik ·

Hier sal nooit versoening wees nie, tensy ons almal die Spaanse lotto wen.

Borrelgom ·

Shame man Chappies, ná Saterdag sit ons nog steeds met die ANC en EFF in ons Parlement. Dink jy een rugby wedstryd gaan hulle kommunistiese ideologië laat verdwyn. Gewone Suid Afrikaners leef in relatiewe versoening, dis die politici wat die rassehaat stook en daarvoor kan g’n rugbybal of Web Ellis koppie opmaak nie. Maar tien uit tien vir positiwiteit!

Kolskoot ·

Die bokke is nou al maande bymekaar en is dit die beste tipe rugby wat hulle kan opdis tensy Rassie n ander veer uit die hoed kan pluk anders kry die bokke more pakslae

PIne ·

Inderdaat het Rassie toe n hele paar monde stilgemaak.Welgedaan aan Rassie en die springbokspan.

Griet ·

Aai,tog… SA SE GROOT ‘EIE EK’ PROBLEEM…ook geen salf te smeer, aan trop negatiewe suurknolle, se opmerkings hierbo!! GO BOKKE GO… ONS GLO JULLE KAN

Martin ·

Die speel is al klaar gewen nog voordat die wedstryd gespeel is. Tipiese mentaliteit. More word al almal en alles geblameer. Die Bokke verdien n hard verdiende pakslae!!!!

Gesiggie ·

Vandag is vandag”” BOKKE… ons staan agter jul ons vertrou in jul, en ons is TROTS op julle… maak ons Suid- Afrikaanse harte bly .. Siya Kolisi en al die ander Springbokke spelers .. BRING DAAI BEKER HUISTOE… WANT JUL KAN. GO BOKKE… GO GO”’Sterkte vir vandag… ek kan net dink hoe jul moet voel, as ek so gespanne is…

Knapsekêrel ·

Ramaposa wil weer in wittes se goeie boekies kom. En hulle sal weer vir hom val. Pateties.

Gert van Wierdapark ·

Nou weer ek ook darem wie is die mini-ster van Sport! Hy sit seker ook langs die pres in Japan. Sal beslis nog n uitputtende dag op Kantoor wees met die stres oor die Rose se dorings!

CHAPPIES ·

WELGEDAAN BOKKE!! SPUL SUURKNOLLE EN DOEMPROFETE SE MONDE STIL GESPEEL!!!

Griet ·

Waar is al die Slimjanne en Annas nou? Ons lief julle Bokke!

Anton Smith ·

n Aanskoulike Wêreldbeker finaal gewees! Ek hoop nou AL die doemprofete is stilgemaak!!Voor- en agterspelers het almal hul kant gebring!!Dit was 15 man rugby uit die BOONSTE RAKKE!!Baie geluk Springbokke!!Ons is trots op julle!!Met hierdie reuse wen is almal herenig in Suid-Afrika!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.