
Die ooi se karkas. Foto: DBV
ʼn Gautengse man verskyn na verwagting Maandag in die Vereeniging-landdroshof nadat hy glo ʼn bok so erg verkrag het dat die dier gevrek het.
Marlien Pieterse, die Vereeniging-DBV se bestuurder, het gesê die polisie het die DBV Vrydag na Sharpeville ontbied weens ʼn bestialiteitvoorval waartydens ʼn inwoner gewelddadige omgang met ʼn ooi gehad het.
“Die diereverkragter is op heter daad deur ander inwoners betrap terwyl hy besig was om die bok te verkrag,” het Pieterse gesê.
“Volgens ʼn ooggetuie het die verkragter geen onderklere of broek aangehad nie. Dié kledingstukke is op die grond in die kraal aangetref. Die ooggetuie het bygevoeg dat die man die bok gewelddadig verkrag het. Die bok was nog lewend, maar het later weens die traumatiese voorval gevrek.”
Die gemeenskap het die verdagte aangerand voordat die polisie en DBV ontbied is.
Die man is in hegtenis geneem op aanklagte van bestialiteit en dieremishandeling.
Die ooi se karkas is vir forensiese ondersoek gestuur.
“Die DBV gaan hofverrigtinge bywoon en probeer verseker dat die diereverkragter nie borgtog toegestaan word nie en in aanhouding bly,” het Pieterse bygevoeg. “Diere is nie seksuele voorwerpe nie. Dit is ʼn siek en barbaarse misdaad wat plaasgevind het.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
69 Kommentare
Wat ‘n siek etter! Dit mag dalk ‘n dier wees, maar nee regtig, nie eers ‘n dier verdien dit nie!
Die bose geeste tussen ons.
Kan nie glo wat ek lees nie!!!!!
Name en shame die siek ding!!!!!!!
Genugtig.