Bokooi vrek ná man haar verkrag

Die ooi se karkas. Foto: DBV

Die ooi se karkas. Foto: DBV

ʼn Gautengse man verskyn na verwagting Maandag in die Vereeniging-landdroshof nadat hy glo ʼn bok so erg verkrag het dat die dier gevrek het.

Marlien Pieterse, die Vereeniging-DBV se bestuurder, het gesê die polisie het die DBV Vrydag na Sharpeville ontbied weens ʼn bestialiteitvoorval waartydens ʼn inwoner gewelddadige omgang met ʼn ooi gehad het.

“Die diereverkragter is op heter daad deur ander inwoners betrap terwyl hy besig was om die bok te verkrag,” het Pieterse gesê.

“Volgens ʼn ooggetuie het die verkragter geen onderklere of  broek aangehad nie. Dié kledingstukke is op die grond in die kraal aangetref. Die ooggetuie het bygevoeg dat die man die bok gewelddadig verkrag het. Die bok was nog lewend, maar het later weens die traumatiese voorval gevrek.”

Die gemeenskap het die verdagte aangerand voordat die polisie en DBV ontbied is.

Die man is in hegtenis geneem op aanklagte van bestialiteit en dieremishandeling.

Die ooi se karkas is vir forensiese ondersoek gestuur.

“Die DBV gaan hofverrigtinge bywoon en probeer verseker dat die diereverkragter nie borgtog toegestaan word nie en in aanhouding bly,” het Pieterse bygevoeg. “Diere is nie seksuele voorwerpe nie. Dit is ʼn siek en barbaarse misdaad wat plaasgevind het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

Eileen ·

Wat ‘n siek etter! Dit mag dalk ‘n dier wees, maar nee regtig, nie eers ‘n dier verdien dit nie!

pixie ·

Word wakker my vriendin daar is honderde sulke
seks verslaafde mans in die lewe, enige kleur!
Ek is 66 jaar oud en vertrou geen man nie.
Ek bly saam met my honde in rus en vrede en as dit nodig is eet ek pap en melk saam met hulle.

Eish! ·

Sekerlik weer opdragte van sy voorvaders. En as hy dit aan ‘n dier doen, wat sal hy aan ‘n mens doen? Hoe erg moes dit wees as ‘n dier dit nie kon verwerk nie?

pixie ·

Haai foeitog. En ek wil so graag ‘n baba boerbokkie he wat ek kan vertroetel en bederf maar kan nie een bekostig nie. Ek weet hulle is stout maar dit is O.K.
Ek is 66 jaar oud en alleenlopend en geen kinders of familie.

Sandra ·

Die vieslike gemors, hulle moes hom met klippe dod gegooi het.

pixie ·

Ja wat ‘n jammerte hulle het dit nie gedoen nie.
Sandra wees versigtig asb. Ek huur ‘n klein cottage naby Jacobskop en omdat ek oud en alleen is het hulle al hul luck probeer maar ek skiet op die vuilgoed. Gisteraand 12 uur was daar weer iemand. Ek het myself yskoud geskrik maar toe ek tot verhaal kom trek ek ‘n skoot af. Dit is al medisyne wat hulle verstaan.

Joe64 ·

Die persoon is heel moontlik ‘n gerigestreerde kieser wat sy integriteit op JOU kan afdwing met ‘n kruisie!!!

Sandra ·

Die wereld het siek geword! Hierdie is seker die laagste wat ‘n mens kan daal. Wens hy kan uitgelewer word aan diereliefhebbers.

Ado Krige ·

Volgens God se Woord verdien hierdie man niks anders as die doodstraf, dit sluit natuurlik alle verkragters in!

Nadia ·

Regtig waar daai is die duiwel se kind!!!!! Hoe op aarde doen ‘n mens dit, SIEK man

Theresa ·

Vieslike gemors. Dis baie jammer dat die gemeenskap nie ‘n goeie job van die aanranding gedoen het nie. Hy verniet niks beter nie…………….

D Diedericks ·

Dis bitter sad! En is onverskoonbaar- maar tenminste het hy nie n vrou of kind so verkrag nie! Julle gedink hoe ‘n kindjie of kleuter so iets sou oorleef as dit eerder sy besluit was! Shame arme bok! Voel jammer vir haar! Maar is dankbaar dit was n kind gespaar! Maar haal hom uit die gemeenskap want volgende is die diere nie meer sy “ding” nie en n baba dogtertjie dalk! Siek vuilgoed!

este ·

Ek glo as hy dit aan n dier kan doen wie se hy het dit nie al aan “iemand” ook gedoen nie. Dit is ondenkbaar!!

Dalleentjie ·

As hy dit aan ‘n bok (ander spesie) kan doen, is die kanse goed dat hy dit aan vroue/kinders ook kan doen.

Marian ·

Wat maak n vrou of kind erger wat maak dit beter dat dit n dier is dammit niks is so erg nie arme stomme dier as iemand dit aan my dier doen maak ek hom morsdood n dier se lewe is belangrik arme stomme ding

Sybil ·

Ag nee hoe siek wil ons land nou nog word, as dit nie oumense of kinders is nie loop die diere ook al deur. Regtig dis n siek verwronge persoon wat sulke dinge aan n arme dier doen

Se Maar Net ·

Nie woorde nie??? Nee ek het baie maar weet voor my heilige siel dit sal nie geplaas word nie.
Bose Geeste?? Nee hel, hy is die boosheid vanself. Hy verdien nie doodstraf nie.
Hy verdien om in ‘n plein te staan en almal wat wil hom met klippe kan gooi!!!

Winston ·

Mense hierdie ding gebeur baie meer as wat dit vermeld word. Dit word maar net toegestoot onder die mat. Dis siek mense maar kan sy kruisie trek as dit stemtyd is. Ek ken hulle. Ek is n boer

liesl ·

ek het nie woorde nie…….trauma wat daardie dier moes deurmaak voor sy beswyk het, en soos die persoon sé, ons weet nie van helfte van die gevalle nie!!! my Geloof is sterk, maar daardie man moet nie borg toegestaan word nie, en moet ook beswyk aan iets…. maak my so bitter. dier kan nie praat of terug baklei nie!!!

Jenny Louw ·

Siek is ni di woord ni…laag!!! Hoe “frustreerd” moet jy wees om dit met ‘n dier te doen?
Ek is skoon naar…
Geen verskoning vir so “walglike” daad ni!!!

Mattewis ·

Jenny, “ni” en “di” word eintlik NIE en DIE gespel. Dis regtig nie moeilik nie.

tina sauerman ·

Moet ni op ander mense se spel foute neersien ni ..

Chris van Heerden ·

Mattewis jy is redelik agter die tyd. Mense skryf lankal nie meer al die woorde uit nie en enige bobbejaan kan dit verstaan tot jy ook.

Mariekie ·

Stem saam. Ek vind sulke halwe woorde nie waardevol genoeg om te lees nie.

EMK ·

Ja-nee wraggies dis nie asof mens beperkte aantal karaktes het soos op selfone nie; skryf tog die woorde uit! Ek PES hierdie swak taalgebruik van mense, ons almal verstaan dit ja, maar dis net swak en luigeid! Gebruik ons mooi taal tog reg, alla wêreld – is dit nou SO moeilik om net die “e” by te sit?

Petro ·

Ek stem saam dit is n walglike daad . Maar die reaksie hier op is erger as die reaksies wanneer n vrou of kind verkrag word ??????

LIZA ·

Mattewis dit is regtig nie nodig om te kla oor nie en die wat jenny spel ni en di nie almal doen dit. Konsentreer op jou spelling en wat jy sè as wat jy konsentreer op iemand anders sin. DIT IS REGTIG NIE MOEILIK NIE……

Lize ·

Net omdat “almal” iets doen (die taal verkrag), is dit ongelukkig nie reg nie (net omdat almal dit doen nie).

sarie ·

dis nou nie net vroue,die arme diere moet ook daar onder lei,dis ‘n sonde die barbaar.
Hoop hy sien nooit weer die lig daar buite (GEMORS)
geen veilig heid nie, vir vrou nie ook nie diere.

Pixie ·

Sarie ek is alleenlopend vir 30 jaar al.
Soek nie meer die regte man nie.
Sal nie een kry nie en buitedien ek vertrou hulle nie. Al die mans dink ek is uitgehonger vir hulle belustigheid omdat ek alleen is.

pixie ·

My hart is ook seer. Ek wens ek kan ‘n baba boerbokkie kry. Ek weet die boggers is baie stout
maar ek het soveel liefde en bederf om te gee.
Ek soek juis ‘n ooitjie want die rammetjie wat ek gehad het ‘n paar jaar gelede het die ^%$ uit my gestamp. Sy naam was Bles. Ek het sy horings laat verwyder ten duurste deur ‘n plaaslike veearts maar die klein pestelensie het my nog karnuffel. Ek was in trane toe ek hom weggegee het. Maar ek kon nie meer uithou nie. Toe ek eendag nie iets lekker in my hand gehad het nie het hy my gejaag en glo my, ek klim toe 2m diamond mesch draad en beland aan die ander kant van die draad op my agterend, Ek het nie gekla nie net lekker gelag vir die kaskenades en nooit weer met lee hande na hom gegaan nie.

J.Els ·

Hoekom moes dit die bok wees wat nie die voorval oorleef het nie??????

Kathleen ·

Nee Regtig. Jou siek mens. Wat gaan aan in hierdie land. Dat ‘n mens tot daardie uiterste moet gaan. As jy die ding wil doen gebruik jou hande jou vuil vark. Mense soos jy moet nie in die samelewing wees nie.

magriet ·

toemaar christa, hulle het myne ook nie geplaas nie en ek het nie eens lelik gepraat nie. vryheid van spraak my gat!!!

elrie ·

Sjoe waar gaan die (wêreld) heen dis ongelooflik dat n mens so iets kan doen elke dier mens alle lewnde wersens het n reg op aarde om gelukkigg te wees maar dit word ontneem deur barbaarse optrede dis hartseer

Danie ·

dit is dit bietjie wat one van hoor. Wat van Al die verskuilde gevalle En o matewis as jy wil onderwyser wees verkeerde plek die Al gedink dat van die fone van vandag het auto korreksie en verander sinne en woorde voor jy weet Dan is dit klaar gestuur

Danie ·

dit is dit bietjie wat one van hoor. Wat van Al die verskuilde gevalle En o matewis as jy wil onderwyser wees verkeerde plek die Al gedink dat van die fone van vandag het auto korreksie en verander sinne en woorde voor jy weet Dan is dit klaar gestuur

Helga ·

Hou moed Danie. Stuur baie boodskappe vir jou vriende. Dit vat ‘n ruk om jou foon Afrikaans te leer praat. Hehehe maar dit kom darm reg. Hy hou op om die woorde te verander. Hoe meer boodskappe jy stuur hoe vinniger hou hy op

Helga ·

Danie. Hulle kan baie boodskappe vir vriende stuur sodra jy ‘n nuwe foon kry. Dit vat ‘n ruk om jou foon Afrikaans te leer praat. Hehehe, maar dit kom darm reg. Hy hou darm op om die woorde te verander. Hoe meer boodskappe jy stuur hoe vinniger hou hy op om die woorde oor te skryf. Maar ja ons praat oor ‘n dier wat verkrag is nie taal nie. Julle hou by die onderwerp nê.

wendy ·

Kan iemand my se wat het van die griewel huis monster se saak gebeur, is hy gevonnis.

Leonora Taljaard ·

Ons het so 5 jaar terug een werker gehad op die plaas wat sy “jagsgeid” op ons skape uitgehaal het. Ek het die polisie gebel en glo dit of nie 2 ure later was hy terug op die plaas. Die polisie kon hom nie aanhou nie want dit is diere nie mense nie. Hy(18) het sy stiefma probeer verkrag, sy pa het hom weggejaag maar 4 dae later verkrag hy n 3 jarige dogter van die buurplaas se werkers. Gelukkig kom dieselfde speurders op die plaas om hom te haal na ek hom in die koelkamer toegesluit het as wat ek gebel het oor die skape. Ek se toe julle maak my siek as jul hom toe gesluit het was hierdie dogtertjie nog heel sonder letsels.

Karel ·

nou dis nou wat mens noem intresante afrikaanse nuus en ni di gemors op tv ni di tv is deesdae net n bedrieg spul

Pixie ·

Karel, ek stem saam. Ek is so bly ek het gister (24 Junie) vir die eerste keer ingegaan d.m.v. my rekenaar by die werk by Maroela. Ek vind dit baie interessant en oulik en nou is ek ook besig om lekker met mense te gesels as ek nie werk het nie. Ek moet plan maak vir ‘n nuwe selfoon myne is uit die 1910’s en een van die dae retrench hulle my en dan is dit net ek, die spoke en my 17 hondekinders. ‘n Laptop is te duur en ek hou niks van ‘n tablet nie. Mooi dag vir jou en groetnis.

SCHMIDT ·

Die BLIXEM!! Bring die BARBAAR vir ons, hy sal nooit weer kan loop, praat, sien, of hoor nie!! Sny “als” met ‘n stomp mes af…

Willie ·

Pixie
Ek maak ten sterkste kapsie teen jou komentaar! Dit is onregverdig en ongevraagd teenoor alle mans…ek weet nie wat jou ondervinding met mans is nie,maar ek eis ‘n apologie namens mans van jou af!!
Dit is onbillik om so gruwelik te veralgemeen. Dit is ‘n flippen siek daad maar ons mans verdien nie dat jy ons so te na kom nie….
Ek hoop jy voel skuldig hieroor….maar ek twyfel of jy sal.
Groete
Willie

Eliza-beth ·

Pixie…ai man, jammer as jy slegte dinge belewe het, maar regtig ALLE mans is NIE so nie. My man is nie, my skoonseun is nie, my seun was nie, my broers is nie… dis net sommer die naaste aan my. Moenie veralgemeen nie, wat, daar is regtig BAIE goeies daarbuite.

Lizl ·

Genade … ! Eers is ek geskok oor die bok, toe slaan ek my hande saam vir die onderlangse twis, later toe lag ek hardop. Beslis is hierdie blad `n bron van vermaak. En op die noot gaan ek ook `n eier lè : Ek verpes die afkortings en Sosiale media taal… ek kan spel , het nie my ma se skoolgeld gemors nie.

Oom Piet ·

Ek skep moed met die Bokooi storie, die plaaslike mense het dit onaanvaarbaar gevind. Mooi so, doen so voort en laat diesulkes aan die pen ry.

Oom Piet ·

Afkortings? ai, ek verstaan wat hulle bedoel. Hulle praat mos Afrikaans. Dis my taal, dankie ek geniet alles in Afrikaans, maak nie saak hoe of deur wie nie. Bly net die taal ptaat; dis al wat tel.

pixie ·

Oom Piet ek stem 100% saam. Praat en skryf Afrikaans al is dit hoe krom en verkeerd gespel met afkortings en al. Ek het my “EK IS ‘N JAN” (Jan van Riebeeck) sertifikaat van Orania gekry en is baie trots daarop. My Landlord het nie tyd vir Afrikaners nie en as hy gesuip is moet ek altyd hoor WHY DONT ALL YOU FLIPPING AFRIKANERS MOVE TO ORANIA. Hy hou ook nie van khaki klere nie en noem hulle THE BOERE BRAGADE WITH THE 4X4’s. Mooi dag oom Piet en groete.

Anoniem ·

Ek kan nie glo daar is sulke siek mense daar buite nie .Wens sulke mans kan net mekaar beetkom en dan voel hoe voel dit om daardeur tegaan geen mens of dier verdien dit om daardeur tegaan nie dis eintelik n daad tussen geliefdes deesdae is dit net op ander se lewens te vernietig .Gaan my kop tebowe

Willie ·

Pixie
Ek gaan myself nie verlaag tot’n argument met jou nie, en hierdie is nie ‘n forum vir twee mense om hulle geskil te besleg nie…my “spesie”?….goeie hemel…
ek groet met hierdie raad…jy het sielkundige hulp nodig…en verdomp dringend….of ons sit met nog ‘n “daisy de melker”….sies man…

Michiel ·

Willie, ek is geneig om saam te stem dat Pixie hulp nodig het. Na aanleiding van die berig kan mens dan seker sê (as mens nou soos Pixie redeneer) alle mans sal bokke doodverkrag – dis absolute veralgemening en nonsens.

Oom Piet ·

Dankie Pixie, dit is vir my verblywend om te sien dat daar nog mensies is soos jy.
My kommentaar is nie belangrik nie, wat vir my belangriker is, is wat die leser skryf! Ek gun elkeen sy eie storie, ek hoof nie noodwendig daarmee saam testem nie, maar sal my lewe gee om sy/haar reg te beskerm om te verskil van my en jou.
Ek stem saam dat hierdie mooi platform wat geskep is vir Afrikaanse dialoog, nie n plek is om mekaar te verskeur nie.
Die manne wat ni in plek van nie skryf, skryf mos e:Afrikaans. Pragtig doen so voort, en se jou se soos jy wil. Ons lees dit en skiet nie die boodskapper nie, maar kyk na die boodskap. Laat die vingers werk, oom Piet geniet dit.

Christo ·

Baie jammer om dit te lees. Ons moet net nie nou veralgemeen en dink die gemiddelde man tree so op nie. Hierdie man is beslis ‘n uitsondering.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.