Boksburg-botsing eis drie

Die taxi se wrak. Foto: Verskaf

Die taxi se wrak. Foto: Verskaf

Drie mans is dood in ʼn botsing op die N12 Wes-snelweg in Boksburg aan die Oos-Rand.

William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste, het Saterdag gesê die botsing het Vrydag omstreeks middernag voor die Pretoriaweg-afrit plaasgevind.

“ʼn Minibustaxi het teen die agterkant van ʼn swaar voertuig vasgery. Die bestuurder en twee passasiers in die taxi is aldrie op die toneel dood en hul liggame moes uit die wrak gesny word,” het Ntladi gesê.

Hy het gesê die taxi het na bewering teen ʼn hoë spoed gery. Die vragmotor het glo onklaar geraak en stil gestaan in die middel van die snelweg.

Die Ekurhuleni-metropolisie ondersoek die botsing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

3 Kommentare

Buitestander ·

Daar kan een van vele oorsake wees met padsterftes:-
Bestuurders is nie goed opgelei nie;
Dronk bestuurders;
Bestuurder wat te lank aaneen bestuur en aan die slaap raak;

Armando ·

Swaarvoertuie (soos in hierdie geval) wat nie snags sigbaar is nie asv onklaar ligte wat meestal veroorsaak word deur verslete “suzy coils” is ‘n baie groot probleem wat niemand wil raaksien nie omdat dit “geld kos”.

Uiltjie ·

…en ongedissiplineerde bl#$%&sems en Dan is daar taxi drivers…in n klas van hul eie!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.