Drie mans is dood in ʼn botsing op die N12 Wes-snelweg in Boksburg aan die Oos-Rand.
William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste, het Saterdag gesê die botsing het Vrydag omstreeks middernag voor die Pretoriaweg-afrit plaasgevind.
“ʼn Minibustaxi het teen die agterkant van ʼn swaar voertuig vasgery. Die bestuurder en twee passasiers in die taxi is aldrie op die toneel dood en hul liggame moes uit die wrak gesny word,” het Ntladi gesê.
Hy het gesê die taxi het na bewering teen ʼn hoë spoed gery. Die vragmotor het glo onklaar geraak en stil gestaan in die middel van die snelweg.
Die Ekurhuleni-metropolisie ondersoek die botsing.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
Daar kan een van vele oorsake wees met padsterftes:-
Bestuurders is nie goed opgelei nie;
Dronk bestuurders;
Bestuurder wat te lank aaneen bestuur en aan die slaap raak;
…en ongedissiplineerde bl#$%&sems en Dan is daar taxi drivers…in n klas van hul eie!