Boksburg-inwoners wakker geskud

Argieffoto: Pixabay

’n Ligte aardskudding het Vrydagoggend die Boksburg-omgewing in Gauteng getref.

Die Raad vir Geowetenskappe (CGS) het bevestig hul seismologiese departement het om 06:34 ’n aardskudding suidwes van Boksburg waargeneem.

Volgens die CGS het die aardskudding 3,5 gemeet. Volcano Discovery het ook die aardskudding op sy webwerf bevestig en gesê die diepte van die skudding blyk 10 km te wees.

Dié ligte skudding het inwoners van Boksburg, Alberton, Heidelberg, Germiston, Daveyton, Randburg en selfs Kemptonpark behoorlik op sosiale media aan die praat gehad.

Van die inwoners sê hulle was vreesbevange omdat hulle nie geweet het wat aangaan nie. Talle inwoners sê hulle het wakker geskrik toe hulle ’n gedreun hoor.

“Dit het gevoel asof ’n vragmotor in ons huis vasgery het,” skryf Collett Botma op Facebook.

“Ons hele huis het geruk,” skryf Ziyeka Mzondi op Twitter.

Maroela Media het vroeër berig dat aardskuddings in Suid-Afrika nie noodwendig meer gereeld voorkom nie, maar dat dit net beter waargeneem en aangemeld word. Dit volg nadat ʼn reeks aardskuddings die afgelope maand in die Noord-Kaap, die Vrystaat en Limpopo aangemeld is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Belinda ·

ja nee kyk mense dit was scary. het seker so 4 sekondes aangehou. En van my familie het skade gelei soos met die plafon wat losgeskeur het, ekt nie eens my eie plekkie deursoek nie. As daai skudding maar net 3.6 was, wil ek nie weet hoe voel die 6 punt iets skuddings wat oorsese lande oorkom.
Die aarde is besig om ons in te sluk.

Elinette ·

O flip, en hier in Worcester woon ons juis in/op/naby ‘n skeurlyn (vs. Ceres aardbewing 1969) … Ek skrik myself seker in ‘n ander bloedgroep EN geloof in, as so iets hier moet gebeur ….

Leeuwyfie ·

MM ek was in Middelburg MP toe daar ‘n massiewe “ontploffing” dreun was. Dit was baie erg vir my en almal om my. Alles het geskud vir ‘n sekonde. Ek lees toe in Middelburg observer se webwerf dat niemand weet wat dit was nie, en niemand vat verantwoordelikheid daarvoor nie. Maar dit was nie hul gewone bewing wat hulle kry met al die myne om hulle nie. Dit was reg oor die dorp gevoel tot sover as Witbank. Ek is baie nuuskierig en soek altyd antwoorde, maar tot vandag toe kon ek geen antwoorde kry nie. Kan julle dalk bietjie navrae doen?

Strandloper ·

By ons gebeur dit gereeld….veral as daar kool op die spyskaart was…

Willem ·

Dis die zulu voorvadergeeste wat so kwaad is omdat die eens trotse zulu nasie verval het tot kriminele

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.