Boksburg-man vas oor naakfoto’s van vierjarige

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 39-jarige man van Boksburg aan die Oos-Rand is in hegtenis geneem nadat hy glo naakfoto’s van sy meisie se vierjarige dogtertjie op die internet versprei het.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê Homeland Security in die VSA het van die man se internetmanewales bewus geraak en hom tot in Suid-Afrika opgespoor.

“Die man het na bewering sowat 50 naakfoto’s in verskeie posisies van die dogtertjie geneem en dit aanlyn geadverteer, sonder die ma se medewete,” het Naidoo gesê.

Die man het die skuilnaam, APE Man, op die internet gebruik en verbruikers van so ver as die VSA het die foto’s onder oë gehad.

ʼn Spesiale taakspan van die Gautengse polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings het inligting van hul Amerikaanse kollegas ontvang en opgevolg. Die man is Woensdag by sy werkplek in Boksburg in hegtenis geneem.

Die polisie het onder meer beslag gelê op drie skootrekenaars, twee eksterne hardeskywe, twee selfone, drie SD-geheuekaarte en ʼn klein spioenkamera.

Die man sal na verwagting Vrydag in die Boksburg-Noord-landdroshof verskyn op aanklag van die vervaardiging, besit en verspreiding van kinderpornografie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Debs ·

Ek hoop sy vrou gaan hom skei voor sy hom gaan ophang aan iets wat hom pla.

Dave ·

Debbie, jy sal moet leeslesse neem – Google is jou vriend.

Lisa ·

Dis nie sy vrou nie maar sy meisie!!! Hoe siek is die mensdom tog.

Dave ·

Hy handel nie juis simpatiek met die Boksburgse reputasie nie.

CHRISTA ·

Die ergste van als is: dit neem die AMERIKAANSE polisiediens om ‘n perverse krimineel in ONS land vas te keer!! Wat doen ONS polisie? Dieselfde geld vir die ANC se geldmakery uit die bou van ons kragstasies wat al MILJARDE oor begroting is – OOK deur Amerika oopgekrap!!!

Elmarie Pretorius ·

CHRISTA ek werk nou saam ons KBE en glo my hul Doen hul werk. Ons land se probleem is mens in gemeenskappe wil ni klagtes lê nie want hul te bang om betronne teraak of self hof toe te gaan. WELL DONE ASN LT KOL HEILA NIEMAND EN HAAR SPAN. “BREAK THE SILENCE AGAINST GENDER BASED VIOLENCE HUMAN TRAFFIC AND SEXUAL EXPLOITATION.

EMK ·

Siek! Ek hoop nou net hy word goed gestraf. Waar kom al hierdie lae lakke vandaan – ampers elke dag lees mens van sulke goed!

Eish! ·

Al wat ek kan se is dat ek ‘n man al aangegee het by die SAP en niks het daarvan gekom nie. Na omtrent 12jr het swart kindertjies by die SAP gaan kla en die arme man het ‘n straf van sielkundige behandeling gekry. Wow??? Hy is nou Bloemfontein toe en ek wonder ?????????????? Glo hy gaan daar aan met sy streke.

Peet J ·

Ek glo nie die verskoning dat die kind se ma onbewus was van haar vriend se doen en late nie. Hulle het sekerlik saam gebly want hoe anders sou hy die fotos kon neem.

Suzelle deLima ·

Ek het vandag met ‘n skok agtergekom ek ken die Boksburg Kinderpornografie man! Dit is die laaste mens van wie jy dit sou verwag! Ek sou my dogter/kinders in sy sorg enige tyd gelaat het want hy is die sagste, skaam, behulpsaamste person wat nie sal skroom om jou te help nie……

Min het ek geweet………. Mag die Here en die gereg hom die straf gee wat hy verdien!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.