Twee leerlinge aan Hoërskool Dr. EG Jansen in Boksburg, Johannesburg, gaan dissiplinêr verhoor word nadat hulle met steroïdes betrap is, het Beeld Woensdag berig.
Leon de Beer, die skoolhoof, het die polisie ontbied om die twee leerlinge, onderskeidelik 16 en 17 jaar oud, op die skoolgrond in hegtenis te neem.
Die skool se beheerliggaam het besluit om die seuns te skors hangende die uitkoms van die dissiplinêre verhoor wat volgende week gehou gaan word.
Kobus Kleynhans, voorsitter van die beheerliggaam, het gesê kinders wat gevang word wat steroïdes gebruik, sal nie toegelaat word om weer aan skolesportaktiwiteite deel te neem nie.
Die polisie het bevestig die seuns is in hegtenis geneem, en in die sorg van hul ouers vrygelaat.
Mooi Mnr die Hoof! Het meer onnies soos u nodig.
Ek is jammer maar personeel buite ons skool moet in ag neem dat dit uiters net 2 kinders was. Daar word gesê hoe ‘n slegte skool ons is, maar hulle moet onthou dat ons naam as skool deur amper almal geken! Ek sê nie mense soek fout met ons skool nie, maar moet tog nie letterlik alles wat ons verkeerd doen op beeld gaan gooi nie. Julle vergeet ons is tog net ‘n normale skool, en ons kan maar nou en dan ‘n fout maak! Tog sê ons steeds…
Ons Sal Handhaaf