Boksburg-tiener in plek van veiligheid ná weeklange soektog

Anchené van den Berg. Foto: Verskaf

Anchené van den Berg. Foto: Verskaf

Anchené van den Berg (17), die meisie van Boksburg wat Sondag gevind is nadat sy byna ʼn week lank vermis was, is tans in ʼn plek van veiligheid, het haar pa gesê.

Pieter, Anchené se pa, het Dinsdag aan Maroela Media gesê sy dogter word tydelik in ʼn plek van veiligheid gehou ter wille van haar eie veiligheid en om haar kans te gee om die trauma wat sy deurgemaak het te verwerk. “Ons weet waar sy is en ons sien haar elke dag. Sy bly tydelik daar ter wille van haar eie veiligheid omdat die man saam met wie sy was haar lewe bedreig het,” het hy gesê.

Maroela Media het vroeër berig Anchené is Sondag in die vroeë oggendure in Durban opgespoor. Sy is die laaste keer gesien toe haar ouers haar verlede Maandagoggend by die skool afgelaai het om haar laaste eksamenvak vir die jaar te skryf. Toe hulle ʼn paar ure later weer opdaag om haar op te laai, was sy nêrens te vinde nie. Haar ouers het ʼn brief in haar sluitkassie by die skool gekry waarin sy sê dat sy op haar eie wil wees en “haar eie ding gaan doen”.

Lt. Kwenzakwakhe Ngobese, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat die 27-jarige man saam met wie Anchené was, in hegtenis geneem is op aanklag van bedrog. “Die aanklag het betrekking op ʼn onverwante geval. ʼn Saak van ontvoering word ook ondersoek, maar in dié stadium is die verdagte nie daarvoor aangekla nie,” het hy gesê.

Volgens Pieter is Anchené onder valse voorwendsels na die man toe en het sy nie geweet wat daar vir haar sou wag nie. “Omdat die omstandighede deel vorm van ʼn polisieondersoek, kan ons nie veel besonderhede bekendmaak nie, maar Anchené het beslis nie die waarheid geweet nie. Ons prys net die Here dat sy veilig terug is by ons. Ons het gisteraand vir die eerste keer sedert hierdie nagmerrie begin het ʼn ordentlike nagrus gekry,” het hy gesê.

Pieter het namens die gesin almal  bedank wat met die soektog gehelp en Anchené se foto versprei het. “Ons is ongelooflik dankbaar vir almal se hulp en ondersteuning,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

pauline ·

Ek is bly die kind is veilig, maar di vraag is deur watter sosiale netwerk het sy die ou ontmoet selfs vriende kringe. Al wat nou saak maak sy is veilig

Magda Blom ·

Ek hou vol by dit wat ek voorheen gese het: Sy het haar ouers in onnodige erge trauma geplaas en net aan haarself gedink sonder om aan die nagevolge te dink. Ek kyk na haar foto – sy lyk nie na ‘n skoolgaande persoon nie – veel ouer. Weglopery van jong dogters en meisies gebeur net te maklik en te veel. Let wel: ek oordeel nie die persone waar daar erge probleme aan huis ervaar word nie, maar dan is wegloop ook nie ‘n opsie nie – wend jou na jou naaste famillie, onderwysers, predikante of kontak die polisie. Vir ‘n dogter/meisie/vrou om net weg te raak of weg te loop is onaanvaarbaar – veral in vandag se mistaadgeteisterde omstandighede.

Mandie ·

Ek hoop regtig mense sal nou leer om hulle “kop klappe” en kom ons ignoreer want almal loop weg en bas velle aftrek comments bietjie eenkant te sit as hulle nie die waarheid en die volle waarheid ken nie. Baie bly sy is veilig en mag ander tieners en selfs grootmense so ogies nou oopgaan.

ME ·

Baie bly sy is veilig. Maar die dametjie was weer te groot vir haar skoene. Hoe kon sy in veilige skoolterein n brief gaan skryf het wat sê “Sy wil haar eie lewe gaan lei” en uit veilige gronde uitstap. Hoekom het sy nie dit gaan aangee van die 27jarige wat vir haar wag nie. Syt gedink die weivelde is groener aan die anderkant…..toe is dit nie “maanskyn en rose nie” Nee wat sys kop in een mus tot sy agterkom die gras is nie so groen nie. Hoe kon sy in die eerste plek met n 27jarige deurmekaar raak. Nee wat ons jeug kort meet pakslaes en klaar, hul is hopeloos te groot vir hul skoene

ME ·

@Meko. Ja my volste reg! Ongelukkig veroorsaak vandag se Jeug dit dat ek so voel. Rustige aand

Tollie ·

Ek stem 100% saam met jou! Was dit my kind het haar gatvelle gewaai.

Vic ·

@ME nee jy is heeltemal reg elkeen het die reg om opinies te he gebaseer op geen feite nie en so hulle onkunde aan die wereld te wys. Absoluut. Staan op jou regte se ek

Moeder ·

Ja nee wraggies. Deesdae kan kinders maak wat hul wil en daarna in n glaskas gesit word. Hoekom het sy in die 1ste plek kontak met n 27jarige man? As sy so onskuldig was sou haar gesonde verstand haar gewaarsku het. Eishhhh.

Jacques du plessis ·

Ek stem saam was dit my dogter sou sy nie op haar agterstewe kon sit na sy gevind is ek sou haar gatvele ook afgetrek het

Netta ·

Die ding is, gatvelle aftrek sou niks aan die saak verander het nie. Ek stem saam: ek sou dieselfde wou doen, plus haar nog vir 6 maande ernstig hok (geen selfoon, geen TV, geen ‘games’, geen vriende nie, geen sosiale media en geen ‘social life’ nie. En elke liewe taak in en om die huis sal sy moet doen, van wasgoed was, skottelgoed was, huis skoonmaak, toilette skrop, motor was tot grassny). Al is sy 18 – as sy onder mý dak bly, is dit mý reëls en niks anders nie. Pakslae sal dit nie voorkom het nou nie, maar pakslae as gevolg van wat sy gedoen het en om haar te hok, sal haar beslis leer: dade het gevolge! En sy sou moes teruggaan skool toe in 2016 om haar HELE matriekjaar te herhaal, omdat sy mos “groot” wou wees en weggeloop het van die eksamenlokaal en dus nie haar finale eksamen gaan skryf het nie.

Jo ·

Maklik om nou kommentaar te lewer. Ons weet dat alle tieners maar dwars trek. Wil sien hoe julle werklikwaar gaan optree as jou dogter net 1 aand nie huistoe kom nie en as vermis aangemeld is. Van ‘n pa met ‘n tiener dogter.

Theresa ·

Ja, Jo – ek dink dis enige ouer se grootste heimlike vrees. Veral in die lewe waarin ons tans is in ons land. Als het verander wanneer dit by veiligheid kom. Dis ook ‘n moeilike taak om jongmense te waarsku, maar terselfdertyd hul “groot word” te erken. Amper asof mens deesdae ‘n persoonlike wag saam met jonges moet uitstuur – en dit maak nie saak waarheen nie, aangesien kerkpersele ook al onder teiken kom vir ontvoering en diefstal?? Reëls vir mens se kinders is een ding, die samelewing wat mal geword het se reëls kan dit tot niet maak??

Linda Gouws ·

Sou n pak slae dit kon stop? Ek dink die ouers het n fantasietiese werk gedoen en haar beskerm teen die wreedheid van die lewe. Pappa het haar op en afgelaai by die skool. Duidelik iemand wat nie bloot gestek was aan die elemente daar buite nie en daarom het sy net die goeie in almal gesien. Ek stem saam met opvoeding op die outydse manier maar hierdie bewys dat die ouers haar oorbeskerm het. Iets wat enige ouer met n dogter moet doen. Ek wil net weet, die wat so gou oordeel, het niemand jou nog ooit ingedoen met mooi beloftes en sweet talk nie??

Netta ·

Nee, ‘n pakslae sou dit nie kon stop nie, dit is “fait accomplii” – dat sy weggeloop het saam met ‘n man byna 10 jaar haar senior. Maar ‘n pakslae en ‘n lang tyd van gehok word sal dalk verhoed dat sy dit wéér doen. Ek dink dit was ‘n kwessie van ‘n ouer man wat sy dalk by ‘n partytjie of op sosiale media ontmoet het, wat haar ‘n gat in die kop gepraat het en haar letterlik die maan, die sterre en alles benede beloof het. Hoekom sy so skelm opgetree het en vir haar ouers gelieg het, sal net sy weet. Maar kinders van daardie ouderdom is tog so alwetend ….

Anoniem ·

Weet jy, ek stem heeltemal saam dat ouers hulle dogters moet beskerm. Maar oorbeskerm? Nee!! Dit is juis dit wat haar laat rebelleer. Ek praat uit persoonlike ervaring. Tieners moet tot n mate hul vryheid gegun word, anders gaan hulle hul eie vryheid skep deur te rebelleer. Maar ek besef ook dat in hierdie wrede wereld waarin ons lewe word dit moeiliker en gevaarliker vir ouers om hulle hierdie vryheid te gee, so wat doen n mens?

Swanna ·

Pappa het haar by die skool afgelaai. Hoe mooi gestel. Wat gebeur nadat pappa haar afgelaai het? Ek het baie kinders sien weg draai van die skool af nadat pappa’s en mamma’s hulle by die skool afgelaai het en dan in ‘n ander rigting ingestap. Jy hoop maar en bid maar jou kind is by die skool. Ek dink baie ouers gaan geskok wees as hulle hoor as hulle uitvind wat gebeur nadat hulle hul voorbeeldige kindertjies by die skool afgelaai het en die meisie klink vir my so of sy een van hulle is. Want waar het sy aan hierdie 27 jarige man gekom. Wat doen sy oor naweke of buite skool tye, soos jule sal se in hule vrye tyd. Dit is nie net almal oordeel nei maar kyk na ‘n paar feite. Ons sien elke dag dat hierdie dinge gebeur maar ons wil sielkunde toepas want ons het te slaap geword om dissipline toe te pas want ons self kort dissipline as ons kyk na alles wat in die gesin verband plaasvind vandag. Skeisake , aanrandings ens. Die woord van GOD stel dit so mooi en reguit vir ons dat jy moet gedisiplineer word wanneer jy afdwal. Maar ons lees nie meer die Woord nie, ons gaan nie meer kerk toe nie want ons is mos ‘n god op ons eie, is dit nie! Nee wat ek stem met biae van die persone hier bo, ‘n goeie loesing sal haar net goed doen en niemand is nog nooit dood van ‘n goeie pakslae. Ek weet want ek is nog nie dood nie en se dankie aan alby my ouers daarvoor al is hulle nie meer met ons nie.

charmaine ·

Sy was baie vinnig om n brief te los en die skoolgronde te verlaat. Nou in n plek van veiligheid nadat sy aanleiding gegee het haar ouers 100 jaar ouergemaak het? Hoekom kan sy nie by haar huis bly nie haar ouers is seker in staat om haar “op te pas” shame. Hulle wil so graag groot wees en dinge doen van groot mense maar doen dit met n onvolwassie brein. Net om man gelukkig te hou!

Swanna ·

Sies maroela waar is my kommentaar of het ek nou weer op iemand se tone getrap!

Milan Bye ·

Dagsê Swanna

Kommentaar moet soms per hand goedgekeur word en dan neem dit ‘n wyle voor dit op die webwerf verskyn.
Wanneer kommentaar dus nie onmiddellik wys nie, beteken dit nie noodwendig dis afgekeur nie.

Groetnis
Milan
nms Maroela Media

Netta ·

Ja Swanna, ek kom daai ding ook agter. Maroela is goed sensitief en vinnig om kommentaar wat ordentlik, maar op die man af is, nie te plaas nie. Dit gebeur 8 uit die 10 keer wat ek op ‘n artikel of iemand se “post” reageer, dat my kommentaar nie geplaas word nie, al gebruik ek suiwer, reg-gespelde Afrikaans, goeie (en nie vuil) taal en niks wat polities of rasse-inkriminerend is nie. Wat is die doel dan van ‘n openbare forum as mens se kommentaar nie geplaas word as daar niks mee fout is nie?

Martin ·

Moet nou nie vir my vertel die ding het ewe skielik gebeur nie. Wat help die plek van veiligheid nou? Hoekom was die plek waar sy voor die ding gebeur het nie veilig nie. 17 jarige dogter met 27 jarige man. Sy is te groot vir haar skoene.

Takkie Takuuza ·

Almal kom met die storie; “as dit my dogter was….” Weet jy wat dit is nie jou dogter nie, dit het eintlik niks met jou uit te waai nie. Ek dink julle perfekte ouers moet maar ‘n klub stig en skryf sommer ‘n handleiding wat alle mense se persoonlikhede in ag neem sodat ons ander onbeholpe ouers ook kan baat vind. Hierdie ding van ek is beter as jy en kyk op jou neer mentaliteit kom mens gewoonlik duur te staan en dui in elk geval op die simptome van ‘n swak karakter. So haha, dis jou reg, doet so voort.

RV ·

ME, Meko
Elkeen het sy eie opinie, elkeen het sy eie reg? Nee, ek twyfel. Hoor wat sê God vir jou ME en vir my.

Daar is nou vir jou geen verontskuldiging meer nie, mens, jy wat ‘n ander oordeel, wie jy ookal mag wees. Jy wat ‘n ander oordeel, veroordeel jouself.

Ons moet versigtig wees.

RV ·

ME
Oeps, dwepers. Dit is die wêreld, die lewe, ‘n keuse. Die hemel, die hel. Lig en duisternis.
Elke mens het twee wolwe in hom. ‘n Goeie een en ‘n slegte een. Hang af wie jy voed. Weereens ‘n keuse.

GES ·

Die meisiekind het al die reëls oortree:
# Skoolmeisies gaan net met skoolseuns uit onder goeie toesig.
# Skoolmeisies wat nog woon onder die dak van hulle ouers is onderworpe aan die reëls van hulle ouerhuis.
# Voordat ‘n kind onafhanklik geword het SAL hy/sy die ouers ophoogte hou van bewegings en toestemming vra waar nodig.

Dit is absolute snert dat ouers deur kinders beheer word. Vir ‘n kind moet daar baie duidelike grense gestel word wat liefde, harmonie, vrede en respek bewerkstellig. Iemand wat my hieroor wil aanvat, word asb wakker.

heni seemann ·

twak!!! ek het my man, n switser, in st 8 met 16 leer ken… hy was toe 20 en ons is intussen 35jr gelukkig getroud!!!

Donovan ·

IN WATTER WêRELD LEEF JULLE… Hou op om die dogtertjie n wit rokkie wil aan trek… Wat dink julle het die twee in Durps gaan doen en hoekom het sy huistoe gekom nadat die ou nare wolf gearesteer is… Hierdie girl is 17 en sy wil groot Mevr speel… haar ouers is stukkend en sy het flindetjies in haar maag… Ek is seker die girl het nog kontak met die man… Mense word wakker ons lewe in n bose tyd en om naief te wees, gaan maak dat jy op gevreet word deur kinders se slim stories… Wanneer of indien ooit was jy op jou kind se foon, op sy Facebook of van haar tweets gelees… Wanneer was jy laas op jou web browser van die huis rekenaars of jou kinders se rekenaar, gaan kyk waarna hulle kyk, en as hulle die history skoon maak dan moet jy weet hulle is besig met iets wat hulle nie veronderstel is om te doen nie… Ek gee n voorbeeld, ek het my seun gevang dat hy rook op een van sy vriendinne se facbook fotos en toe ek die foto vir hom wys kon hy nie weer n crap storie uit dink om my as ouer wol oor die oë te trek nie… Ouers moet ophou dink dat hulle engeltjies groot gemaak het en besef die kind in jou huis, moet jy kan vertrou met die opvoeding wat jy in hulle lewe geinvesteer het, en glo dat daai saadjies wat jy geplant het wel gegroei het en eendag sal vrug dra… Die jong dame het haar consent gegee om saam die man te gaan en wees verseker sy het hom nie die vorige dag op facebook ontmoed nie, sy was moeg vir die skelm vryery en het mos haar ouers laat weet sy is mos mevr 21 en gaan haar eie lewe nou lei… Wat se les leer die meisie… Pappa sal altyd haar kaaiens uit die vuur kom krap… Onthou julle die verhaal van die verlore seun in die Bybel, het die pa hom gaan soek of het die pa hom gelos om sy kop te stamp en tot verhaal te kom… so my vraag is ken die jong dame die verskil tussen reg en verkeerd en as ek na die foto hierbo kyk lyk daardie selfie nogal na n advertensie vir moeilikheid… Onthou julle die storie oor die meisie wat se hande af gekap en vermoor was, ons land was in rou want watse barbar doen sulke dinge…. tot ons agter die skerms begin hoor het waarmee sy besig was… toe verstaan mens hoekom sy so wreed vermoor was…. moet my nie verkeerd verstaan nie, ek wil nie die dade goed praat nie, maar as ons as ouers meer betrokke raak in wat ons kinders doen en aanvang sal ons baie van die tipe gemors kan stop… Begin bid en vra vir die Here om jou as ouer te lei en begin ondersoek instel waarmee jou kinders besig is… wees eerder 2 stappe voor hulle as wat jy met jou hande in die hare sit met n tragedie… So Mnr van der Berg krap bietjie in jou dogter se facbook rond, besoek van haar maats se facbook pages en kyk waarmee hulle besig is, dit sal jou ook n voorsprong gee om haar voorentoe te hanteer… Elke kind het sy eie persoonlikheid en met sosiale media kan jy jou kind meer verstaan en kan jy hulle bystaan in tye wat dit nodig is…

heni seemann ·

ditto! n eerlike antwoord… waar is ons goeie voorbeelde? luister bietjie wat om die braaivleis vuurtjie geklets word… seks en vuil grappe!

Gesiggie ·

Ek staan vas by my woorde aan my kinders: Ek kan jou van die lewe vertel?? maar ek kan nie jou lewe vir jou lei… ?? kinders kan so maklik beinvloed word…en partykeer deur ouer mans… wat dink hul is baie slim… ja en om als te vererger Facebook… dis waar al die onheil plaasvind?? chats”” meisies word uitgelok”” ouers het geen beheer?? sy het beslis geweet wat sy gaan doen?? maar sy het nie gedink dat daar nagevolge sal wees”” en ja stem saam , sy lyk nie regtig soos n skool dogter ( veel ouer) iets baie erger kon plaasvind?? baie bly vir haar ouers dat sy nou in n veiligge plek is… hoop die man sal haar nie weer bedreig??? daar gebeur wrede dinge om ons … ons sien dit net nie altyd raak… omdat ons as ouers ons kinders vertrou?? dink ons nie altyd aan wat kan gebeur??? Sterkte hoop jul dogter herstel gou…

E.K. ·

Ons wil bietjie meer weet van hierdie “man” ook – klink self snaaks vir my. Hy klink soos ‘n tipe facebook predatoor en ons moet meer weet van diesulkes – volgende is dit my en jou kind! Name en shame hom ook! wie dink hy is hy om ‘n jong kind so ‘n gat in die kop te praat, kinders op daardie ouderdom is baie “slim” , het nog nie genoeg oordeelsvermoë/mensekennis en raak maklik beinvloed deur gladdebekke.

sarie van heerden ·

JA almal ontstel en maar gelukkig weer gevind …………………. tot volgende keer.

pop ·

Nou dat die man aangekeer word vir bedrog sing sy ewe skielik n ander deuntjie. Hierdie ma en pa gaan nog rowwe paaie deurmaak met die madampie. As sy myne was kon sy maar by die welsyn gebly het. Hierdie regering maak die wette dat kinders nie dissiplineer mag word nie. So laai hulle by die regering se deure af en laat hulle met die kastaiings sit.

Stuart ·

Hou jou kinders se FB en FB vriende goed dop en klaar. Kyk na watter nommer sy te veel sms en ondersoek. Ons moet self ook ons kinders beskerm want hulle laat hulself maklik verlei. Stem saam met E.K.

Frans ·

My grootste bekommernis is nie die jong onvolwasse meisies nie maar wel die wolwe in skaapsklere wat jong meisies se onkunde en naïviteit uitbuit.Hierdie mans beinvloed maklik sulke meisies en kom simpatiek voer en sê die meisies se ouers verstaan hul nie en sy is groot genoeg om hul eie ding te doen.

Pasop die wêreld is vol wolwe in skaapsklere en raak agressief veral as hul ware kleure ontbloot word.

magda ·

Die “jonge dame” het gesorg dat haar brood aan albei kante lekker dik gebotter is – sou sy uitgekuier raak het sy geweet haar ouers is haar vangnet. Sy het hulle nie van enige bittere leed gespaar nie – dit is sulkes wat aan aan vroue ‘n slegte naam gee!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.