Bokser sterf ná uitklophou

vroue-bokshandskoenʼn Vroue bokser is oor die naweek in die Steve Biko-hospitaal dood nadat sy twee weke gelede tydens ʼn geveg uitgeklop en in ʼn koma was.

Die ministerie van sport het in ʼn verklaring gesê Phindile Mwelase (31) het Saterdag in die hospitaal gesterf ná ʼn liggewiggeveg teen Liz Butler in Pretoria op 10 Oktober.

“Minister Fikile Mbalula het weer slegte nuus ontvang van nóg ʼn afsterwe van ʼn belowende sportster,” het ʼn woordvoerder van sy kantoor gesê.

Volgens boxrec.com het Mwelase aan vier gevegte in haar boksloopbaan deelgeneem. Sy het drie daarvan verloor, onder andere die geveg op 10 Oktober waar sy uitgeklop is, en een gelykop  geëindig.

Dit is die derde sportverwante dood sedert Vrydag. Mbulaeni Mulaudzi, Olimpiese silwermedalje-middelafstandatleet, is Vrydag in ʼn motorongeluk dood. Senzo Meyiwa (27), kaptein en doelwagter van Bafana Bafana en Orlando Pirates, is Sondagaand tydens ʼn vermeende rooftog by sy vriendin se huis in Vosloorus doodgeskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.