Bokskampioen Andre Thysse sterf

Die voormalige Suid-Afrikaanse bokser Andre Thysse is Donderdag weens Covid-19 dood. (Foto: Facebook)

Die voormalige supermiddelgewig-bokskampioen Andre Thysse is Donderdag dood nadat hy vroeër Covid-19 opgedoen het.

Die 52-jarige Thysse was tussen 1999 en 2009  ʼn beroepsbokser en was ʼn voormalige Suid-Afrikaanse en Statebond-bokskampioen.

Thysse het op sy dag boksers soos Sakio Bika, Adrian Diaconu, Lucian Bute en Markus Beyer die stryd in die kryt aangesê, het die Wêreldboksraad (WBC) in ʼn huldeblyk aan Thysse gesê.

“Die president van die Wêreldboksraad, Mauricio Sulaimán, en almal daarby geaffilieer, rou oor dié groot verlies. Ons diepste medelye gaan aan die kampioen se familie en vriende,” lui die WBC se huldeblyk.

Thysse se seun Brandon is een van Suid-Afrika se beste super-weltergewigboksers.

“Vandag is een van die hartseerste dae in my lewe. Ek het vandag my pa, my held en my rolmodel verloor. Ek weet hy is op ʼn beter plek en dat hy oor ons waak, maar hy is té gou weggeneem,” het Brandon Donderdag in ʼn roerende huldeblyk op Facebook geskryf.

This is absolutely tragic. To my knowledge, I am the last person to have shared the ring with Andre Thysse in a…

Posted by Christo Smith on Thursday, July 22, 2021

Thysse, wat later as bokspromotor gewerk het, is beskryf as ʼn hoogs gerespekteerde teenstander, ʼn suksesvolle beroepsbokser en ʼn aanwins vir en dienaar van die sport.

Die Suid-Afrikaanse bokser Tian Fick het in ʼn huldeblyk geskryf Thysse het ʼn geweldige groot invloed op talle ander mense gehad.

Die bokser Sebastiaan Rothmann sê Thysse was een van daardie mense wat alles verander.

“Jou uitkyk op die lewe, die manier waarop jy mense sien en jou aanvaarding van wie jy is. Andre Thysse, jy is daai ou,” het Rothmann geskryf.

Thysse word oorleef deur sy vrou en vier kinders.

Today is one of the saddest days of my life????today I lost my Father, my Hero and my role model all in one ???? I know he is…

Posted by Brandon Thysse on Thursday, July 22, 2021

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Toy ·

Dit is die een hartseer op die ander een met die Covid, my simpatie aan die gesin en familie.

Hennie ·

En nog steeds is dit Afrikaanssprekendes wat covid ontkenners is…..

Esme ·

Covid het so deel van ons lewens geword en aai, elke dag, val nog ‘n groot boom.
Ons innige simpatie aan een en almal wat ‘n geliefde as gevolg van Covid aan die dood afstaan. Ons liefde en gebede omvou julle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.