Bokspeler moes rowers glo rondry

Rohan (links) en Runan. Foto: Facebook

Die Leeus se Springboksenter Rohan Janse van Rensburg is glo saam met sy broer en ʼn vriendin deur rowers aangehou voor hy hulle moes rondry.

Runan Venter, Janse van Rensburg se broer, het op Instagram van die angswekkende voorval vertel. Hy het gesê hy, Janse van Rensburg en die vriendin het Donderdagaand gelê en fliek kyk toe hy die honde hoor blaf en grom het.

“Ek het buitentoe geloop om te kyk wat aangaan, toe kom drie swart mans met gewere op my afgehardloop en wil my skiet. Hulle bind my en haar [die vriendin] toe vas op die grond, sit die geweer teen ons koppe en sê as ons ʼn geluid maak, skiet hulle my broer.”

Volgens Venter moes Janse van Rensburg hierna met die drie rowers rondry en hulle in ʼn township gaan aflaai met die goedere wat hulle gesteel het. Venter en die vriendin was intussen ure lank vasgebind.

Die foto wat Runan op Instagram gedeel het.

“Ure later het hy veilig by ons twee aangekom en ons prys God dat Hy letterlik al sy engele om ons gehad het in hierdie tyd. Wees dankbaar vir wat jy in jou lewe het – dis sekondes, dan verander jou lewe vir altyd,” het Venter gesê.

Maroela Media kon nie onmiddellik vasstel waar die voorval plaasgevind het nie.

Venter het kort ná die voorval ʼn foto van hom, Janse van Rensburg en die vriendin gedeel en gesê die foto is omstreeks 04:00 Vrydag geneem toe hulle drie vir die eerste keer weer veilig saam was.

Janse van Rensburg sterk tans aan ná ʼn operasie nadat hy ligamente in sy knie geskeur het. Hy sal na verwagting vir die volgende drie maande buite aksie wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Frans C ·

Dit is sulke voorvalle wat jongmense vir goed afskrik van die nuwe sg verbeterde Suid Afrika.
Dankie dat hulle met hul ongedeerd daarvan afgekom het.

w ·

Wanneer leer ons mense. Hou jul honde binne en moet asb ni by deur uit ni. Ons bly in Afrika. Of jy dit wil glo of ni

Marita ·

Dank die Heilige Vader dat Hy sy hand van beskerming oor jul 3 en hondjie gehou het.

Awie Opperman ·

W, as jy jou standaarde laag genoeg stel dan sal jy nooit teleurgestel word nie. Dit is praktiese raad wat jy gee, maar volgens jou moet wetsgehoorsame burgers hulle vryheid van beweging ontneem word sodat die skelms vry kan rondloop. Dit is onaanvaarbaar dat ons lewens deur kriminele bedreig word en dit is die regering se plig (hulle moet dit doen) om sy burgers te beskerm teen alle bedreiging plaaslik en internasionaal. Dit is een van die redes waarom ons belasting betaal, onder andere. Die regering versuim hulle plig en ons moet hulle verantwoordelik hou, ons kan nie langer so aangaan nie.

Stem saam ·

Awie ek stem meer as 100% saam, ek voel ook krimonele het meer regte as gehoorsame burgers. N Vrou kan enige tyd van die dag of nag veilig in Europa alleen loop.

oumie ·

Mag ons hieruit leer AS Honde BLaf gaan haal jou wapen en maak vertrek donker en loer dan na buite en neem dan aksie genugtig mense daar is n rede hkm hul blaf jul kan op jul knieë gaan en dankie sê dit kon lelik skeefgeloop het

Ek ·

Mense of julle dit nou wil hoor of nie, hierdie gemors gaan nooit end nie. Lig vir Zuma en sy trawante uit die kusings deur julle belastings te weer hou. Stig met behulp van prokureur trust en betaal julle belastings daarin, sodra die geldkraantjie toegedraai is sal hulle self verkas. Hulle gee geen snars om vir enigeen behalwe hulle self en hul sakke. As daar niks meer te aas is nie, loop dir dikgevreete roofdier.

Ansie Geldenhuys ·

Op die aanmerkink van dankbaarheid dat hul veilig is, se ek ditto.

Johann Marx ·

Awie is absoluut 100% reg….MAAR…tot tyd en wyl dit gebeur, moet ons paraat wees. Al my geboue het bewegins-sensors wat ‘n lig aanskakel as daar beweging is. Ek het twee rifrug tewe buite, en twee Jack Russels binne. As die honde blaf kyk ek deur die vensters of ek iets sien, en ek aktiveer buurtwag. As ek uitgaan het ek ‘n 9mm met ‘n vol magasyn in my hand…en ek por die honde aan. DIT….is die realiteit. Die droom is om ‘n misdaadvrye land te hê met ‘n regering wat geen kriminele duld nie…

Johan Genis ·

Daar is hoeveel kriminele klagtes teen Zuma. Kla hom aan en sluit hom toe! Dis so maklik soos dit. Dan is ons almal van hom ontslae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.