‘Bokverkragter’ uit hospitaal ontslaan

Die ooi se karkas. Foto: DBV

Die ooi se karkas. Foto: DBV

Die Gautengse man wat daarvan verdink word dat hy ʼn bokooi verkrag en doodgemaak het, sal vandeesweek die eerste keer in die Vereeniging-landdroshof verskyn nadat hy onlangs uit die hospitaal ontslaan is.

Maroela Media het verlede week berig die verdagte is voorverlede Vrydag in hegtenis geneem nadat gemeenskapslede van Sharpeville hom glo op heterdaad betrap het nadat hy gewelddadige omgang met die ooi gehad het. Lees meer hier.

Marlien Pieterse, die Vereeniging-DBV se bestuurder, het aan Maroela Media gesê die man het nie verlede Maandag in die hof verskyn soos wat verwag is nie, aangesien hy erge hoofbeserings opgedoen het nadat inwoners hom aangeval het en hy gehospitaliseer moes word.

“Die man is tans in aanhouding. Hy moet na verwagting Donderdag in die hof verskyn op aanklagte van bestialiteit en dieremishandeling,” het Pieterse gesê.

Pieterse het gesê ʼn nadoodse ondersoek is deur ʼn onafhanklike laboratorium op die ooi uitgevoer. “Die uitslae bevestig dat die ooi verkrag is. Die ooi is ook verwurg en dit het die dier se dood veroorsaak.”

Sy het gesê die Vereeniging-DBV gaan hofverrigtinge bywoon en probeer verseker dat die diereverkragter nie borgtog toegestaan word nie en in aanhouding bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

George ·

Hy behoort toegesluit te word en nooit weer op straat verskyn nie.

anon ·

siek verby sy volgende slagoffer sal seker n onskuldige kind of vrou gewees het

Pendoring ·

Gee hom borgtog en stuur hom huistoe. “Jungle Justice” sal vir hom wag.

Se Maar Net ·

Dit is barbaars, geen mens doen so iets nie. Dus moet hul hom straf met die swaarste straf moontlik gee!!!!

Johan v H ·

Was hy dan bang die bok ooi sou hom herken, dat hy die dier dood gemaak het. Die ding is siek.

KarooKlong ·

Wonder of iemand nie soos die dbv wil tekere gaan as ‘n Boer vermoor word en sy vrou word verkrag nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.