Bolandse gesin op reservaat aangeval, seun ontvoer

Die Brodie-gesin (Foto: Facebook) 

ʼn Egpaar en hul seun is Donderdag op ʼn natuurreservaat tussen De Doorns en Worcester in die Hexriviervallei aangeval waarna die aanvallers met die seun op die vlug geslaan het.

Louise Brodie het aan Maroela Media gesê sy, haar man, Bruce, en hul seun, Philip, is omstreeks 17:00 op hul eiendom op die Ochre-reservaat aangeval toe hulle van elders by die huis gekom het.

“Philip het ʼn ent voor ons gery. Ons het hom sien afdraai huis toe. Toe ons by die huis aankom, het hulle hom reeds oorval en is met hom die huis in,” vertel Louise.

Volgens Louise het die aanvallers, vyf Xhosasprekende mans, Philip en sy ouma in die huis vasgemaak en met vuurwapens gedreig waarna die geluid van die egpaar se motor hulle onkant betrap het.

Philip en Louise Brodie (Foto: Facebook)

Sy vertel dat die aanvallers verward was toe sy en Bruce kort daarna by die huis stilhou. Die egpaar is toe ook oorval en met vuurwapens gedreig. Die aanvallers het op geld aangedring waarna die egpaar geantwoord het dat daar geen kontant in die huis is nie.

Louise vertel dat die aanvallers in dié stadium vir Bruce aangerand het. Hulle het op hom getrap waarna hulle gedreig het om haar te verkrag. Bruce het tydens die aanval harsingskudding, swelling op die brein en ʼn wond aan sy kop opgedoen. Hy het ook sy kakebeen gebreek.

Die aanvallers het Louise gedwing om die kluis oop te maak waarna hulle die kluis met vuurwapens en ander besittings daarin leeggemaak het. Dit is tóé dat hulle met Philip in die gesin se bakkie op die vlug geslaan het.

Louise vertel dat sy met haar man en haar skoonma Worcester toe gejaag het om Bruce so vinnig moontlik by ʼn hospitaal te kry toe sy in die dorp agterkom dat sy agter die gesteelde bakkie ry.

Louise en Bruce Brodie (Foto: Facebook)

Louise het op haar motor se toeter begin lê en ligte flits om alarm te maak. Dít het die aanvallers die skrik op die lyf gejaag waarna hulle uit die bakkie gespring en laat spaander het.

Louise kon verder met haar familielede, onder wie Philip, na die naaste hospitaal haas waar Bruce tans in ʼn kritiek maar stabiele toestand opgeneem is.

Sy het haar dank uitgespreek aan die plaaslike plaaswag wat vinnig op die aanval reageer het. “Hulle was wonderlik,” sê Louise. Die meeste van die gesin se besittings is aan hulle terugbesorg.

Ian Cameron, AfriForum se nasionale hoof van gemeenskapsveiligheid, het die voorval op Twitter bevestig.

Maroela Media wag op terugvoer van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Petro ·

Baie dapper en slim mamma… Goeie werk. Sterkte aan almal… Dank Vader julle lewe
?

schalk ·

Dankie Vader hulle het almal oorleef! Niks gaan die land se misdaad stop met die huidige mense in beheer nie. En Cyril swyg.

Andrea ·

Slim en dapper vrou, welgedaan. Bly julle almal het oorleef. Sterkte met die herstel en verwerking van die trauma.

Anoniem ·

Dankbaar ! Maar Ramaphosa lees die goed en aanvaar dit gelate ! Laat geword ! ???

Philip ·

Prys die Here julle is veilig en vertrou julle sal die trauma vinnig verwerk. Janee CR is ook een van hulle hy toer die land deur met sy misdadigers aan sy sy. Mense ons moet waaksaam wees teen hierdie duiwelse aanval op ons wittes.

Michael ·

Nee wat CR is baie kwaad vir die aanvallers Die aanvallers het misluk.

JG ·

Laat ek raai…die polisie “monitor” weer die situasie…useless verby.

Paul ·

Sê vir die Polisie ons wag vir die 72 uur plan om in werking te tree. O jammer, dis net wanneer slagoffers swart is.

Anria ·

Ek is bitter jammer om van die familie se aaklige ervaring te lees. Maar die vraag kan nie ignoreer word nie….hoekom is enige boer, op enige tipe plaas, in enige provinsie, se vuurwapens steeds in hulle kluis toegesluit?! Hoekom het hulle dit nie permanent op hulle nie???? Ja, dit moet nie nodig wees nie. Maar dit is.

Anoniem ·

Anria, handwapen kan elke dag gedra word, maar wat van gewere?

fred ·

ek verlang terug na die toen ons kinders nog op die straat kon speel.daar nie diefwering of hoë mure en alarm stelsels was nie, toen ons tuine nog oop was,toen ons elke dag ons bure gesien het,……as n kind wis ek nie beter,dan dat dit ooit verby sou gaan….ek droom nou seker maar????

Christien vd Westhuizen ·

Ongelukkig kan jou kluis nie meer gebruik word om waardevolle items toe te sluit nie maak ander planne en moenie dat enige iemand anders daarvan weet as net jou gesin nie los net so R20 en n pepstore horlosie daarin en n speelgoeg pistool

Realis ·

“Maroela Media wag op terugvoer van die Polisie” . MM, moenie julle asem ophou nie.

Sanet ·

?GENADE ONBESKRYFLIK GROOT ? dankbaar julle leef nog, om dit self te kan vertel en sterkte vorentoe

Schalk ·

Nou waar was die polisie seker weer besig om taxi te ry met staatsvoertuie.Dit is mos die in ding op Worcester.Ek sien dit elke dag en wonder.Baie bly julle het met jul lewens daarvan afgekom.Jammer dat julle dit moes deurmaak.Wittes in die land is vir CR net statistiek.Hy is president van een groep te hel met die res.Maroela sal dit seker nie plaas nie want die waarheid mag nie meer gepubliseer word as dit by ras realiteite kom nie.

Schalk ·

As wetsgehoorsame burger weier ek om verder deur kriminele gemanipuleer te word.Ek staan op vir regte van goeie landsburgrs .Ek haat almal wat ongerdgtigheid pleeg en sal my bes doen om diesulkes aan bande te LE.

Joe ·

Boere is maar net n target vir hulle. Familie van ons het verblyfreg in Australie gekry danksy die volksmoord van ons boere. Dis vreeslik om te dink dat Australie die krisis besef en help maar nie SA regering nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.