Bolhuis betrek by Brendin Horner-saak

Brendin Horner (21) is wreed op ‘n plaas vermoor. (Foto: Twitter)

Die 21-jarige Brendin Horner se familie het die private speurder Mike Bolhuis aangestel om die saak opnuut te ondersoek.

Groot ongelukkigheid heers oor die vryskelding van Sekola Matlaletsa (45) en Sekwetje Mahlamba (33) wat aanvanklik vir Horner (21) se moord in hegtenis geneem is.

Die rondgaande hof in Bethlehem het Donderdag beslis dat die uitslag van DNS-toetse nie Matlaletsa en Mahlamba met die moordtoneel kon verbind nie. Een van dié verdagtes het na bewering reeds erken dat hy by die moord betrokke was.

Groot ongelukkigheid heers onder die Horner-familie oor die hof se besluit om die twee vry te spreek.

Die private speurder Mike Bolhuis. (Foto: Facebook)

Volgens Bolhuis het sy ondersoekspan met die saak begin en gaan dit nie ’n maklike saak wees om aan te pak nie.

“Dit is uitdagend om ’n ‘koue saak’ te ondersoek. Hoe langer die saak lê, hoe moeiliker maak dit die ondersoek. Veral as die begin van die ondersoek – wat die belangrikste fase van die ondersoek is – nie korrek hanteer word nie. Dan gaan belangrike inligting gewoonlik verlore en dit het ’n hewige invloed op die saak,” sê Bolhuis.

Bolhuis sê die saak moet van voor af ondersoek word.

“Ons moet die gebeurtenisse vooraf, die voorval self en wat na die voorval gebeur het, ondersoek.

“Ons is positief dat daar ʼn goeie uitkoms sal wees en dat geregtigheid sal geskied.”

Enigiemand met meer inligting wat tot die saak kan bydra, kan Cecil Benade by 079 527 8886 of Luke Enslin by 082 222 5821 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

31 Kommentare

jongste oudste gewildste
Delia

Hoop van harte julle vang die moordenaars. Ek is so jammer vir daai ouers. Mag God julle dra.

marius

DNS is nie ‘n onontbeerlike deel van getuienis nie . Sommige het duidelik bewysreg in ‘n donker grot studeer .

Tiptol

Roer hulle. Belaglik dat hulle nog rondloop.

Plaaskind

Ek hoop Bolhuis kan die klomp verwaade skelms laat vrot in die tronk.

Misky

Kan beslis net goeie resultate lewer en Bolhuis het klomp puik manne wat nog in vroeër jare se polisie diens gedoen het. Goeie speurders wat nog hulle sout werd is. Ek wens die hele span voorspoed toe en dat julle die wrede moordenaars vinnig sal opspoor en vervolg kry