‘Bom’ by Menlyn Maine ʼn kamma-ploftoestel

Mense drom saam buite Menlyn Maine. (Foto: Verskaf)

Die winkelsentrum Menlyn Maine in die ooste van Pretoria is Dinsdagmiddag laat veilig verklaar nadat die gebou vroeër weens ʼn bomdreigement ontruim is.

Kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het die sentrum omstreeks 15:00 veilig verklaar.

“Die toestel wat gevind is, was ʼn kamma-bom,” het sy gesê.

Maroela Media het vroeër berig ʼn man in sy 50’s het omstreeks 11:15 by ʼn bank in die sentrum ingestap en ʼn nota aan een van die banktellers oorhandig. Op dié nota het daar gestaan dat daar ʼn bom in die bank versteek is.

Sekuriteit is in kennis gestel en die sentrum is inderhaas ontruim.

Volgens Weilbach is die polisie se bomeenheid en honde-eenheid na die toneel ontbied en die man is in die bank in hegtenis geneem. Die polisie het ook op ʼn vuurwapen beslag gelê.

Hy word aangekla van die oortreding van die Wet op Plofstowwe.

“Die verdagte, van Garsfontein, sal ook op ʼn bykomende aanklag van poging tot ʼn bankroof tereg staan,” het sy gesê.

Die man sal binnekort in die Hatfield-gemeenskapshof verskyn.

Niemand is in die voorval beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

leser ·

het sy varkies hom heeltemal verlaat
daar was al soveel voorvalle gewees, het hy niks geleer nie of was hy ook deur dwelms aangevuur

Marinda ·

Hoe lekker lag ek en my man vir hierdie berig. Bwhahahaha.

Abe ·

Marinda,
Jy en jou man en die bomplanter is almal ewe ongelooflik kinderagtig.

Cherokee ·

Ek weet nie wat jy en jou man snaaks gesien het hierin nie. Ek het geskaterlag vir die spietkop op die TK kar se bonnet en in my geestesoog sien ek hoe die bestuurder oor haar selfoon vir haar vriendin sê “Haai, hier’s ‘n spietkop op my bonnet. Wonder hoe het dìt gebeur!”.

Mariki ·

Maar ons soek hom nie in ,n kamma tronk nie, ,n regte een sal verkieslik wees.

KG ·

Volgens News24 was die man voorheen deel van die Skerpioene en het hy finansiële probleme . Dis regtig jammer dat hy gevoel het hy moet ‘n bank roof. Hy van alle mense moes darem beter geweet het.

Lizelda ·

Party mense is of super verveeld, of soek aandag of net plain STUPID!

ES ·

Ek wonder hoe hy aangekla gaan word teen die Wet van Plofstowwe as daar bevind is dat die toestel nie plofstof bevat het nie…?

oud aanklaer ·

Dit gaan oor sy bom dreigement . Dit is ‘n baie ernstige aanklag, al was dit ‘n fop bom.

Leon ·

Ek sê nie dit is reg nie, maar as jy ‘n bom wil plant, plant hom. Moenie bel en sê daar is ‘n bom nie. Ontplof die ding en kry klaar. As jy bel, dan vang hulle jou. As jy net die bom laat afgaan is die kanse skraal hulle sal jou kry. Stoepit se moses.

jakes ·

Die perd gaan aangekla word onder die wet op plofstowwe ongeag of dit n foptoestel was. As n persoon n plek beroof met n speelgoedgeweer sal hy dieselfde straf ontvang as sou hy n regte geweer gebruik het. Die minimum straf vir so n misdaad is 15 jaar tronkstraf.

Nico K ·

Ek het ook gehoor hy was voorheen in die polisie. Hy kon nie ‘n goeie polisieman gewees het nie, want hy is ‘n dom skelm.

galore ·

onderdrukte wit blanke ‘oom’
nog steeds nie uit weg nie nee maar amal raak desperaat…
so hy sal gestraf word

Attie. ·

21 kommentare nonsens. As julle niks het om te doen nie moet dit dan niehier doen nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.