Bomdreigement by Gerrie Nel se huis

Staatsaanklaer Gerrie Nel Foto: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool (SAPA)

Staatsaanklaer Gerrie Nel Foto: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool (SAPA)

Die staatsaanklaer adv. Gerrie Nel se huis is ontruim nadat die polisie inligting ontvang het dat daar dalk ʼn bom in die huis is.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het Woensdagoggend ‘n “klagte” ontvang waarna hulle Nel se huis in Pretoria is. “Ons het gaan kyk en niks gevind nie. Ons stel ondersoek in.”

Op ‘n vraag aan Dlamini oor wie die klag ingedien het en hoe dit ontvang is, het hy geantwoord: “Dit is deel van die polisie se ondersoek so ek kan dit nie aan die media bekend maak nie.” Nel het geweier om inligting te verskaf toe hy deur News24 gekontak is.

“Ek wil nie kommentaar lewer nie,” het hy gesê en navrae na die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) verwys. Velekhaya Mgobhozi, woordvoerder van die NVG, kon geen verdere inligting verskaf rakende die voorval nie. Mgobhozi kon ook nie besonderhede verskaf oor die bomdreigement wat dieselfde dag by die hooggeregshof in Pretoria ontvang is nie.

Nel was die staatsaanklaer in Oscar Pistorius se moordverhoor.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.