Die polisie moes die Pick n Pay in Faerie Glen, Pretoria-Oos, Sondagoggend ná ʼn bomdreigement ontruim, berig EWN.
Die gebied is ontruim en die polisie het die perseel deursoek. Besonderhede is nog nie duidelik nie.
Tsekiso Mofokeng, woordvoerder van die polisie, het aan EWN gesê die bomeenheid het die gebied ondersoek, maar kon nie enigiets opspoor nie. Die winkel se deure is weer oopgemaak.