Bomdreigement onderbreek LUR se borgtogaansoek

Mandla Msibi (Foto: Facebook)

’n Bomdreigement het Woensdagoggend die afgedankte LUR vir landbou, landelike ontwikkeling, grondsake en omgewingsake van Mpumalanga, Mandla Msibi, se borgtogaansoek onderbreek.

Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Mpumalanga, sê die landdros het maar sowat tien minute nadat die borgtogaansoek in die landdroshof in Mbombela hervat is aangedui dat die hof ’n bomdreigement ontvang het.

Landdros Susan Monaledi het die ondersoekbeampte se getuienis kortgeknip en gevra dat die hofgebou ontruim word.

Nyuswa het aan Maroela Media gesê dit is nie in dié stadium duidelik wanneer Msibi se borgtogaansoek nou hervat sal word nie.

“Dit sal beslis nie vandag wees nie.”

Msibi is Dinsdagaand uit sy amp onthef in die lig van die ernstige aanklagte teen hom.

Msibi is Maandagoggend op aanklag van moord en poging tot moord in hegtenis geneem nadat hy hom, vergesel deur sy prokureur, aan die polisie op Mbombela oorgegee het.

Maroela Media het vroeër vandeesweek berig die saak hou verband met die skietdood van twee mense en die wond van ’n derde persoon in Augustus vanjaar. Die drie is in Mbombela geskiet.

Die 45-jarige Msibi se inhegtenisneming is die derde in verband met die ondersoek.

Die polisie het Joseph Charlie Ngwenya (35) en Tshepo Matsane (30) reeds op 17 September in hegtenis geneem. Ngwenya en Matsane het vroeër in die hof verskyn en is verlede week op borgtog van R20 000 elk vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Misky

Goed so, slaap maar nog lekker daar vanaand. Hoe is dit inelkgeval enigsins moontlik dat moordverdagtes borg kry?

Hennie

So die oertel bly langer opgesluit? Goed so!

Dup

Seker sy makkers wat die dreigement gemaak het.

Moedeloos

Hmm was daar regtig n bomdreigement

Anoniem

Baie moontlik, ń dreigement deur sy maatjies wat hierdie krimineel nou DUUR te staan kom. Maar nou ja – idiote kan mos nooit ń saak ordentlik deurdenk nie.