Bomdreigement op die Puk

nwu-potch-puk

Die NWU se Potchefstroomkampus. Foto: NWU Pukke/Facebook

JONGSTE: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het bevestig dat hulle nie enige bom op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit kon vind nie, ná ʼn bomdreigement Maandagmiddag ontvang is. Lees meer

Die Drakenstein-restaurant op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit is Maandag ontruim ná ʼn bomdreigement ontvang is.

Johan van Zyl, woordvoerder van die universiteit, het aan Maroela Media bevestig die polisie het die kampus van die bomdreigement in kennis gestel. “Die persoon wat die bomdreigement gemaak het, het die polisie direk gekontak. Die persoon het nie die kampus gebel nie.”

Volgens Van Zyl is die polisie se bom-eenheid dadelik ontbied, maar was teen 16:40 nog op pad na die toneel.

“Ons het die restaurant en ʼn radius rondom die restaurant dadelik vir veiligheid ontruim,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sharpei ·

Maak seker als is hondetd persent veilig asb….daar is duisende studente se veiligheid op die spel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.