Bomdreigement vir Nelson Mandela-brug

Nelson Mandela-brug in Braamfontein, Johannesburg Foto: thereforests.blogspot.com

Nelson Mandela-brug in Braamfontein, Johannesburg Foto: thereforests.blogspot.com

Die Nelson Mandela-brug in Braamfontein is Donderdagmiddag weer vir verkeer oopgemaak nadat ʼn bomdreigement vroeër ontvang is.

“Beamptes kon geen bom opspoor nie,” het hoofsuperintendent Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, gesê.

Minnaar het vroeër gesê die brug is in sy geheel vir verkeer gesluit terwyl die polisie dit deursoek. Die polisie het omstreeks 16:30 ʼn bomdreigement ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

Dit is seker nou mense wat wil wraak neem omdat als wat blank verteenwoordig, vernietig of verwyder word!! Gaan ons land Zimbabwe Extension word?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.