Bondeltjie vreugde vir Nicholis Louw

Nicholis Louw en sy vrou Denise (Foto: Facebook)

Nicholis Louw en sy vrou Denise (Foto: Facebook)

Die sanger Nicholis Louw het Dinsdagaand op sosiale media groot nuus met sy aanhangers gedeel.

“Ons is uiteindelik gereed om die fantastiese nuus met die wêreld te deel,” skryf hy. “Ons Engeltjie is 20 Augustus 2015 op 31 weke gebore, ‘n hele nege weke vroeër as wat ons verwag het.”

Volgens Nicholis wou hy en sy vrou Denise die nuus eers stil hou. “Eerstens om onsself tyd te gee om te ‘settle’, en sodat ons al ons vrye tyd en aandag aan haar kan spandeer, veral in die tyd wat sy in die hospitaal in die waakeenheid was. Maar op ons knieë dank ons die Here dat Baba en Mamma albei 100% gesond en sterk is.”

Die dogtertjie, Mianè, is uiteindelik nou by die huis. “Geen woorde kan die emosies beskryf wat ons as ouers ervaar nie. Pappa en Mamma se Mianètjie is so, SO welkom in ons lewe en in die wêreld!”

Nicholis en Denise is op 12 Julie 2014 in De Wildt naby Hartbeespoortdam, Noordwes, getroud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

ELSABE ·

Baie geluk julle!!!! Geniet die bondeltjie en geskenk van DIE HEMELSE VADER!!!!!

Beatrix Stevens ·

Hallo ons Tjomma… En Mamma Denise”” Baie geluk… Ons is so Baie bly vir jul…. Die ou Pienk voetjie is hier”’ Sterkte met als… Mag God jul Bless….

Stevens gesin Nelspruit

padjie ·

Hi Nicoholis baie gelyk met die kleinding, mag sy net vreugde vir julle bring

Treurgrond ·

Baie baie geluk met julle Engel doggertjie. Mag sy net vreugde en geluk en liefde en als vir julle bring. Dit is so so so kosbaar.

Johnnie ·

Kyk nou gaan julle sien hoe blom Nicoholas, hy lyk hoeka soos n kat wat stroop gesteel het maar nogtans baie geluk julle twee hoop hy het sy haelgeweer solank reg.

Isabel ·

Baie geluk sy is ‘n geskenk van bo geniet haar en sy gaan julle baie vreugde bring Nicholis en Denise

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.