‘Bonnie en Clyde’ gevonnis vir moord

Craig Smeddle en sy vrou, Bridget, wat deur plaaslike media "Bonnie en Clyde" gedoop is (Foto: Craig Smeddle, Google+)

Craig Smeddle en sy vrou, Bridget, wat deur plaaslike media “Bonnie en Clyde” gedoop is (Foto: Craig Smeddle, Google+)

Craig Smeddle en sy vrou, Bridget, wat deur die plaaslike media “Bonnie en Clyde” gedoop is, is Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis vir die moord op die 71-jarige Robert Symons.

Die Smeddle-egpaar is albei lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord. Hulle is ook ʼn bykomende 15 jaar tronkstraf opgelê vir roof met verswarende omstandighede, sewe jaar vir bedrog en vervalsing en twee jaar vir dwarsboming van die gereg. Craig is ʼn ook vyf jaar tronkstraf opgelê vir ʼn aparte aanklag van bedrog.

Die hof het beveel dat die vonnisse gelyklopend uitgedien moet word.

Maroela Media het vroeër berig dat Symons, die opsigter van die kompleks in Kaapstad waar die egpaar tuisgegaan het, op 16 Julie 2014 gedeeltelik geklee met sy gesig na onder in vlak water in sy bad aangetref is. Dit het tydens die verhoor aan die lig gekom dat die Smeddle-egpaar Symons vermoor het deur hom met ʼn skerp voorwerp te steek, hom met ʼn stomp voorwerp oor die kop te slaan en hom met ʼn skoenveter te wurg.

Hulle het daarna verskeie items van hom gesteel, waaronder ʼn Ryobi-kantsnyer, ʼn rekenaarmonitor, ʼn Nokia-selfoon, ʼn stel kabels asook sy Hyundai Getz en dit verkoop. Die egpaar het ook Symons se handtekening op verskeie dokumente vervals in ʼn poging om sy motor aan ʼn staatsgetuie te verkoop. Hulle het ook probeer om die staatsgetuie te oorreed om oor hul identiteit te lieg ná hul inhegtenisneming.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê die Smeddle-egpaar het voorheen met die gereg gebots. Hulle het voorheen albei vonnisse van 15 jaar uitgedien vir ʼn vorige moord. “Craig is al vir die afgelope 17 jaar aan die verkeerde kant van die gereg. Hy is al drie keer vantevore skuldig bevind vir misdade van oneerlikheid en vonnisse opgelê wat opgeskort is op voorwaarde dat hy onder korrektiewe toesig geplaas word en dat hy na ʼn rehabilitasiesentrum in Noupoort gaan,” het Ntabazalila gesê.

“In 2012 is hy gevonnis vir die besit van ʼn gevaarlike middel en is voorheen skuldig bevind aan die besit van gekontroleerde dwelms. Hy het ook twee vorige veroordelings vir die ontduiking van invoerbelasting en vir die onwettige uitvoer van verbode goedere.”

Ntabazalila het gesê Bridget het ook ʼn vorige veroordeling vir opsetlike saakbeskadiging waarvoor sy ʼn boete van R1 000 of drie jaar tronkstraf opgelê is.

Adv. Bronwen Hendry-Sidaki en adv. Tillette Berry, die staatsaanklaers, het tydens die verhoor aan die hof gesê die twee beskuldigdes het geen berou vir hul dade nie en het deurentyd volgehou dat hulle onskuldig is.

Die NVG het die vonnis verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Doodstraf ·

Soos julle sien is dit maar weer n geval van iemand wat verkeerd gedoen het en toe maar net weer en weer vergewe was deur die samelewing. Bring die doodstraf terug sodat sulke gewoonteoortreders permanent uit ons gemeenskappe verwyder word!

Wat-ek-lees ·

Jy is so reg ‘Doodstraf’, wat nou (weer) gaan gebeur is dat ander in die tronk nóg beter deur hierdie twee opgelei gaan word in misdaad tensy hulle alleen opgesluit gaan word sonder kontak met ander gevangenes.
Danksy MENSEREGTE sal ons maar vir hulle moet sorg.

mari buitendag ·

Bring dit terrug vir toets periode van 5 jaar. Vergelyk dan moord syfers. Ek glo dit sal dan permanent her ingestel word

Marlene de Bruyn ·

So hulle het die oom vermoor vir ‘n weed-eater, ‘n computer screen, ‘n stel kabels, ‘n selfoon en sy kar? En hoeveel geld sou hulle kry uit die verkoop van sy paar besittings? Duidelik nie veel nie. Was dwelmverslawing hier betrokke? Mense, besef dat jy niemand meer kan vertrou nie. Veral bejaardes en enkellopendes moet op hul hoede wees. Moenie sommer enigeen in jou lewe toelaat nie en probeer help nie.

Maria van Dieweeck ·

Hierdie ‘gelyklopende vonnisse ‘ ding! #liefdielaksman!

mari buitendag ·

Bring dit terrug vir toets periode van 5 jaar. Vergelyk dan moord syfers. Ek glo dit sal dan permanent her ingestel word

mari buitendag ·

Hulle het lig afgekom. Onthou nog Charmaine Phillips en Pieter Groesbeeck se vonnise. Doodstraf vir hom en 100 jaar vir haar.

Karma ·

@Luna …. seker maar in pleeg- of staatsorg geneem. Arme dingetjie! Maar dié twee is gelukkig uit die samelewing verwyder. Al moet ek en jy – belastingbetaler – nou sowaar vir hulle pap en brood betaal. Tyd dat hulle weer die bandiete-stelsel inbring, soos in Amerika waar die misdadigers in “chain gangs” werk – harde fisiese werk vir 12 uur per dag, in son, wind, hitte, reën, koue – watookal. En dan kry hulle kos wat – ek dink – die belastingbetaler in Amerika maar net ‘n enkele paar sente per dag uitwerk! Doodstraf sal die ANC regering tog nie terugbring nie; dit is dan hul kaders en makkers wat die misdade pleeg en gevolglik in lyn kan staan vir doodstraf!

Karien ·

Ek lees Bridget het n vorige vonnis gehad van R1000 Of 3 jaar tronkstraf. Is dit net ek of maak dit glad nie sin nie. As sy nie d R1000 kon betaal nie en d tronkstraf gekies het. Wat sou dit d staat gekos het om haar vir 3 jaar in d tronk te onderhou? Verseker nie n R1000 nie! Die strawwe is n grap!

Ruan ·

Hemel dis wreed!!!!!
Hulle is gewetenlose ouers. Nee monsters!!!!
Ek het nie sibbe nie – gee die kind vir my ma – sy het my alleen Groot GERAAK en ek is dankbaar vir haar my beste vriendin.
Ek sal daardie Klein mensie oorlaai met liefde en goed versorg.
Waar sy of Hy ookal beland. Moet NOOIT Na die wreed ouers verwys nie…. DAAR is die dinge wat ‘n kind nie nodig hetbom te weet nie…. DIS TOT DIE KIND SE VOORDEEL OM NIE TE WEET NIE…
Daardie mense verdien die doodstraf!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.