‘Bonnie en Clyde’ skuldig aan moord op 71-jarige

Craig Smeddle en sy vrou, Bridget, wat deur plaaslike media "Bonnie en Clyde" gedoop is (Foto: Craig Smeddle, Google+)

Craig Smeddle en sy vrou, Bridget, wat deur plaaslike media “Bonnie en Clyde” gedoop is (Foto: Craig Smeddle, Google+)

Craig Smeddle en sy vrou, Bridget, wat deur plaaslike media “Bonnie en Clyde” gedoop is, is Dinsdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof skuldig bevind aan die moord op die 71-jarige Robert Symons.

“Die egpaar is skuldig bevind op al sewe aanklagte teen hulle, waaronder moord met voorbedagte rade,” het Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gesê. Die egpaar het tereg gestaan op aanklagte van moord, roof, twee aanklagte van bedrog, vervalsing en dwarsboming van die gereg. Craig is ook skuldig bevind op ʼn bykomende aanklag van bedrog.

Symons was die opsigter van die kompleks in Table View, Kaapstad, waar die egpaar tuisgegaan het. Hy is die laaste keer lewend gesien op 2 Julie 2014 deur een van die bure. Die polisie het hom twee weke later, op 16 Julie, gedeeltelik geklee met sy gesig na onder, in vlak water in sy bad aangetref.

“Die egpaar het Symons vermoor deur hom met ʼn skerp voorwerp te steek, hom met ʼn stomp voorwerp oor die kop te slaan en hom met ʼn skoenveter te wurg,” het Ntabazalila verduidelik. “Hulle het verskeie items van hom gesteel, waaronder ʼn Ryobi-kantsnyer, ʼn rekenaarmonitor, ʼn Nokia-selfoon, ʼn stel kabels en sy Hyundai Getz.”

Hy het gesê die egpaar het die items verkoop. Hulle het ook sy handtekening op verskeie dokumente vervals in ʼn poging om sy motor aan ʼn staatsgetuie te verkoop. Hulle het ook probeer om die staatsgetuie te oorreed om oor hul identiteit te jok ná hul inhegtenisneming.

Craig se bykomende aanklag van bedrog hou verband daarmee dat hy op 8 Maart 2014 een van die oorledene se tjeks met ʼn vervalste handtekening wou aanbied aan Standard Bank.

Regter Judith Cloete het gesê die staat, wat deur advokaat Bronwen Hendry-Sidaki en adv. Tillette Berry verteenwoordig is, het sy saak bo redelike twyfel bewys. “Die enigste gevolgtrekking wat gemaak kan word, is dat die beskuldigdes doelbewus die oorledene vermoor het, hom van sy eiendom wou beroof en dit vir finansiële gewin wou verkoop en dit gedoen het. Hulle het dit vooraf beplan. Hulle het saamgesweer om die misdade te pleeg en deurgaans saam opgetree.”

Ntabazalila het gesê die egpaar word op 26 Julie gevonnis. Hulle dien reeds elk 15 jaar tronkstraf uit vir die moord op Edwin Obiano wie hulle in Julie 2011 in Observatory vermoor het.

Volgens die klagstaat het die beskuldigdes albei ʼn geskiedenis van ernstige dwelmmisbruik, spesifiek heroïen.

“Die staat sal die hof versoek om hulle lewenslange tronkstraf op te lê,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

revenge is sweet ·

Hoekom wil jy hulle verhoor ? vergeet hulle in die trunk ver altyd

jaco ·

hoekom is hulle nie na die moord in 2011 reeds opgesluit nie?

Wtf ·

En Oscar is nie eers naby so siek soos die mense nie, maar kyk waar sit hy.. vir die Wat nie kan sien ni… LEES DIE DAN WEET JY WAT IS MOORD!!!!!!

Karma ·

Vier skote deur ‘n toe toiletdeur in ‘n klein vertrekkie, waar jy weet iemand skuil, is ook moord, Wtf!

Hasie ·

Ek verstaan nou nie so mooi nie. Die Bonnie en Clyde dien gevangenisstraf uit van 15 jaar vir ‘n moord wat hulle in 2011 gepleeg het, maar hulle woon in ‘n kompleks waar hulle nog ‘n moord pleeg in 2014. Of is dit maar hoe die SA opset werk. Dalk kan iemand meer duidelikheid hieroor gee.

Ongesonde borg ·

Dit is a.g.v. Ongesonde borg, die regter wat dit toegestaan het moet maar weet, hierdie man se dood is ook op jou gewete!

Hasie ·

Dit gebeur soms dat ek my kommentaar lewer, maar die boodskap gaan nie deur nie. Selfs my naam en e-posadres is weg.

Sune van Heerden ·

Dagsê Hasie

Ons kan bevestig dat hierdie kommentaar wel gepubliseer het.
Is jy op 3G of WiFi? Sukkel jy soms om ander webwerwe oop te maak? Jou internetspoed kan moontlik ‘n invloed hê.
Kontak ons gerus by [email protected] sodat ons verder probleemoplossing kan doen.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Marsha ·

Ja, ek verstaan ook nie presies wat aangaan nie.Kan iemand dalk verduidelik- Jy pleeg ‘n moord in 2011, kry 15 jaar tronkstraf en vermoor iemand in 2014. Ek sou dink jy is veronderstel om in die tronk te wees???

Paul ·

Deur een vinnige Google-soektog vir die woorde “Craig and Bridget Smeddle” sal jy dadelik sien hoe dit werk dat hulle in 2011 ‘n moord kon pleeg en in 2014 weer.

Hulle het ‘n moord gepleeg (op ‘n beweerde dwelmhandelaar) in 2011. Hulle het in 2012 daarop onskuldig gepleit en die saak het lank gesloer (soos algemeen in SA) intussen was hulle op borgtog. Tydens die borgtog het hulle die ander man in 2014 vermoor. Hulle is eers in 2015 tot tronkstraf gevonnis vir die moord in 2011, so in 2014 was hulle nog nie in die tronk nie. Eenvoudig.

Theresa B ·

Ja nee Hasie – geen mens verstaan hierdie oefening nie??!! As hulle was waar hulle gehoort het was die opsigter vandag nog lewendig. Ek wil ook graag weet wat het met die arme kind in die foto gebeur?

Tiger ·

Ons hele regstelsel is verrot!Mens sien dit duidelik.Hierdie is een voorbeeld van BAIE waar mense agter tralies hoort na vorige misdade en vonnisse maar wragtag WEER geleendheid kry om verder misdaad te pleeg.Ek verstaan dit glad nie!Hierdie twee moordenaars hoort NOOIT uit die tronk vrygelaat word om weer vry rond te loop in die strate nie!!Sulkes hoort op ‘n plek soos Robben Eiland tot hulle van ouderdom groet.

H Botes ·

Ek wonder ook wat het van die kind geword wat op die foto saam met hulle verskyn . Laat weet as iemand weet die arme kind

Heidi ·

As hulle opgesluit was die eerste keer in 2011, was daar nie nou n onskuldige kind wat onder alles moet ly nie

Naamloos ·

Mense is baie judgemental. 2011 moord was duidelik self verdediging, sy vrou was swinger gedurende daai gebeurtenis, en hy het haar beskerm. Die aanvaller is door. Die Nigerian’s het baie kontak, en het die 2014 moord gepleeg, en hulle laat skulking bly omdat hulle Wil wraak neem, Terry hulle gesien het 1ste saam sou nie geword het nie. Die regstelsel is n klug! En die media erger!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.