Bonusse van R42 miljoen vir SAUK-werkers

saukDie SAUK het bonusse van ongeveer R42 miljoen aan sy personeel en middelvlakbestuur uitbetaal, het die Sunday Times berig.

Volgens die berig is bonusse van R8 000, ná belasting, aan 3 007 werknemers uitbetaal as deel van ʼn loonooreenkoms met vakbonde. Die bonusse is glo ʼn teken van waardering vir die harde werk tydens oudpresident Nelson Mandela se begrafnis en die 2010 Fifa-wêreldbeker.

Kaizer Kganyago, woordvoerder vir die SAUK, het die besluit verdedig en gesê die SAUK het sy geldelike probleme oorkom en kon die bonusse bekostig. “Ek weet nie waarom dit onrusbarend is dat ons personeellede vergoed nie,” het hy gesê.

Kganyago het ook aan die Sunday Times gesê die SAUK het nou R1.2 miljard in die bank.

Hy het dit benadruk dat die bedryfshoof Hlaudi Motsoeneng en raadvoorsitter Zandile Tshabalala nie deel was van hierdie bonusooreenkoms nie. Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, het in Februarie ʼn verslag oor Motsoeneng vrygestel. Hy was in daardie stadium die waarnemende bedryfshoof. Sy het bevind dat sy salaris binne een jaar van R1.5 miljoen na R2.4 miljoen vermeerder het. Hy was ook nie eerlik oor sy kwalifikasies, dat hy matriek geslaag het, nie. Madonsela het voorgestel dat ʼn nuwe bedryfshoof binne 90 dae aangestel moet word. Faith Muthambi, minister van kommunikasiewese, het vroeër vandeesmaand Motsoeneng se permanente aanstelling aangekondig. Sy het gesê hy is deur ʼn regsfirma onskuldig bevind aan enige wangedrag voordat hy permanent aangestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Ek sal nie weer my TV lisensie betaal nie. Die spul het nie n benul van geld nie en gaan binnekort weer bakhand by die regering staan ondanks hul huidige bankbalans.Buitendien misken die sg.SABC my Afrikaanse taal. Die internet gee vir my al die nuus .Klomp termiete wat alles wat ons opgebou het verwoes.

Babs ·

As daar so baie geld is om bonuses uit te betaal dan hoef ons nie meer TV lisensies te hernu. In elk geval nie die geld werd met Afrikaans programme wat afgeskaal word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.