Bonusse vir Vrystaatse munisipale amptenare

Vrystaat, Suid-Afrika deur TUBS (Adobe Illustrator) via Wikimedia Commons

Vrystaat, Suid-Afrika deur TUBS (Adobe Illustrator) via Wikimedia Commons

Die vakbond Solidariteit het hom vandag sterk uitgespreek teen die R7 miljoen se prestasiebonusse wat onlangs aan senior munisipale amptenare in die Vrystaat uitbetaal is. Die vakbond sê dat, in die lig van die swak diens wat munisipaliteite in dié provinsie aan inwoners lewer, is die uitbetaling van die genoemde bonusse ʼn klap in die belastingbetaler se gesig.

Volgens dr. Eugene Brink, senior navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut, is die drinkwater in meer as die helfte van Vrystaatse woongebiede nie geskik vir menslike gebruik nie. Daarby het geen Vrystaatse munisipaliteit in die ouditeur-generaal se laaste munisipale ouditverslag ’n skoon ouditmening ontvang nie. Die Mangaung- (Bloemfontein) plaaslike munisipaliteit, wat die hoogste bedrag (R3 446 358) aan bonusse uitbetaal het, het boonop oor die laaste vyf jaar nie ʼn skoon ouditmening ontvang nie.

“Dit is ʼn skande dat amptenare met belastinggeld beloon word terwyl die meeste van die munisipaliteite nie in die publiek se basiese behoeftes voorsien nie. Die belastingbetaler betaal dus ten duurste vir gebrekkige dienslewering, terwyl die persone wat die dienste moet lewer vir hul onbevoegdheid beloon word,” verduidelik Brink.

In ’n onlangse verslag wys die ouditeur generaal onder meer uit dat 73% van diegene in sleutelposisies by munisipaliteite in die Vrystaat nie oor geskikte vaardighede beskik nie. Die verslag wys ook op die hoë voorkoms van ongemagtigde, onreëlmatige en vrugtelose besteding wat by Vrystaatse munisipaliteite plaasvind en wat op moontlike bedrog in die provinsie dui.

Solidariteit stel eersdaags sy leefbaarheidsmonitor vir die Vrystaat bekend. Die verslag bevat volledige navorsing oor die vlak van dienslewering deur munisipaliteite in dié provinsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

George ·

Solidariteit, ek haal my hoed vir julle af. Julle maak minstens julle rûe styf en bied weerstand. Die res van ons staan verslae en toekyk wat gebeur. Daar is nog steeds mense wat glo alles sal vanself regkom.

ig ·

Goed George,Wat kan ons doen behalwe om ons stemme te laat tel?Moet ons ook begin toi toi en die res van ons infrastruktuur afbrand?Dit is hoekom ek aan Solidariteit maandeliks skenkings maak want hulle het kundiges wat die Olifant stukkie vir stukkie eet.

CHRISTA ·

Hulle loop in hulle staatsleier se voetspore!!! Ek kan net nie verstaan hoekom hulle aanhangers alles so sluk nie!! Hulle reël gedurig opstande vir die geringste dingetjie – laat hulle nou hulle monde oopmaak teen hierdie klomp kleptomane!!!

neelsie ·

Anc het n sampioen beleid ……hou hulle in die donker en voer hulle perdemis.
Die oningeligte massas sal eendag wakker word …wat dan?
Is ons op pad na n Egipte?

scalla ·

Hulle verdien reeds bo gemiddelde salarisse, op grond van wat moet hul bonusse kry, beslis nie vir prestasie nie.

Louise ·

Hoe kan ‘n land wat feitlik bankrot is nog bonusse betaal en dan nog vir die departemente wat nog die swakste is ook soos eskom en die munisipaliteite?

Louise ·

Hoe kan ‘n land wat feitlik bankrot is nog bonusse betaal en dan nog vir die departemente wat nog die swakste is ook soos eskom en die munisipaliteite? Hulle behoort beboet te word in plaas van bonusse kry!

Lappop ·

Hoekom verbaas dit nog enige een? Onthou die kalenders wat ons jare gelede gekry het? Daarop was sjimpansees aangetrek soos ‘n dokter,’n ingenieur of ‘n kok byvoorbeeld. Dit het hulle nie dokters, ingenieurs of kokke nie gemaak nie. Al dra hy ‘n Armani pak klere met ‘n sy das en duur leerskoene en ry ‘nR600 000 duitse motor, maak dit hom nie
bekwaam om met miljoene van ons belastinggeld te werk nie, of ‘n land te regeer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.