‘Boodskappe en omgee dra ons’ sê Naka se vrou

Naka en sy vrou Marzanne

Naka Drotské se vrou sê hy kan alles onthou van Donderdagaand se voorval waartydens hy drie keer geskiet is op ʼn kleinhoewe in Kameeldrift-Oos, noord van Pretoria.

Marzanne Drotské het aan Maroela Media gesê sy is tans by Naka, die oud-Springbok-haker en Cheetah-afrigter, in die hospitaal en dat sy toestand stabiel is.

Die polisie het intussen twee verdagtes vir ondervraging ingeneem in verband met die voorval, het genl.maj. André Wiese, gebiedsbevelvoerder van die polisie in Tshwane-Oos, aan Maroela Media bevestig.

Volgens Marzanne sal Naka ʼn operasie aan sy arm moet ondergaan maar sal dit na verwagting nie voor Donderdag gedoen kan word nie. “Hulle moet eers [die] septisemie stabiliseer aangesien sy dunderm in sy buik in gelek het.”

Naka is in sy regterarm, regterbors en in sy maag geskiet. “Hy het pyn, so hy slaap die meeste van die tyd, maar hy onthou wat gebeur het.”

Volgens Marzanne het Naka gister sy seuns Johannesburg toe gebring en het die seuns gisteraand Amerika toe gevlieg om vir die vakansie by hul ma te gaan kuier.

Die toneel waar Drotske hulle oorval is. Foto: Mia Spies/eNuus

Naka en sy vriend, Os du Randt, het by Naka se broer, Tinus, en dié se vriendin op hul kleinhoewe gekuier toe die voorval plaasgevind het. Marzanne en die egpaar se dogters was in Bloemfontein waar die gesin woon.

Ian Cameron, AfriForum se nasionale hoof van gemeenskapsveiligheid, was Vrydagoggend op die toneel waar die voorval gebeur het.

“Naka, Os du Randt, Tinus en sy vriendin [Nadia Duvenage Jooste] het glo hier op die kleinhoewe gebraai. Hulle was net besig om al die deure toe te sluit vir die aand toe die aanvallers toegeslaan het,” het Cameron vroeër gesê.

Kapt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê minstens drie onbekende aanvallers het omstreeks 22:00 toegeslaan. “’n Struweling het ontstaan en [Drotské] is geskiet.”

Sake van poging tot moord en poging tot roof word ondersoek. Niemand anders is tydens die voorval beseer nie.

Marzanne het gesê almal se boodskappe en omgee dra hulle deur hierdie moeilike tyd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

James ·

Naka en Os moet nou wêreldwyd met mense praat oor wat gebeur het.

Johan H. ·

Wil nie n nat handoek wees nie, Maar hang af in watter hospitaal hy is en wie verpleeg hom!!!!! Pasop vir septesisme,, Het in die afgelope 2 jaar 3 vriende hieraan verloor!

Michael ·

Oosie as jy nie verstaan wat James se nie is jy maar bra stupid!!!!!

Dirk ·

Hulle moet “like” knoppies by die kommentare bysit. Dan hoef ek nie self kommentare te lewer nie.

Janneman ·

Ek is oortuig daar is nie n wil by die ANC regering om misdaad vas te vat nie. Daar is hopeloos te veel onwettige vuurwapens in misdadigers se hande – wat ook hulle ondersteuners is.
Ons voormalige veiligheidsmagte sou ontplooi word deur tot deur om die skurke to ontwapen. Dan wonder die swape hoekom ons junk status bereik het en hulle kinders honger lei?

Saarkie ·

Daar was al talle “voorvalle” in die Kameeldrift area. Ek sou liefs nie daar wou woon, of op een van die kleinhoewes wou oornag nie… Ek is ook bekommerd oor Naka. Septisisme is ñ baie ernstige kondisie & het al baie lewens geëis… Mag die Vader Sý hand oor Naka hou, sodat hy spoedig sal herstel… Dink net watse skok dit vir sy kinders moes wees…

Schalk ·

Wel mense die regering gee al vir24 jaar nie om dat krag die hartklop is van die ekonomie en miljoene hongerly nie so wat gee hul om vir lewens.Alle staatsbeheerde bates soos SAL,praza ens is bankrot,of toegemaak soos bosbou Ons weet daar is nie integriteit nie.Vat hul beskerming deur lyfwagte weg dan sal jy sien hoe vinnig veiligheid verander.As trolle nie toegesluit en verwyder word uit samekewing gaan dit so.WAT N SKANDE EN VERSKONING HET SA VIR N REGERING.Nou het ons al 13 chinese polisie stasies in die land.Wat n mooi land maar siek tot in sy siel agv van onbevoegdheid askuus nie kapsiteit.Naka ou maat as hulle minder ingemeng het in sport en verantwoording sou doen. vir hul onbevoegdheid sou dit beter gaan.

Herman P ·

Kameeldrift in een van die top hoe risiko areas vir misdaad en roof. Jy kan nie sonder jou wapen braai nie – ongelukkig

Sarel ·

Weet die een sal weer nie geplaas word nie maar probeer maar weer!!!
Regering wil misdaad nie uitroei nie, eerstens is dit n geweldige finansieele inkomste deur heffing van BTW en tweedens is die privaat veiligheid bedryf n groot werkskepper.
Misdaad het n hele industrie op die been gebring.
Poog en kry Agri SA en Unisa se misdaad inligting stuk , binne slegs die boerdery omgewing beloop spandering tov aankoop en installering van van veiligheid toerusting n astronomiese R1700 milj .

BR ·

Ramaposa is n fake(oneg) en groot slapgat. Kan niks doen nie. Daarom gaan dit
net slegter en slegter.

Gert snr ·

Goeie huishouding word gemeet deur behoorlike beplanning en effektiewe bestuur. Solank die KULTUUR van BINNEBESTUUR deur die ANC voorgehou word, sal die REGERINGSBESTUUR nie plaasvind nie. Die manne het soveel GERAAMTES dat optrede nie geskied nie. kOMMISSIES VAN ONDERSOEKEN ONEINDIGE DRALENDE NIE AFHANDELING VAN UITKOMSTSTE VAN ONDERSOEKE EN HOFSAKE. Die vraag is dus waarheen lei hierdie dubbel bestuurstelsel. NIEMAND BAAT HIERBY NIE. Chaos en totale verval van waardes en integriteit. EK HEB GESEGT.

Marianne ·

Dis ‘n verskriklike en angswekkende situasie. Die manne het rustig tuis verkeer… Ons bid Naka spoedige herstel toe, sterkte aan sy familie en vriende.

Con Dompi ·

10 dood en 15 beseer die afgelope 24 uur. (RSG nuus). Sê dít vir die ANC, EFF en BLF. Vir elke aanval of moord op ‘n wit persoon, gaan 5 – 10 swart mense dood op ons paaie. “You live by the sword, you die by the sword”.

christa ·

Sterkte Julle Ons Leef In moeilike Tye >AL WAT ONS AS SUID AFRIKAANERS Kan Doen is Om TE BID STERK Staan In Geloof Dink AAn Julle

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.