Boodskappe oor vermiste Bloem-meisie (12) onwaar

Tlotliso en haar ma, Nthabiseng. foto: Verskaf.

Die polisie in die Vrystaat het ʼn ernstige beroep gedoen op sosialemediagebruikers om nie meer ʼn boodskap dat Tlotliso Mokapane (12) van Bloemfontein opgespoor is aan te stuur nie aangesien dit nie waar is nie.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het Saterdagoggend aan Maroela Media bevestig dat Tlotliso nog nie opgespoor is nie. “Ons ondersoek duur voort en ons volg alle leidrade op.”

Tlotliso is Disdagmiddag as vermis aangemeld deur haar ma Nthabiseng Mokapane. “Ntabiseng het vir Tlotliso alleen by die huis gelaat in Extonweg in Hilton, soos sy gewoonlik doen tydens skoolvakansies wanneer sy moet gaan werk,” het Mbambo gesê.

Volgens Mbambo was Tlotliso nie tuis toe Ntabiseng terugkeer van die werk af nie en is daar slegs ʼn selfoon en huissleutels langs die deur aangetref.

Tlotliso Makopane. Foto: Facebook.

“Die ma het rondgevra by die ander huurders maar kon nie antwoorde kry nie.” Die polisie is toe in kennis gestel.

Sy is laaste gesien met ʼn pers baadjie, stewels en ʼn swart spanbroek.

Genl.maj. Jones Qobosheane, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het gesê die polisie doen ʼn beroep op mense om op te hou om die “ongegronde boodskappe wat nie net onsensitief is teenoor die familie is nie, maar ook skade aan die voortslepende ondersoek doen” rond te stuur.

Enigiemand met inligting oor Tlotliso kan kapt. Kobedi, bevelvoerder van die Navalsig-speurtak, by 082 467 6348 bel. Die stasiebevelvoerder, lt.kol. Leshodi, kan ook by 082 465 6040 gebel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

MM...? ·

…ek verstaan nie lekker horkom daar vir Sosiale Media verbruikers gevra word om op te hou gerugte te versprei nie…. MAROELA MEDIA hwt dan berig dat sie kind gevind is. MET n foto en verduideliking!
Nou wat moet ons nou glo?
Is die arme kind nog weg of nie?

MM – ek maak staat op JULLE begite aangesien ek NIKS op FB vertrou nie – nou lyk dit julle inligting is ook nie altyd gegrond op feite nie..?

Landi Slatter ·

Dagsê MM

Dankie vir jou navraag. Tlotliso was steeds vermis teen die tyd wat die berig geplaas is dat die publiek gevra is om asseblief nie meer daardie boodskap rond te stuur nie, die boodskap het vroeër reeds begin sirkuleer. Kort daarná het kol. Thandi Mbabmbo, woordvoerder van die polisie, Maroela Media in kennis gestel dat Tlotliso pás veilig aangetref is by ‘n familielid en ons het ‘n opvolg gedoen. Die tydsberekening was bloot toevallig. Ons vra om verskoning vir enige verwarring.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.