Boom val man dood

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Man is Saterdag dood toe ʼn boom op sy motor geval het in Westville, Durban.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die man het in sy Peugeot in Essex Terrace gery toe ʼn groot boom op sy motor geval het.

Volgens Vermaak was daar glo mense langs die pad wat besig was om die bome af te sny toe die voorval plaasgevind het.

Vermaak het gesê met paramedici se aankoms op die toneel was die man in sy motor vasgekeer. Hy is op die toneel dood verklaar. “Die polisie is na die toneel ontbied en ondersoek die saak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Wat ek lees is ontstellend en onverskoonbaar. Dit grens baie naby aan moord maar is beslis ‘n ernstige misdaad wat voorkom kon gewees het. Sterkte aan die familie.

anon ·

in die eerste plek vir wat sny hul bome af hul moet mos n gevaar bordjie of iemand met n rooi flag daar laat staan nou is dit n onskuldige persoon wat oorlede is rus in vrede

Dee ·

Wat sal ‘n ‘gevaar’ bordjie help op ‘n pad waar karre ry?
Mense wat bome vel behoort beheer te hê daaroor en hulle behoort dus presiès te weet waar daardie boom gaan val en daardie plek moet voorberei wees daarvoor. Dit is waarskynlik kontrakteurs wat gehuur is deur Ethekweni sonder dat daar seker gemaak is dat hulle bevoeg is om die betrokke werk te doen.

Jaco Grobler ·

Ek het al dopgehou hoe daar gewerk word in Pretoria se landelike gebiede waar daar langs paaie skoongemaak word, en ook al gepraat met die werkers en hulle spanleiers. Die mense het nie ‘n idee hoe om ‘n boom of tak veilig te sny nie. Hulle is ook nie reg toegerus nie, en het geen idee van watter tipe plante inheems, ‘n indringer of ‘n beskermde spesie is nie. My raad sal wees om baie versigtig te wees waar sulke werk plaasvind.

m ·

Seker weer een of ander BBEEE company wat nie van beter weet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.