Boorder sterf by Anglo-myn

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Rotsbooroperateur is vandeesweek by AngloGold Ashanti se TauTona-myn in die Carletonville-omgewing in Gauteng dood.

Die mynmaatskappy het laat Woensdagaand in ʼn verklaring die aankondiging gemaak.

“ʼn  Rotsbooroperateur is noodlottig beseer ná ʼn grondstorting Maandag by die myn,” het AngloGold gesê. “Die departement van minerale hulpbronne is van die voorval in kennis gestel en ʼn ondersoek is reeds afgehandel.”

Die mynbestuur het sommige bedrywighede by die myn opgeskort totdat veilige werkstoestande bevestig kan word.

Die maatskappy het sy medelye aan die werker se familie, vriende en kollegas betuig en onderneem om die familie by te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.