Boormasjien breek by Lily-myn

'n Lugfoto van die ineenstorting op 5 Februarie 2016 van Vantage Goldfields se Lily-myn. Foto: JacarandaFM via Mpumalanga EMS

‘n Lugfoto van die ineenstorting op 5 Februarie 2016 van Vantage Goldfields se Lily-myn. Foto: JacarandaFM via Mpumalanga EMS

ʼn Boormasjien wat tans gebruik word om ʼn ontsnappingsroete te boor vir reddingswerkers by Lily-myn om by drie werknemers uit te kom wat ondergrond vasgekeer is, het gebreek kort nadat dit in gebruik geneem is.

“Die boor het Saterdag gebreek,” het Coetzee Zietsman, woordvoerder vir Lily-myn, telefonies gesê. “Die span het Sondag die hele dag lank probeer om dit te herstel, maar hul pogings was teen Sondagaand nog tevergeefs. Hulle werk nog steeds daaraan. Sodra die masjien weer werk, sal die boorwerk hervat.”

Dit was Sondag die sestiende dag sedert Yvonne Mnisi, Pretty Mabuza en Solomon Nyarenda ondergrond by die myn in Barberton, Mpumalanga, vasgekeer is.

Mike McChesney, uitvoerende hoof van Vantage Goldfields (wat Lily-myn besit), het Woensdag gesê dit kan tot twee weke duur voor die reddingspoging kan hervat. Geologiese kenners het aangeraai dat die reddingspoging slegs kan hervat indien daar ʼn ontsnappingsroete vir reddingsbeamptes geboor word.

Die boorpunt is van mynredding bekom – dit is soortgelyk aan die eenheid wat ʼn paar jaar gelede gebruik is toe mynwerkers in Chili vasgekeer was.

Die boor moet ʼn gat van ongeveer 80 meter diep boor.

Die myn bly gesluit en die reddingspoging is tydelik opgeskort ná twee ineenstortings by die sinkgat waar die drie werkers vaskeer is. Hulle is op 5 Februarie ondergrond vasgekeer toe die houer waarin hulle gewerk het, in ʼn sinkgat beland het toe ʼn kroonpilaar meegegee het. Groot klippe het bo-op die houer geval. Altesaam 76 ander werkers is ná die ineenstorting gered.

Lees alle vorige berigte oor die Lily-myn op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Zbc ·

Hartseer dat daardie mense so aaklig tot hul einde moes kom (hul kan sekerlik mos nie meer leef nie??), maar net die feit dat die boormasjien ook nou gebreek het, is tog ‘n teken dat daardie gat verdoem is. Sterkte aan die familie wat nou moet afsluiting kry…….

DPJ ·

Alles gebeer met ‘n doel al kan ons dit nie verstaan nie.
Dankie vir die myn bestuur dat hulle alles binne hul vermoë doen ob die mense te red!

Berhalet Beukes ·

Ai, ‘n mens voel so inniglik dat mynwerkers so ‘n gevaarlike bestaan moet maak.

Wat-ek-lees ·

Dit is waar dat die bewys(e) van oorlye volkome afsluiting gee MAAR indien jy by mynbou betrokke is/was dan is dit onregverdig om nog lewens in gevaar te stel. Hierdie sal ‘n reuse- en gevaarlike taak wees. Doen die nodige soos by ‘n begrafnis en rig ‘n monumentjie op ter nagedagtenis.

Dee ·

Natuurlik weet ek nie wat jy geskryf het nie Tina, maar hulle is so deurmekaar, ek het kommentaar gelewer by ‘n ander berig en dit is nie geplaas nie. Later het iemand anders dieselfde geskryf en selfs miskien ietwat rowwer, en dìt is geplaas. Vreemd hoe hul koppe werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.