Boosdoeners ‘brand skool af, steel kospakkies’

(Argieffoto: Verskaf)

Die polisie het ʼn klopjag in Malamulele van stapel gestuur nadat ʼn onbekende aantal verdagtes na bewering kospakkies uit ʼn skool in Limpopo gesteel en toe die skool afgebrand het.

Lt.kol. Mamphaswa Seabi, polisiewoordvoerder, sê polisielede het Woensdagaand die gebied gepatrolleer toe hulle vlamme by Malamulele Hoërskool gewaar het.

“Hulle het na die skool toe gehardloop en gesien dat dit aan die brand is. Hulle het die brandweer ontbied terwyl hulle toegang tot die skoolterrein probeer verkry het,” sê Seabi.

Die skoolhekke was gesluit, maar die polisie het daarin geslaag om die slotte te breek en toegang tot die perseel te verkry.

“Die personeelkamer, waar al die skryfbehoeftes, skootrekenaars, drukmasjiene en ander toerusting gebêre word, was reeds aan die brand.”

Ná verdere ondersoek het die beamptes ook vasgestel dat daar by een van die klaskamers waar die skool die kos vir sy voedingskema berg, ingebreek is. Die meeste kospakkies was skoonveld en die res is op die perseel rondgestrooi.

“ʼn Gat is in die skool se draadheining opgespoor en langsaan was ʼn paar kospakkies wat deur die verdagtes laat val is,” sê Seabi.

Die verdagtes is steeds op vrye voet, maar ʼn soektog is intussen na hulle van stapel gestuur.

Dit is nog nie duidelik wat die omvang van die skade en die algehele waarde van die beskadigde toerusting is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johann ·

So hou die massas ongeskoolde grant afhanklikes NOG n generasie ongeskoold en grant afhanklik.

Christine ·

‘n Gewete is iets wat slegs goeie opgevoede mense besit.

Wondermaarnet ·

“I want, I want” maar dan kry hulle iets en word dit geplunder of afgebrand.

Winnie ·

Ai tog geen respek vir daai honger kinders wat dalk die enigste ete vir die dag sou kry. Wat ‘n skande

Blomme ·

Maak mens bekommerd.. Verlore generasie sonder ń visie vir die toekoms.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.