Boot op sleepwa tref jong man op land

‘n Foto van die toneel: Foto: Verskaf

ʼn Man in sy 20’s is Sondag beseer toe hy deur ʼn wegholsleepwa met ʼn boot daarop langs ʼn pad in die Wes-Kaap getref is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het in Tygervalleiweg in Richwood plaasgevind.

“Die sleepwa het na bewering van die bakkie wat dit gesleep het losgekom. Die sleepwa was buite beheer en het die pad verlaat. Die jong man het langs die pad gestap en is getref en omgestamp,” het Meiring gesê.

Paramedici van ER24 en Life Healthcare is na die toneel ontbied. “Die man het langs die pad gelê toe paramedici daar opdaag. Die sleepwa met die boot daarop het ʼn kort afstand van hom af stilgestaan.”

Die man het beserings aan sy arm opgedoen. Hy is op die toneel behandel en pynmedikasie toegedien.

Die man is na die Karl Bremer-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

...duiwel is los... ·

…..goeie genade… snaakste vsn ongeluke laaste ruk.
Duiwel is wratie waar los..

Wicus Nienaber ·

Ek het n voeltjie hoor fluit so 5 jaar gelede dat die vervaardigers van die sleepwa en karavaan sleephakke, veral die met drukremme, het vir meer as 3 jaar nadat hulle begin staal penne van Mittal ipv Yskor kry het, blykbaar penne met n te klein diameter ontvang. (52 mikrometer te klein). Dit beteken die druk sweislaste gaan makliker loswerk. So verwag dat veelvuldige soortgelyke ongelukke gaan begin plaasvind. Sal begin met sleepwaens wat hard werk nl boot-, perdesleepwaens en viertrek karavane.
Kyk asb of jy nie dalk reeds jou sleepwa trek teen die nood sluitpen nie. Ek het reeds 5 van my vriende se sleephakke uitgewys met presies die probleem.

Vrikie ·

Absoluut nalatig, daar moet ‘n veligheidsketting om die bal van die sleepstang wees

Willa ·

Dis nie altyd nataligheid nie. Daar kan n moontlikheid bestaan dat die veiligheidsknip geroes of geslyt was en moontlik met n omstandigheid in die pad, afgehaak het. n Ketting met daai gewig mag moontlik die trekvoertuig omgooi. Dit kan gebeur

Nalatig ·

Veiligheidsknip geroes of geslyt beteken nalatigheid, geen verskoning!! Sleepwa moet ook met genoeg gewig vorentoe leun op die trekstang om die veiligheidsketting effektief te maak.

Danie ·

Dit kan ook wees dat die sleepwa (omdat dit wyer is) ‘n diep (self vlak een kan dit veroorsaak) slaggat getref het (en die voertuig dalk nie) en dat die geweld van impak beide die veiligheidsknip en die ketting afgeruk het. Of dat dit dalk die hele hak afgeruk het. Sal moet wag om die uitslag van die ondersoek om verseker te weet.

Bietjie bietjie ·

Die ou met nalatig as naam het klaar besluit …
Hoe op aarde weet nalatig wat verseker gebeur het ?
Nalatig doen natuurlik altyd die regte ding sonder enige fout en het ook terselfdetyd bonatuurlike vermoë om situasies op te som en te ontleed sonder enige ondersoek !
Hey nalatig
Gee kans vir die ondersoek voor jy besluit

Haan ·

Daar moet ten minste n massa van 30kg op die hak wees as mens hom daaraan optel. Dit beteken die waentjie se massamiddelpunt is vóór sy as en níe agter die as nie. As hy agter die as van die waentjie is gaan die ding begin resoneer en soos n vlag agter die kar begin wapper.

Scalla ·

Die voetganger moes net die tou gegryp het dan het hy gratis geski op droe grond, sou verseker in die rekord boeke aangeteken word.

marous ·

Dit lyk soos ‘n plaas pad …of ‘n openbare pad in Limpopo.

Jeannette ·

Sjoe, maar hier is weer ‘n klomp slimmes en kenners op die gebied van woonwa/sleepwa koppeling/sleep hier bo aan die gang! Niemand weet wat regtig gebeur het nie en ons kan net dankbaar wees dat die arme man nie sy lewe verloor het nie. Sjoe, wat ‘n storie sou dit wees om onder jou pelle te vertel – jy is deur ‘n boot getref op droë land, myle van van die naaste see of dam af!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.