Boot, sleepwa verdwyn uit Baaise erf

Die Ocean Wave is verlede week uit ‘n erf in Somerstrand, Gqeberha, gesteel. (Foto: Verskaf)

Die polisie in die Oos-Kaap is op soek na ’n 8,2 meter lange boot wat glo verlede week uit ’n woonbuurt in Gqeberha (Port Elizabeth) gesteel is.

Die eienaar van die blou en wit boot met die naam Ocean Wave het Dinsdag omstreeks 16:00 nog sy boot op sy sleepwa agter slot en grendel op sy erf in Somerstrand sien staan. Teen Woensdag was daar geen teken van die boot of sleepwa nie.

Kapt. Sandra Janse Van Rensburg, woordvoerder van die polisie, sê die diewe het die hek se slot geknip om toegang tot die erf te kry.

Die polisie vra nou die publiek se hulp om die Ocean Wave op te spoor.

Enigiemand met inligting word versoek om ao. Jaco Botes by 071 671 1243 of die Stop Misdaad- nommer by 08 600 10111 te skakel.Die 8,2 meter lange boot het agter ‘n geslote hek gestaan toe dit oornag voete gekry het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Perdeby ·

Iemand was kwaad vir die eienaar of hulle het net die sleepwa gesoek.

Harley Davidson ·

Dit lyk of die polisie die oorlog verloor teen misdaad in die hele land want die kriminele raak meer en meer waaghalsig.

JohanR ·

Bheki Cele het hom gegaps sodat hy nou strand toe kan ry, en nie meer hoef te loop nie van daar bo by die trappe by Clifton. Sit vir die boot ‘n blou lig aan, en dan kan die mense op die strand sien Cele kom aan…..

Nie Verbaas ·

Hulle het besef dat hierdie boot maklik opgespoor gaan word as dit gebruik sou word.

JanSt ·

My eerste gedagte was dat hierdie ‘n “use once” geval is of vir dwelms of perlemoen stropers

Harley Davidson ·

Nie perlemoen nie die polisie spandeer all hulle hulpbronne om perlemoen diewe te vang vir obvios reasons natuurlik.

Swerwer ·

Terwyl die ANC op hul louere rus, gaan die land tot niet en hul gee nie ‘n duit om nie. Hoe moet mens ooit respek betoon.

Blomme ·

Wanneer wil die skurke ń slag die Ministers met hul swaar sekuriteit en lyfwagte target? Dan sal daai onbevoegdes seker begin besef die land het ń helse probleem. Hulle op ń eiland van hul eie moet bewus gemaak word wat die gewone man deurmaak.

Blikkies ·

As daai boot jou brood en botter was, is dit n groot Gatslag en jammerte. Maar, daar kan waarskeinlik ander redes en mense wees…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.