Bootbestuurder steeds soek ná ongeluk

(Argieffoto: NSRI)

Die soektog na die man wat vermis geraak het nadat twee skibote Sondagaand digby die hawe in Houtbaai in die Wes-Kaap gebots het, duur voort. Hy was die bestuurder van een van die bote.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NVG), het Dinsdagoggend bevestig dat die man, vermoedelik in sy 30’s, nog nie gevind is nie.

“Die polisie se duikeenheid gaan Dinsdag voort met die uitgebreide soektog na die vermiste man,” sê Lambinon.

Die NSRI se lede van die Houtbaai-basis en die polisie se duikeenheid soek al sedert Sondagaand onverpoos na die man.

Maroela Media het vroeër berig lede van die NSRI se Houtbaai- en Kommetjiebasis asook die polisie en verskeie ambulansdienste is Sondag om 19:47 na die hawe in Houtbaai ontbied. Met hul aankoms op die toneel, is bevind dat twee bote teen mekaar gebots het.

Dit blyk dat die vier bemanningslede van die een boot en die twee bemanningslede van die ander boot tydens die ongeluk oorboord geval het. Die vermiste man het in die proses spoorloos verdwyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Francois Le Cochon ·

Is dit die bestuurder (manager), of stuurman, skipper, kaptein of loods?

Hein ·

Ai tog Maroela. Dit is ‘n Skipper of stuurman of Kaptein. n boot bestuurder is heeltemal iets anders.

Megan Swart ·

Dagsê Hein
Dankie vir jou kommentaar. Omdat ‘n skiboot kleiner is as ‘n gewone vaartuig, gebruik ons die woord ‘bestuurder’ eerder as ‘kaptein’ of ‘skipper’.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Francois Le Cochon ·

Om ‘n skiboot te “bestuur” het jy ‘n skippers lisensie nodig, om as ‘n skipper te funksioneer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.