Bootdrama haal ‘wind uit die seile’ van akteur, skrywer

Johan Bakkes, Martelize Brink en Gerrie Pretorius (Foto: Facebook)

Johan Bakkes, Martelize Brink en Gerrie Pretorius (Foto: Facebook)

Die bekende sanger Gerrie Pretorius en die skrywer Johan Bakkes se reis na die Tristan da Cunha-eilande in die Atlantiese Oseaan is Dinsdag tydelik in die wiele gery nadat hul “ondersteuningsboot”, Trekker II, aan die Cape2Rio-vaart onttrek is.

Pretorius en Bakkes het die reis na die Atlantiese Oseaan verlede week onderneem as deel van opnames vir die kykNET-program Leef jou reis met Gerrie Pretorius. Die hoofeiland is piepklein met ʼn bevolking van minder as 400, en die idee was om te sien hoe mense daar ʼn bestaan voer.

Trekker II, ʼn seiljag wat deur die Suid-Afrikaanse Vloot gebou is, het Dinsdag meganiese probleme begin gee en water het die seiljag binnegedring.

Dié meganiese en lekprobleme het egter veroorsaak dat Trekker II Dinsdag aan die Cape2Rio-seiljag-wedvaart onttrek moes word. Al agt bemanningslede aan boord is ongedeerd.

Dié gebeure het egter daartoe gelei dat planne om na die Tristan da Cunha-eilande te reis tydelik onderbreek word omdat die reis nie kan voortgaan sonder ʼn ondersteuningsboot nie. Pretorius en Bakkes is in dié stadium op St. Helena en dié reis, wat in dieselfde tyd as die Cape2Rio plaasvind, het verseker dat Trekker II as ondersteuningsboot kan dien.

Trekker II, oftewel Voortrekker II, het sy Cape2Rio-debuut in 1982 gemaak. Dié seiljag-wedvaart strek oor die langste afstand in sy soort in die Suidelike Halfrond – ongeveer 3 500 seemyl. Lande soos Duitsland, die VSA, Australië en Angola neem ook aan vanjaar se vaart deel.

Die Wow- en Dark Matter-seiljag is ook aan dié vaart ontrek weens meganiese probleme.

Suzaan Keyter, kykNET-mediawoordvoerder, sê die span verwag om teen 9 Januarie te weet of die tweede been van die reis voortgesit kan word.

Die program sou na verwagting in Junie op die kassie te sien wees.

Die reis kan gevolg word op die Cape2Rio-webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Basson ·

Vroeer ook bekend as die VOOTREKKER II as ek reg onthou?

(Wonder hoekom naam verander is…)

Landi Slatter ·

Dagsê SP

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die foto is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Muriel ·

Die Johan op die foto is Johan Rademan en nie Johan Bakkes nie.

Landi Slatter ·

Dagsê Muriel,

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die foto is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

zoom zoom ·

Verstaan ek reg dat die SA Vloot die boot gebou het???. Waar het die fondse vandaan gekom om dit te doen. Is die SA Vloot ‘n BBBEEE besigheid. Iets nie lekker met die skip

Paul ·

Dis in die vroeë 1980s gebou, maar dan was dit mos ‘n projek van trots, nie korrupsie en wanbesteding nie, nê?

W ·

Maroela M, julle bedoel seker Bertie Reed het dit al vantevore gestuur?

Landi Slatter ·

Dagsê W

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Anita Meyer ·

Ek weet nie waarom hulle so n omslagtige reisprogram gekies het nie. So ver ek weet vertrek daar elke 2 of3 weke n posboot uit die Kaap met vooraad en pos na Tristan. Kon hulle nie gereel het om met dié te gaan nie?

Alida ·

SA Vloot het ook sy trots verloor soos alles in die nuwe SA.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.