Booysens-geweld: Man oorlede

stephan-harris

Stephan Harris (28), ʼn verstandelik gestremde man, wat tydens die onderonsie beseer is, het Maandagoggend aan sy beserings beswyk. Foto: Marthinus Harris/Facebook.

Die geweld, wat ongeveer twee weke gelede in Bremerstraat in Booysens, in die weste van Pretoria, uitgebreek het, het ʼn tragiese wending geneem.

Stephan Harris (28), ʼn verstandelik gestremde man, wat tydens die onderonsie beseer is, het Maandagoggend aan sy beserings beswyk. Harris is op die aand van 27 Januarie in ʼn kritieke toestand in die Kalafong-hospitaal opgeneem, nadat hy ernstige skedelbreuk opgedoen het.

Volgens ʼn familievriend, Manie Hough, is hy agt keer op sy kop geslaan, met iets wat soos ʼn panga of byl gelyk het. Harris is ook op asemhalingsondersteuning geplaas, omdat hy longtrauma opgedoen het.

Dit het verlede week begin beter gaan met Harris. Hy is van die asemhalingsondersteuningsmasjien afgehaal, sodat hy self kon asemhaal en na ʼn private saal in die hospitaal geskuif. Hy het egter vroeg Maandagoggend ʼn terugslag gehad en is om 08:30 breindood verklaar, waarna dokters hom teen 11:00 van die lewensondersteunende masjiene afgehaal en dood verklaar het.

“Dit eet my op! As ek geweet het hy was in daardie gepeupel sou ek hom daar gaan uithaal het. Ek het hulle van agter af gestaan en dophou, maar nie besef hy is tussen hulle nie. Hy is net te maklik beïnvloedbaar,” het ʼn ontstelde Hough gesê.

Hough, ʼn vragmotorbestuurder en Dorris Bates was Harris se voogde. “Ons het hom sowat ʼn jaar gelede letterlik van die straat opgetel en kyk wat het ons nou oor man!

“Hy was ʼn goeie mens. Hy’t ons altyd laat lag en het altyd ʼn ou grappie gemaak,” het Hough gesê. Hy sê hulle grootste uitdaging is om nou om genoeg geld vir Harris se begrafnis bymekaar te skraap.

“Nadat ek van sy mediese koste betaal het, het ons net R500 oor. Ek is ʼn vragmotorbestuurder man, ek sal betaal wat ek moet, maar ek weet nie waar die res van die geld vandaan gaan kom nie. Maar ek is seker die Here sal voorsien. Ag die kind was ʼn goeie mens… die Here sal voorsien man,” het ʼn ontstelde Hough gesê.

Inwoners van Booysens het slaags geraak nadat plakkershutte langs ʼn informele nedersetting in Bremerstraat opgerig is. Die mense wat die hutte opgerig het, is verlede week van Jeffsville, ʼn informele nedersetting naby Atteridgeville, verskuif, toe plakkershutte in die gebied in ʼn sinkgat verdwyn het.

Die inwoners van Booysens wou verhoed dat nog strukture op die grond opgerig word en ʼn skermutseling het tussen die groepe uitgebreek, waartydens agt mense beseer is. Die Tshwane-metroraad het die betrokke partye glo nie betyds van hul besluit, om die mense na die grond te skuif ingelig nie, maar intussen is planne gemaak om die 11 gesinne na ʼn ander stuk grond te verskuif.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

BETAAL TSHWANE ·

TSHWANE METRORAAD MOET SY HOSPITAALONKOSTE EN SY BEGRAFNIS BETAAL, VERGOED DIE FAMILIE WIE JULLE HIERDIE LEED aangedoen het het omdat julle nie die inwoners betyds in kennis gestel het nie.~!! Dis nou te laat vir hierdie man, maar vergoed die mense wat vir hom gesorg het. Dit is GEENSINS ‘n verskoning nie, dit maak dit net makliker vir hulle.

Anna ·

Tshwane Skuld niemand niks, Enige normale mens met n verstand sal nie optree soos die inwoners opgetree het nie. Nou is n man wat nie van normale denke was nie dood deur mense se lus vir geweld. Well done almal van julle wat so vinnig gespring het om te gaan moeilikheid veroorsaak, die man se bloed is op jul hande, nie Tshwane sin nie!

Koos1 ·

Eish Anna. As jy die geskiedenis van die storie ken, sal jy miskien ‘n ander oordeel hê, maar wag ek vertel jou. Plakkers is gedump op ‘n stuk grond sowat 12 jaar terug. Dit was sowat 10 gesinne en dit was tydelik. Wel hulle kamp groei en groei, sonder enige dienste (waar kry die inwoners water ens???). Die kamp brand af en hulle KRY containers en dienste sowat 6 jaar terug. O ja tot dusver is alles gratis. Hulle gooi klip en brand bande en daar word na hulle geluister. en hulle kry alles verniet. Die inwoners van Booysens is letterlik 10 meter van die plakkers kamp af. Wat dink jy het met hulle huise se waardes gebeur, en dan nog moet iemand betaal vir die water en elektriesiteit? Hulle het indirek die kamp onderhou. Nou wil die stadsraad nog mense daar laat bly! o ja, slegs TYDELIK. Dis volgens my opinie baie dapper mense daai, om op te staan en hulle self te laat geld in die enigste taal wat die regering verstaan. Dink bietjie waar sou ons land vandag gewees het as die boere maar net die lot van die Engelse aanvaar het! Daardie inwoners is besorg oor hulle omgewing en beleggings.
Wat sou jy voorstel moes hulle doen? Gaan koop een van die huise daar, jy kan dit baie goedkoop kry, en beleef dit vir jouself. Kyk dan of jy normal sal bly en jou verstand behou!

Anne ·

Anna,wat die mense jou hier toewens het jy oor jouself gebring!

Lynni ·

Watter familie moet vergoed word? Jul hoor dan self hy het amper op straat gebly toe ander mense hulle oor hom ontferm het. En ek verstaan nie hoekom moet die mense wat hom versorg het vergoed word.

linda ·

dis nou NIE die nuus wat ek wou hoor nie, siestog ai :-(
ek wonder hoe kan mens in verbinding kom en dalk sommer begin bedel vir ‘n geldjie om die man ‘n ordentlike begrafnis te gee?
ek’s seker as van die besighede daai kant weet sal daar ‘n borg of 2 wees

Koos1 ·

Nou moet daar ‘n moord klagte ondersoek word!
Manie, gaan praat met Help mekaar begrafnis ondernemers in Claremont straat. Ek is seker tussen hulle en ons Pretorianers sal ons kan help met die kostes vir die begrafnis.
MM, kan julle dalk help met admin van ‘n rekening waar donasies in kan gaan. As elke leser van MM net R5 kan gee, glo ek die gelde is gedek.

San1 ·

Ek stem dat daar ‘n moordondersoek moet wees. Maar daar sal seker niks van kom nie. Maar net nog ‘n slagoffer.

Smirre ·

Kom ons kyk of SAPD Hercules die saak behoorlik kan ondersoek en ‘n verdagte kan aankeer vir die oortreding. Dis waarskynlik strafbare manslag, omdat die oortreder glad nie ‘doelbewus’ (ja sure) die oorledene sou wou seermaak nie.

Dalk moet SAPD Herculs bietjie meer oemf kry.

Alles Tshwane Metro en SAPD Hercules se skuld.

wilma ·

Die man was in n Staatshospitaal. So daar nie kostes. As jy toelaag van Staat kry is jy staatspasient. Verstandelike Gestremdes ontvang toelaag

Skaam jou ·

Ja hoor, se jy wat tande het. Hoeveel is daardie toelaag? Ek kan nie glo daar is sulke hartelose mense soos jy nie .. maar ja . as jy mos in ‘n estate bly, gee jy nie om vir die wat verstandelik vertraag is en langs ‘n plakkerkamp moet bly en met staats medies tevrede moet wees nie. Staat of te not, daar is altyd ekstra mediese kostes. Ek glo JY wat WILMA is kan op die toelaag vir gestremdes leef NE?? Terwyl jy nou so SLIM is WILMA, betaal hulle ook sy BEGRAFNIS???

Idi ·

Wilma – Glo dit of nie daar is kostes by staats hospitale.

Ek was eens voor ek n medies gehad het in n staats hospital, My kostes wat ek moes betaal het, het by die R3000 beloop omdat ek gese het ek het n werk, met n klein inkomste, so toe wou hulle he ek moes hulle af betaal, Ek het net gese sorry ek kan nie, Ek moes toe briewe ingee wat se ek is werkloos en dat ek nie onder my eie dak bly nie maar by ouers wat my nie rente vra nie ens ens, Nou ja gelukkig is ek nou op medies, My man ook nou op medies maar hy was nog laas jaar op net n dag tot dag plan en kon nie in n hospital op geneem word nie moes ook staats hospital, Selfde storie hy moes betaal vir x-trale bloed toetse en elke keer n R160 per soek na die hospital.

Kyk Maar ·

En soos met die plaasmoorde, teiken hulle die ooglopende weerloses omdat hulle (die gemors), nie hul man kan staan nie.

Johann ·

Mense mense mense? Iemand is VERMOOR…hys onder gruwel omstandighede dood! Ja…miskien nie ons blinde lojaliteit soos wanneer n sg rugby held sterf nie, maar WAARAGTAG! Wat het geword van “dignity”?

Ouboet ·

As jy kalafong toe moet gaan het jy klaar net ‘n 50/50 kans om lewend daar uit te kom

Rina ·

BRAVO KOOS!!! BRAVO… En Anna as jy nie weet waarvan jy praat nie….Sjjjjjt eerder. Ek se weer almal is vinnig om te se “staan saam” dan word dit gedoen en DAN kry jy die aanmerkings soos Anna maak… nee wat ek haal my hoed af v daardie groepie inwoners wat hulle man gestaan het en gewys het hulle het oemf. LET WEL my hart is stukkend oor die lewensverlies van n onskuldige man. Weereens hy is met n PANGA of skerp/harde voorwerp herhaaldelik oor die kop geslaan. Nou vra ek met trane in my oe….HOEKOM? Het die blankes met sulke gevaarlike voorwerpe rondgeloop?

Anti Anna en Kie ·

Anna. Mag jy nie deurgaan wat die inwoners al lankal deurgaan. Tot Oktober laasjaar het ek in Tuine gebly. Weet jy hoeveel keer my kinders nie kon skool toe agv die kuier inwoners se proteste? Hoeveel skade aan voertuie en ander emosioneel kinders en inwoners deur is? Dwelms in daardie hele area vier hoogty en ander siek misdade.
Hoekom moet ons blankes altyd stilbly en staan? Het die boere by bloedrivier gestaan en niks doen? Kom by. Dis hartseer dat die man sy lewe verloor het agv laksheid van owerhede en polisie wat staan en kyk het.
Agv stelsel wat nie Werk nie.

RIV aan die slagoffer van onnosel goed se geweld

chucky ·

Wats fout met julle mense dis nog n sinnelose moord hoekom dis onnodig maligheid wanneer gaan julle besef hiers n groter probleem

Se maar net ·

As die rasse situasie nou omgeruil was.. Hmm… Dan sou die hele lot al gearresteer gewees het, hulle naam en ras bekend gemaak geword het, hulle terduisende rande al beboet geword het en voorblad nuus gewees het. Jys op ‘n beter plek my vriend. Rus in vrede.

Willem ·

As sekere faksies binne Tswane nie roekeloos mense veskuif het nie sou daar nie opstand gewees het nie en iemand se dood veroorsaak het Wanneer gaan sekere instansies ophou om konflik te veroorsaak .Duidelik le die skuld by diegene wat die verskuiwing sonder oorleg goedgekeur het

Lynni ·

Jislaaik, ek het nou gelag vir julle kommentaar. Julle baklei en sê mekaar sleg. Later daal jul van die berig af. Dan is party mense sommer by die slag van Bloedrivier. En die boereoorlog. Dan is die man wat vermoor is heel vergete. Dis ‘n komedie wat afspeel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.