Booysens-geweld: ‘Oplossing’ vir behuisingkwessie gevind

bremerstraat-01

Inwoners van die omgewing het Vrydagaand slaags geraak nadat plakkershutte langs ʼn informele nedersetting opgerig is. Foto: TrafficSA/Twitter

Die Tshwane-metroraad het Woensdag ná ʼn vergadering van drie uur besluit om die inwoners wat tydelik na ʼn informele nedersetting langs Booysens in Pretoria-Wes geskuif is, op ʼn ander plek te akkommodeer.

Inwoners van die omgewing het Vrydagaand slaags geraak nadat plakkershutte langs ʼn informele nedersetting opgerig is. Die mense is verlede week vanuit Jeffsville, ʼn informele nedersetting naby Atteridgeville, verskuif toe plakkershutte in die gebied in ʼn sinkgat verdwyn het. Sommige van die families is na die Mlambo-saal in Atteridgeville geneem, maar die metroraad het besluit om 11 families tydelik in die nedersetting langs Booysens te huisves.

Die inwoners van Booysens wou verhoed dat nog strukture op die stuk grond langs Bremerstraat opgerig word en ʼn skermutseling het tussen die groepe uitgebreek waartydens agt mense beseer is. Stephan Harris (28), ʼn verstandelik gestremde man wat ook tydens die onderonsie beseer is, is steeds in ʼn kritieke toestand in Kalafong-hospitaal.

Volgens ʼn familievriend, Manie Hough, is daar sover geen verandering in sy toestand sedert hy vroeg Saterdagoggend in die hospitaal opgeneem is nie. “Hy is agt keer met iets soos ʼn panga of ʼn byltjie gekap. Hy het ernstige skedelbreuk aan die onderkant van sy kop opgedoen en daar lek vog by sy een oor uit. Die dokters hou hom in ʼn mediese koma want hy kry nou die ergste epileptiese toevalle,” het Hough ontsteld gesê.

Elma Nel, raadslid van die omgewing, sê die hele situasie is vir haar baie teleurstellend. “’n Werknemer van die departement van menslike nedersettings moes ʼn baba uit een van die brandende plakkershutte red.

Stephan Harris (28) wat beseer is tydens 'n onderonsie tussen inwoners in Bremerstraat, Pretoria (Best Care-paramedikus Xander Loubser het toestemming van Harris se gesin gekry om 'n wasige foto van hom aan die media te verskaf vir publikasie.)

Stephan Harris (28) wat beseer is tydens ‘n onderonsie tussen inwoners in Bremerstraat, Pretoria (Best Care-paramedikus Xander Loubser het toestemming van Harris se gesin gekry om ‘n wasige foto van hom aan die media te verskaf vir publikasie.)

“Nou lyk dit of die hele omgewing vol rassiste is, maar eintlik is dit emosies wat oorgeloop het omdat die vorige raad leë beloftes aan hierdie inwoners gemaak het en min dienslewering verskaf het,” het Nel gesê.

Sy sê mense is nie dadelik van die Jeffsville-verskuiwing ingelig nie omdat dit ʼn krisis was wat inderhaas verhoed moes word. “Dit was regtig net ʼn tydelike maatreël en die raad het gereken goeie buurmanskap sou aan die orde van die dag wees.” Nel meen swak besluite van die vorige metroraad het egter veroorsaak dat die gemeenskappe mekaar en die munisipaliteit wantrou. Die weste van Pretoria het verlede jaar ook deurgeloop onder verskeie gewelddadige protesaksies.

Nel het gesê sy verneem dat mense wat ses jaar gelede uitgesit is uit Schubartpark in die middestad tydelik na die grond langs Booysens verskuif is. Die metroraad het toe groen vraghouers vir die mense ingerig, maar byna geen ander dienste verskaf nie. Die inwoners van Booysens sê misdaad het ná hierdie verskuiwing in die omgewing begin toeneem en hul eiendomme se waarde het dramaties verlaag.

“Die raad het nou besluit om die 11 tydelike huise wat in Bremerstraat opgerig is, sowel as 30 ander huise in ʼn naburige omgewing, binne die volgende paar weke te skuif na ʼn ander gebied. Ons gaan egter nie in hierdie stadium bekendmaak presies waarheen die mense verskuif word nie,” het Nel gesê.

Volgens Nel is die grond van die informele nedersetting langs Booysens munisipale grond wat nog altyd vir behuising geoormerk is. “Daar sal hoë woonstelblokke hier opgerig word en die tydelike vestings het die bouprojek eintlik nog altyd onnodig teruggehou. Nou kan daar in die nabye toekoms begin word met bouwerk wat ʼn aanwins vir die stad sal wees en werksgeleenthede in ons gebied kan skep.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Frans ·

Die omgewing word nou die aflaai voorstad om alle loslopende plakkers hier heen te skuif ons infrastruktuur kan nie die massas handteer nie stuur die mense terug waar hulle vporheen gebly het die misdaad en dreigimente teen ons vrouens en meisies is kommerd wekkend stop die plakkery Elma het nog baie te leer sy moet nie die bal paas nie

Johann ·

So dom asstrant as wat die ANC in sy eensydige “beleide” is; so gevaarlik is dit om nie te sien hoe.die.skelm wetters hulle leë en onmoontlike beloftes aan die.massaa…nou skielik die probleem maak van nuwe administrasies nie. Die voorval in Booysens…begrafplase…ens ens. Kyk mooi hoe boikit hulle dienslewering deur die DA te kaap met ANC gevolglikhede. Volgende is water en krag voorsiening. Insluitende die CHAOS van PREPAID METERS! SUID AFRIKA SE VANDAG….agv die ANC en sy ZUMAIKIES! Gewetenlose selfverrykende Afrika mentaliteit. Stroop wat voor jou oë kom en het nie n gedagte van iets soos beplannung vir.die toekoms nie. Wel…kry elkgeval als verniet?

Tanya ·

Die probleem was aanvanklik tussen twee groepe van dieselfde ras. Ek weet nie waarom die handjie vol blankes moes gaan amok maak nie aangesien die ander ras mekaar self uitgesorteer het. Nou is iemand in die hospitaal en dit gaan sleg met hom omdat hulle wou inmeng waar mens eerder moes wegbly!

ronel ·

Tanya, was jy daar toe dit gebeur het?
Die handjie vol blankes waarna jy verwys, bly direk langs die gebied en hulle eiendom was in gedrang. Sou jy nie ook iets probeer doen het as dit jou enigste heenkome was nie?
Baie van die mense in daardie omgewing het geen ander keuse as om te bly waar hulle is nie omrede hulle reeds nie hulle huise verkoop kan kry nie. Ten minste was hulle bereid om te probeer red wat hulle kon. Dit was nie ras gerig nie, dit gaan oor die kriminele elemente wat oorneem.

Koos1 ·

Elma, hoekom nie die plek waarheen hulle geskuif gaan word, bekend maak nie? Bang dit gaan weer ‘n geveg afgee? Ek dink dit gaan. Ek wil nie plakkers langs my huis hê nie want my huis se waarde val en ja, misdaad gaan toeneem. FEIT!
Hoekom ook nie met die inwoners praat nie, nee hulle moet hul self eers tot geweld wend om gehoor te word! Maar nou verstaan ons ook dat dit al taal is wat in vandag se tye verstaan word deur regerings in SA. O ja, en die inwoners is moeg vir die plakkers.
Net ‘n bietjie inligting. Die vraghouers is 6 jaar gelede daar opgerig nadat die plakkerskamp afgebrand het. Die plakkers is al 12 plus jare daar, en dit is dan nie TYDELIK nie!

Melt Olckers ·

Ek glo nie dat die misdaad probleem in Booysens en Hercules omgewing veroorsaak word deur die plakkers nie, ook nie deur die wat daar met behulp van die Stadsraad daar gevestig is nie. Die misdaad probleem is as gevolg van swak Polisie bestuur wat niks doen ivm die dwelm probleem in die gebied nie. Dwelms word deur handelaars van buite die gebied ingebring en die misdaad word veroorsaak deur dwelm misbruikers wat op straat woon en in Van Der Hoffweg maak of hulle motorwagte is.

Melt Olckers ·

Die skuld vir die misdaad probleem moet op die skouers van Kolonel De Villiers van die Hercules SAPD geplaas word.

Herman ·

Mense, hier is iets leliks al lankal aan die broei. Op plattelandse dorpe ontwikkel plakkerskampe op strategies geleë plekke waar hulle in ‘n ommesientjie die dorpe van die buitewêreld kan afsny. Die stede word strategies van binne ingesypel wat dit eweneens net so gevaarlik vir die blanke inwoners maak. Ons moet besluit, gaan ons die “rassistiese” weg volg en onsself verdedig, of gaan ons die “demokratiese” weg volg en ruggraatloos ondergaan?

Sê maar net. ·

Ek stem 100% saam met jou Herman. Ongelukkig het ons net 1 Baie Groot probleem. Wanneer dit op die push kom om op te staan teen die ongeregtigheid dan is ons volkie maak ‘n sak vol bene. Ken nie van saam staan nie.

Herman ·

Dis waar, Sê maar net. Jy is heeltemal reg. Hier word egter ‘n stryd op ons afgedwing wat ons volkie geen keuse gaan laat as om saam te staan nie. Die fondasie van ons volk se stryd moet egter eerste aandag geniet. Ons sal eenvoudig voor God onsself moet verootmoedig en ons afvalligheid van Hom opreg bely en om vergifnis vra. Ek glo werklik dat ons hierdie saak nie langer durf uitstel nie want sonder Hom het geen stryd van ons in elk geval ‘n kans op sukses nie. Ons volksverlede bevestig dit immers.

Isabel ·

Ek se dat Vader nou asb moet intree in hierdie land. Genoeg is aan ons gedoen. Amen.

Jax ·

sterkte aan Stephen Harris se familie hoop ons sien hom gesond een van die dae!
baie tragies,! hoop ons kan op hoogte bly van sy vordering!

ons was in ‘n gewapende roof in Rens Straat Booysens so 6 jaar terug deur 5 gewapende mans wat ons ook met selfoon kabels vasgebind het, die details van daardie oggend 3uur le so vars in my gedagtes soos my kinders se geboorte!
die feit dat niemand daardie nag dood is of RAAK geskiet is, bly ‘n wonder van God!
selfs ons skoene saam al ons besittings op ONS bakkie gelaai hulle glo eenvoudig nie jy’t nie GELD nie, want jy’d dan ‘n kar en kos in die kas???
ons lewe sal nooit weer dieselfde wees nie, ek dank die Here ons kon trek en alles net so los, ander mense is NIE so gelukkig soos die arme man wat sommer vir niks in sy bors geskiet is en gaan dood gaan het langs sy vrou!

As die Here ons nie kom red nie weet ek nie die bose mense vat alles oor wat gaan oorbly vir ons?
Mag elkeen wat hierdie lees beskerm word saam hulle gesinne, dis die wild wild WEST!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.