‘Bordeelbaas’ in Bloem in hegtenis geneem

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn 56-jarige man verskyn Maandag in die Bloemfontein-landdroshof nadat hy glo ʼn bordeel in die stad bedryf het.

“Die polisie het Vrydag ʼn klopjag by ʼn gastehuis van die man uitgevoer en gesien dit word glo as ʼn bordeel bedryf,” het kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, gesê.

“Die man en vier vroue, tussen 37 en 40 jaar oud, is in hegtenis geneem.”

Marope het gesê hy kan nie ʼn berig in die koerant The New Age bevestig dat die man ʼn professor by ʼn plaaslike universiteit is nie.

Volgens die berig is die gastehuis se naam Fleurdal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Dries ·

Mooi naam vir ‘n plek wat deur ou vrouens beman (bevrou) word.

Ghost ·

Nie dat ek dit wil goed praat nie, maar het die polisie niks erenstiger om te doen nie. Mens sal glo die misdaad, moord, diefstal ens is onder beheer.

zahn ·

Die polisie manne het seker nie royalties gekry nie, daarom was dit onwettig..Sê nou maar wat julle wil, maar ek vind die woord klopjag heeltemal ironies hier.

ladybug ·

Wanneer die polisie NIE hul werk doen nie, kla die publiek, as dit hulle dit WEL DOEN, dan kla julle ook, weet julle wat jul eintlik wil hê?

Verdomp man, wees dankbaar die gemors word aan die kaak gestel!

Ghost ·

ladybug ons kla nie oor hulle hulle werk doen nie, maar daar is soveel ernstiger misdade waaraan hulle nie aandag gee nie, dit mens net wonder wat is belangrik om te ontblood. N bordeel om iemand se lewe wat in gevaar is. Hoe baie hoor jy hulle kan nie dadelik kom help met allerande verskonings nie.

EMK ·

Ghost en andere – bordele gaan 99.9% gepaard met dwelmgebruik en -handel ook; praat nie van allerhande ander goed soos geldwassery, pornografie ens (Teazers se grootbaas se moord en al die vuil wasgoed wat daarmee gepaardgaan is ‘n goeie voorbeeld van wat alles eintlik aangaan by sulke plekke). Dis reg dat die goed gesluit word

Jan ·

” Prof, 37 tot 40 jaar oud, Fleurdal, The New Age ” . Iets is nie lekker nie !

CHRISTA ·

ghost, het jy jouself die vraag afgevra of hulle VRYWILLIG prostitusie beoefen of is hulle SEKSSLAWE? Daar is ‘n groot verskil!!!

Dave ·

Christa, absoluut niks in die berig dui daarop dat hulle seksslawe is nie. Ghost het ladybug se misvattende stelling lekker ‘ontblood’ en nou lees jy ook sommer dinge in die berig wat nie daar geskryf is. Ek ondersteun Ghost met wat hy sê. Sondag het ‘n kontrakteur wat ek aangestel het om werk te doen, sy vrou se kar wat verlede Saterdag gesteel is in Pinetown gesien. Hy het met ‘n groot voertuig die kar in ‘n hoek vasgekeer en twee insittendes aangehou terwyl hy die polisie gebel het. Hy het 45 minute vir hulle gewag. Dink jy ook ‘n bordeel’klopjag’ sou belangrik genoeg gewees het om hom so lank te laat wag? Niè dat dìt is wat hulle opgehou het. Nou wonder ek steeds hoe dit werk want ek was onder die indruk dat bordele gewettig is.

Piet Pompies ·

Ag nee wat, die Polisie kan nie net sommer die “pompstasie” sluit, waar gaan die manne petrol gooi? lol

Nic ·

Bordeelbase is seker makliker om vas te trek as moordenaars en rowers, maar dit maak prostitusie nie ‘n “minder ernstige” misdaad nie.

Siendeurhulle ·

Dis net die easy targets wat die SAPS gaan klopjag, hulle gaan die daar waar dit regtig erg gaan nie.

scalla ·

Die gastehuis se naam moes eintlik grab a granny gewees het

nig ·

Scalla – oud maar nog nie koud is hier van toepassing! Obvisouly is hulle goed in hul “werk” anders sou die plek mos nie bly bestaan het nie! Grappies op ‘n stokkie, ek dink ook maar die goed is eintlik ‘n nes van ‘n spul ander onwettige goed wat hand aan hand met sulke plekke gaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.