Jacqueline Seymour (27) van Oakglen, ʼn buurt in Bellville, is op borgtog van R5 000 vrygelaat.
Daar word beweer dat Seymour ʼn bordeel bestuur het en ʼn besoeker erg aangerand het nadat hy glo geweier het om te betaal. Sy is hierna op ʼn aanklag van poging tot moord in hegtenis geneem.
Daar is Vrydag aan die hof gesê terwyl sy in polisieaanhouding was, het sy ʼn verklaring aan die polisie afgelê waarin sy haarself betrek by die ontdekking van ʼn gebrande lyk op die N7-snelweg. Hierdie voorval word steeds deur die polisie ondersoek.
Seymour het Vrydag in die hof verskyn op aanklagte van inbraak en diefstal nadat sy na bewering in ʼn speurder se kantoor ingebreek en reisdokumente gesteel het waarop die polisie vroeër beslag gelê het. Volgens die klagstaat het Seymour ʼn koevert met amptelike dokumente, sleutels, haar man se paspoort en haar motor se dokumentasie gevat. Sy staan ook tereg op ʼn aanklag van dwarsboming van die gereg.
Die saak sal na die Bellville-streekshof oorgeplaas word en Seymour moet weer op 28 Augustus in die hof verskyn.
Dit klink na ‘n rowwe tannie ?
Wou ek ook sê maar toe bewe my broek!
Iemand wou nie betaal het vir sy plesiertjies nie – hy het seker gedink hy doen kwaliteit beheer. LMGA.
Laaik
Vlieg nou, betaal later pakket
Laaik
Dit is seker haar lekkerste bron van inkomste! Of is dit maklikste? (^_-)
Sy klink wild maar sy’t nog nie ant Stienie ontmoet nie!