Bordeeleienaars tot 869 jaar tronkstraf gevonnis

Argieffoto

Argieffoto

Drie KwaZulu-Natalse mans wat jare lank ʼn bordeel bedryf het waar meisies so jonk as 12 jaar oud vir hulle gewerk het, is Maandag in die Durban-streekhof tot altesaam 869 jaar tronkstraf gevonnis.

Sandile Patrick Zweni (41), Nonduzo Dlamini (27) en Bhabha Dubazini (33) is in Maart vanjaar skuldig bevind op aanklagte wat verband hou met die bordeel wat hulle vir meer as tien jaar vanuit die Inn Town Lodge in Durban bedryf het.

Landdros Simphiwe Hlophe het Zweni tot altesaam 315 jaar tronkstraf gevonnis vir die 39 aanklagte waarop hy skuldig bevind is. Verskeie van die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word, wat beteken dat Zweni effektief 35 jaar lank agter tralies sal wees. Dlamini is tot 304 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy op 38 aanklagte skuldig bevind is. Hy sal effektief 25 jaar tronkstraf uitdien. Dubazini is tot 250 jaar of effektief 25 jaar tronkstraf gevonnis.

Al drie mans is skuldig bevind op aanklagte van rampokkery, die bedryf van ʼn bordeel, die seksuele uitbuiting van minderjariges, die feit dat hulle ʼn bestaan gevoer het uit die opbrengs van prostitusie, mensehandel vir seksuele doeleindes en dwelmhandel. Zweni en Dlamini is ook skuldig bevind op aanklagte van ontvoering, terwyl Zweni ook gevonnis is vir aanranding en verkragting van ʼn minderjarige.

Zweni was die meesterbrein agter die bordeel wat bedryf is in ʼn hotel wat deur dr. Genchen Rugnath en sy vrou, Ravina, besit word. Die Rugnath-egpaar is daarvan aangekla dat hulle by die bordeel betrokke was, maar is uiteindelik vrygespreek nadat die landdros bevind het die staat se sleutelgetuie was nie eerlik tydens sy getuienis nie.

Talle meisies het gedurende die verhoor getuig. Hulle het aan die hof gesê dat daar gratis dwelms aan hulle gegee is en dat hulle, toe hulle eers verslaaf was, deur Zweni en sy makkers gestuur is om as prostitute te werk om vir hul dwelms te kan betaal.

Landdros Hlophe het tydens die vonnisverrigtinge gesê armoede en slegte ekonomiese omstandighede maak dit vir mensehandelaars maklik om vroue in ʼn lewe van dwelms en prostitusie in te dwing. “Mensehandel is een van die wêreld se skandelikste misdade. Wat hierdie meisies moes verduur was moeilik en pynlik,” het Hlophe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Kapenaar ·

En die Dr en vroutjie wat die plek besit……stap skotvry weg!!! ek wonder hoeveel dit hulle gekos het???????

Johann ·

Wat???? Ek lees…en lees weer…en dit klink.soos n siek fliek se draaiboek! En ergste is die deel waar die eienaars van die plek wegloop? WAARS DIE ANC VROUE liga? EN EFFers? En DA? En for that matter SOCIATY ITSELF, Is ok om Universiteite te brand…en n plek soos die? WALGLIKE BARBARE!

zahn ·

EFFers sê jy. Pragtig! Priceless! Afrikaans, die mooiste Taal.

Mandie ·

Daar is derduisende van die plekke. Van hulle het tot die polisie as kliente om hulle nie toe te sluit nie. Dalk tyd dat hulle die hele lot toesluit. Eienaars, kliente en die wat dienste lewer.

Pieta@Bethlehem ·

Na al die hoe ha van die ‘swaar vonnisse’ wys hierdie maar net watse grap ons regstelsel is – ‘honderde jare’ saam met die uitspraak ‘gelyklopend’ of ‘effektief’, beteken eintlik net n paar jaar. WAAROM MISLEI DIE REG DIE PUBLIEK? SKANNNNNDE!

Jan ·

Prostitusie sal nooit gestop word nie, geen regering in enige land of enige tyd in die mens se geskiedenis het dit al ooit reggekry nie. As dit egter gewettig word – soos in baie Europese lande – kan die prostitute werk met minder uitbuiting en beter omstandighede. Dit sal ook baie help om mensehandel/misbruike teë te werk, omdat die mense in die bedryf vrylik met die polisie kan saamwerk sonder dat hulle bang is vir vervolging. Ek se nie mens moet dit goedkeur nie, maar die samelewing is beter af as dit wettig is en daar ‘n mate van bestuur is.

Buitestander ·

Wys net in watter wêreld lewe ons.
Mense moraiteit het baie verlaag.

Claudene ·

Ja nee rerig wat n grap vir ons land!!!!Al wat gaan werk ia bring DOOD straf terug. eienaar de toet moet betaal vir dit!!!Onskuldige kinders word gebruik!!!

Justice ·

Dit is onmoontlik vir die Rugnaths om nie te kon weet wat op hulle eiendom aangaan nie. Sekerlik moes hulle hul eiendom maandeliks besoek om die perseel na te gaan vir skade. Vir 10 jaar lank niks agtergekom nie? – Geld wat stom is …

Klip in die bos ·

Belaglike regstelsel. Honderde jare se gevangeneskap . Wie leef so lank. Natuurlik te bang om doodstraf in te bring

WitBlits ·

Dis jammer die doodstraf is afgeskaf, want nou moet die belastingbetaler hierdie “siek” kriminele vir 869 jaar befonds in die tronk!

thea ·

ek verstaan nie 250jaar of effektief 25jaar tronkstraf gevonnis, hoekom so
en dan sit hy 10jaar of minder????

Wie ·

En in TIEN jaar trek hulle hulle nou eers vas? Wie het hulle tot nou toe beskerm?

phillip va DYk ·

ja 25 jaar en volgens ons nuwe wette kan hy parool kry na 50% van vonnis met ander woorde na 13 jaar is hy vry…. wat n joke van ons regstelsel…..

Henda ·

Die hoeveelheid tronkstraf is al klaar belaglik as hulle 10 jaar gaan sit is dit lank. Wat van die arme meisies wat word van hulle, niemand sê enige iets wat met hulle nou gaan gebeur nie gaan hulle nou maar hulle geld op die strate maak? Wat weet n kind van 12 wat op straat groot geword wat is rerig reg en verkeerd dit gaan vir hulle om oorlewing en hulle word uitgebuit.

Sê maar net. ·

Weet julle hoekom wil hulle nie die doodstraf inbring nie, want hulle weet hulle self en hulle maatjies gaan eerste swaai en dit gaan ‘n populasie verligting vir SA teweë bring.

David Marais ·

Ek wens daai SAPS will biekie Springs(Gauteng) toe kom vir die Human Traffickers hier wat net op babas konsentreer en boonop al Springs SAPS en Judge in sy sak het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.