Bordele in Pietermaritzburg gesluit

Argieffoto

Argieffoto

Agt beweerde bordele is reeds in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, gesluit sedert ʼn provinsiale taakspan aangestel is om dié kwessie aan te roer.

“Die polisie het Donderdag op drie plekke toegeslaan,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Tydens die klopjag is ʼn vrou, vermoedelik die eienaar van een van die beweerde bordele, in hegtenis geneem op aanklag van die bestuur van ʼn bordeel.”

Die polisie het ook beslag gelê op skootrekenaars, dokumente en kwitansies.

“Soortgelyke klopjagte duur voort in Pietermaritzburg en die omliggende gebiede,” het Zwane bygevoeg.

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, het die span vereer vir hul werk. “Ek waarsku almal wat onwettige bordele bedryf, om die plekke te sluit voordat die lang arm van die gereg hulle in hegtenis neem,” het sy gesê.

Die taakspan bestaan onder andere uit Pietermaritzburg- taktiese reaksie-eenheid, lede van die SAPD, provinsiale kubereenheid, die departement van binnelandse sake en lede van die Msunduzi-munisipaliteit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Akram ·

Genugtig. So paar dinge, met die hoë werkloosheid in die land, kan dit sorg vir meer probleme. Ongelukkig is daar n klomp buitelanders wat die “werk” van die plaaslike sekswerkers ontneem. Dit is n baie ou “beroep”. mense wat die drange het sal moeite doen om die drange te bevredig. Hoe gaan hulle die “private massage” kan beheer? my voorstel is dat dit behoorlik deur wetgewing gereguleer word. laat hulle belasting betaal. Dit sal in n mate help om die koffers te vul. kyk maar na van die plaaslike koerante se advertensies. daar is hordes van hulle. Plaas hulle in die super belasting kategorie en die skille sal inrol. dit gaan dalk nie so maklik wees om te beheer nie maar as daar n plan is kan daar dalk iets van kom. Of n persoon nou n werker in die straat oplaai of na n up market plek gaan as die idee daar is, sal daai persoon n plan maak. indien daar wetgewing is en n persoon is registreer, en ander oortree op daai een se turf, kan sy mos kla. so die wat “wettiglik” werk en betaal, sal nie toelaat dat n ander een verniet werk nie. Rusty van Rusland en Handsome Hans van Holland se papiere sal dan in orde moet wees on hier te kan geld verdien. En dit is nie net mans wat hulle gebruik nie. daar is van die diskrete prim en proper dames wat ook maar n stywe nek het wat gemaseur moet word………

Jakobregop ·

Ag nee! Die mense doen gemeenskaps diens. Die Industrie hou die mense van die straat af en pomp stywe valuta in die ekonomie in.

SNEL ·

Bhaha, Jacobregop, Pixie, die naam moes jou gesê het hy is n man wat glo dis gemeenskapsdiens. Hoe lekker lag ek nou.

Takkie Takuuza ·

Mooi man Jacobregop, mooi man!!! Giggel ek nou lekker.

Jaap ·

Goeie werk. Dis ń stap in die regte rigting vir Suid Afrika. Hou so aan.

Nico ·

Ek weet jy spot net met die bedryf, maar die waarheid is dat dit nie regtig iets is om mee te spot nie. Prostutisie is heelwaarskynlik een van die laaste vorme van slawerny wat oorgebly het. Baie min van daardie prostutiete werk vrywillig. Hulle word gevange gehou deur hul base en meeste van die tyd word hul drugs ingegee en as hulle eers verslaaf is, word hulle gedwing om as prostutiete te werk. Meeste prostutiete doen daardie werk om dat hulle geen ander heenkome het nie.

neelsie ·

Haal die gemors uit die samelewing uit.
Dit is drek uit die hel!!

Peet Schabort ·

“Omdie kwessie aan te roer” ? Hoe roer mens dit aan ?

ladybug ·

Ek hou van hierdie Lt. Genl. Ngobeni! Verwyder sommer alle prostitute van die strate, soos ons vroeër jare gedoen het!!!!

Christie Joubert ·

Dit is nie n “beroep” wat ooit uitgeroei sal word nie. BELAS die spul. Hulle sien dit immers as n inkomste.

Strydom-:Stryslim eerder ·

Die held Suid Afrika is n bordeel met die Anc as die “pimp”, daar word van ons advantage gevat end hulle pocket te lekker. So dankie aan die revering, ek voel soos n prostituut

Peet Schabort ·

Mense, dis ‘n ernstige saak dié. Let op die spelling van “prostituut”, meervoud is “prostiTUTE” en nie “prostuTIETE” soos julle dit spel . . .
Tog moet die spelling dalk verander word na laasgenoemde . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.