Borg geweier vir man wat glo hart eet

Argieffoto

Argieffoto

Andrew Chimboza (35), ‘n Zimbabwiër wat glo ‘n ander man vermoor en sy hart geëet het, is Maandag in die Athlone-landdroshof in Kaapstad borg geweier.

“Te danke aan rillers, is daar min dinge wat ʼn mens deesdae skok. Vir iets om ʼn mens te skok, moet dit regtig grafies van aard, onverwags en barbaars wees,” het landdros Elizabeth Ellis aan Chimboza gesê. “Wat jy gedoen het, was barbaars. Die daad was gruwelik en skokkend.”

Ellis het gesê alhoewel sy die meriete van die saak aan die verhoorhof oorlaat, sy is oortuig dat die staat ‘n prima facie-saak teen die beskuldigde het.

Die saak is tot 16 September uitgestel vir verdere ondersoek. Die verhoor sal na verwagting in die streekshof of Wes-Kaapse hooggeregshof aangehoor word.

Chimboza, wat ‘n venstertint-onderneming bedryf, word daarvan verdink dat hy Mbuyiselo Manona (62) ʼn maand gelede by ‘n vroulike kliënt se huis in Gugulethu met ʼn bottermes doodgesteek het.

Tydens sy borgtogaansoek verlede week het hy aangevoer dat hy die kliënt se “veglustige” kêrel uit selfverdediging doodgemaak het nadat Manona hom aangeval het.

Die polisie het gesê hulle het op Chimboza afgekom waar hy glo besig was om Monana se hart met ‘n mes en vurk te eet. Chimboza het ontken dat hy die hart geëet het, en voer aan dat die bloed op sy gesig uit Manona se wonde op hom gespuit het.

“Ek het nie die hart geëet nie. Dit was bloed op my gesig en hulle het die vurk en mes op die teëls langs die oorledene gesien en aangeneem ek was besig om die hart te eet,” het hy gesê.

Lees ook:
‘Kannibaal-moord’: Verdagte pleit selfverdediging
Man vas ná hy glo moor; slagoffer se hart eet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Belinda ·

wat het hy verwag…………………….regte Hannibal…………………Silence of the Lambs

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.