Borg onttrek aan Ghoema-musiektoekennings

Steve Hofmeyr ontvang ‘n Ghoema-toekenning (Foto: yjr Photography)

Een van die Ghoema-musiektoekennings se borge het besluit om sy borgskap te onttrek.

Immunadue het Woensdag aan Maroela Media die besluit bekend gemaak.

Schalk Mulder, uitvoerende hoof van Immunadue, het gesê hulle het besluit om hul borgskap by die Ghoemas te onttrek, omdat hulle nie verbind wil word met die huidige gebeure nie.

“Die probleem is daar is reeds so min Afrikaanse platforms wat nog toekennings gee aan Afrikaanse sangers en liedjieskrywers. En nou vind ons uit dat een van die grootstes (die Ghoemas) eintlik net ʼn rolspelery en ʼn politieke armdrukkery raak. So, ons wil nie daarby betrokke wees nie, en ons sal dit nie ondersteun nie.”

Mulder het gesê hy het kommentare op sosiale media gelees oor “Die Land”-musiekvideo se nominasie wat teruggetrek is en agtergekom daar is baie mense wat vra vir ʼn aparte toekenningsgeleentheid waar ander partye en politiek nie ʼn rol speel nie.

“Ek sal ook eerder ʼn aparte toekenningsgeleentheid ondersteun. As daar iemand is wat so ʼn geleentheid op die been wil bring, sal ek weer te vinde wees vir die idee,” het hy gesê.

Immunadue, wat volgens Mulder al sowat vyf jaar ʼn borg van die Ghoemas is, moedig ander borge aan om ook te onttrek.

“Ons is geskok en teleurgesteld. Ek hoop ander borge sal saamstaan. Die organiseerders het al twee maande gelede geweet van die onttrekking, maar dit het eers twee dae voor die Ghoemas aan die lig gekom. As hulle destyds al vir ons gesê het, het ons tóé al onttrek, maar dit voel of hulle ons in ʼn hoek probeer druk het om betrokke te bly deur ons nie daarvan te sê nie,” het Mulder gesê.

“Ons ondersteun Steve en die ander kunstenaars se besluit om nie die aand by te woon nie. Immunadue verbind homself geensins met enige vorm van diskriminasie of uitsluiting in stryd met die Grondwet van die land nie,” het Mulder gesê.

“ʼn Glansgeleentheid soos dié wat die prestasies van Afrikaanse kunstenaars vereer, kan nie vertroebel word deur politieke voorkeure en polities gedrewe besluite nie.”

MultiChoice het versoek dat die musiekvideo van “Die Land”, waarin Hofmeyr saam met ander kunstenaars sing, van die benoemingslys verwyder word omdat Hofmeyr se sienings nie met hul waardes ooreenstem nie.

MultiChoice het gedreig om sy borgskap van die Ghoemas te beëindig indien die nominasie vir “Die Land” vir beste musiekvideo nie onttrek word nie. Heidi Edeling, hoof‑ uitvoerende beampte van die Ghoemas, het gesê daar is toe by wyse van ʼn demokratiese stemproses besluit dat die benoeming onttrek word.

Talle kunstenaars soos Jay, Bobby van Jaarsveld, Bok van Blerk, Dewald Wasserfall en Nicholis Louw het laat hoor dat hulle nie meer die Ghoemas gaan bywoon nie.

Die Ghoema-toekenningsgeleentheid word Woensdagaand in die Sun Arena in Pretoria gehou. Dit sou aanvanklik regstreeks op kykNET uitgesaai word, maar volgens Suzanne Keyter, woordvoerder van die kanaal, is daar reeds vroeër besluit om dit nie te doen nie weens die groot aantal benoemings. Volgens haar hou die besluit geensins verband met die onlangse verwikkelinge nie en is dit reeds vroeër geneem.

Die toekenningsgeleentheid word nou Saterdag 20 April om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai. Die blou tapyt word op Sondag 21 April om 18:30 op kykNET NOU!, DStv-kanaal 146, uitgesaai met ʼn heruitsending van die toekennings direk daarna.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

98 Kommentare

Annette ·

Steve bly bo en dankie dat Bokradio saam vir Afrikaans staan!!

Amanda ·

President Steve Hofmeyr believes the strength of our country lies in the spirit of the Afrikaner people and their willingness to stay informed and to get involved on all platforms to save our heritage. Baie dankie Geagte Meneer die President en almal wat opstaan vir dit wat ons so bedreig. Mnr Hofmeyr word van alle kante gepeper met boikotte en ons is bly dat hy broekies laat bewe!!! Lank lewe die manne en mannine wat opstaan en veg vir dit wat reg en regverdig is. Oorverdowende gejuig van die skare !!!!!♪♫♪♫ xx

Blinkoog Stefaans ·

Steve jammer vir die moment maar hierdie opsigself is ‘n grootter toekenning as die ghoema vir julle manne.

Geluk!

Marinda ·

Is dit nie “skelm” om dit 2 maande stil te hou? Nou het hul klaar die borge se geld! Dit laat ‘n sleg smaak in die mond.

Wurmpie ·

As hul al 2 maande weet. Nie die borge vertel en nou kamstig is die besluit om dit nie regstreeks uittesaai al ń ruk trrug geneem. Kan nou sien hoekom want MultiChoise het al 2 maande terug gesê hul gaan dit niecuitsaai nie

Claude ·

Dalk het dit tyd geword vir ons om saam te staan en Multichoice te boikot…hou op betaal en begin lees of familietyd deurbring en vergeet van die kassie

Jacs ·

Dankie vir Immunadue wat standpunt inneem en ontrek met integriteit van die klugspul wat die Ghoema’s NOU Amptelik is. Dankie vir Bok Radio, dankie aan die kunstenaars, Bobby, Dewald en Jay wat ook amptelik onttek het van die klugspul. Ek versoek van elke kaartjie houer om vanaand se Toekennings te boikot, as Ons instansies kan standpunt neem kan Ons as Afrikaanse Musiek publiek dit ook doen.
#BoikotGhoema’s

Susan ·

Stem 100% saam. Tyd vir saam staan. My DSTV al 6 jaar terug gestop betaal baie minner en kyk wat ek wil aan lyn

Amanda ·

Ek stem volhartig saam. Dit is mooi musiek in ons almal wat so met die staalborsels gekrap word van alle kante. xx

Maggie ·

Hoekom begin hulle nie n Afri-toekenning hou nie. Afri vir afrikaans dan is dit vir al ons afrikaanse liedjies. Maar net n voorstel

ZET ·

Ek is so bly ek hoef nou nie afstand te doen van my immunadue.

Annelie ·

Demokratiese stemproses…… my alie. Steve se alles in die openbaar wat ek te bang is om te se – Steve BO!

Fransie Rowles ·

Dankie saamstaan kunstenaars, en die on politieke borge wat onttrek, jul maak my super trots afrikaans!! Daar bly geen meer “choice” in multichoice oor nie. Jul is pateties.

Maggie ·

Hoekom begin die borge wat onttrek nie n Afri-toekenning hou nie. Afri vir afrikaans dan is dit vir al ons afrikaanse liedjies. Dan speel politiek nie n rol nie. Maar net n voorstel

Johan ·

Kom ons kyk of die ander borge iets se:
Follicle hair
PKF Octogon
Jordaan inc Prokureurs

Koos de Meyer. ·

Mooi immunadue, ten minste wys julle het integriteit laat die ander maar kruip. Ons moet almal saam staan vir ons taal ras eg.

Danny ·

Kom nou Afrikaners wys julle krag en kanselleer julle multichoice rek kom ons kyk of ons 10 000 n dag kan kanselleer en los sommer die vierkantige rioolpyp vir altyd uit.

gatiep ·

N boodskap van die toekoms af.
(Die afrikaner gaan weer lewe)

Wayne Viljoen ·

Stig asb sommer ook iets nuuts in multichoice se plek, hulle bevoordeel inelkgeval net die meerderheid populasie.

Annemarie ·

Gee vir Schalk Mulder ‘n Bells wel gedaan trots op jou

Koos ·

Dankie Schalk vir jou ondersteuning!!!! Jy is n afrikaaner in murg en been!!!!! Dankie Steve vir als wat jy doen. Ek staan agter jou

Rhodine Pretorius ·

Baie dankie aan almal wat die biokot ondersteun. Maroela media hoe kan ek versoek rig aan radio Pretoria waar ek ‘n getroue luisteraar is om hulle te versoek om die kunstenare wat nie deelneem aan die biokot nie se songs vir ‘n maand lank nie uit te speel nie. Hulle tree teen my vryheid van spraak en luisster op, sowel as my taal.
Dankie
Rhodine Pretorius

Dries du Toit ·

Ons sal gou sien wie hierdie sangers is wat na regte die vyand van die Afrikaner gaan ondersteun. Ons moet net kyk wanneer hulle daai deurstoppe uitdeel.

Ghoema kwotas ·

So Ghoemas werk ook nou op kwotastelsel. Die kunstenaars war gaan deelneem sal as aanvaarbare kwota gesien word…moet nie deelneem nie

Elmarie ·

Dankie Schalk Mulder.
Hoop ander borge volg in jou spore.
Ek ondersteun ook n nuwe onafhanklike platform om ons kunstenaars te vereer vir hul werk.

Gert van Wierdapark ·

Multi Choice is lankal te groot vir hul skoene want Grootboet Naspers het reeds vir Media 24 van AIG onttrek, en hierdie is maar net nog n middelvinger vir ons en Afrikaans. Ek gee nie Ten Cents om hoeveel biljoene Rande Naspers agter hul naam kan skryf nie = dit is afpersing! Multi Choice se monopolie gaan ook nie meer lank hou nie – Say no More!!!

Lientjies ·

Nou moet Snotkop net ook nog onttek en opstaan vir afrikaans

Marlene ·

My immunadue pilletjies laat my sommer extra gesond voel vandag!! Mooi so Schalk!

Rina ·

Dit is jammer dat ons mense deur die goed moet gaan. So bly vir die wat Afrikaans steun

Elsa ·

Marlene, waarvoor drink mens Immunadue pilletjies? Ek sal graag Immunadue wil ondersteun omdat hulle hul borgskap onttrek het, maar ek is nog nie regtig op die pille stadium nie.

Beyers ·

Mag alle borge en ander Afrikaanse kunstenaars wat regtig lief is vir Afrikaans en die “guts”het om op te staan vir hul taal en mense die Ghoemas boikot!! en asb-!! Niemand glo julle dat daar lankal besluit is om die regstreekse uitsending te kanselleer en dit eers Saterdag uit te saai nie-Julle is natuurlik bang julle sit met ‘n lokaal sonder bywoners, of nog erger dat julle uitgejou word op regstreekse T.V. Want Afrikaanse mense met murg in hul pype sal julle hel toe stuur!!

Frank ·

Jip, eerste gedagte wat opkom is dat ‘n potensiële debakel dalk gerieflikheidshalwe ge-edit kan word voor uitsending…
Die anti-Afrikaners wys hulle hand, so kom ons wys ons s’n.

S ·

As hul onse Steve H aanvat en benadeel en so ook AL ons ander Afrikaanse sangers(resse) of enige afrikaanse verhoog persoonlikhede, raak hulle aan ons land se Afrikaanse mense !! Boikot DSTV en kyk hoe hard gaan hulle verder val …. niemand vat ons Afrikaanse sangers en persoonlikhede aan nie. Staan nou saam vir Steve en Afrikaans Bo !!

Elma ·

Stem heelhartig saam met die kunstenaars en borge wat onttrek.
My gevoel is net, voordat die mense nie saamstaan en Multichoice boikot (kanselleer DSTV) nie, sal daar nie gehoor gegee word nie. Slaan waar dit seermaak!!

Marilda Schoombee ·

Respek vir Bok radio en Immunadue!! Tyd dat ons opstaan teen die boelies wat politiek toepas wanneer dit hulle pas. Tyd daar n ander toekenningsorganisasie kan wees wat regverdig is en n kunstenaar beoordeel volgens wat hul bied en op hul verdienste!! Polities korrektheid is n euwel!

Jacs ·

Dankie vir Immunadue wat standpunt inneem en ontrek met integriteit van die klugspul wat die Ghoema’s NOU amptelik is. Dankie vir Bok Radio, dankie aan die kunstenaars, Bobby, Bok, Dewald en Jay wat ook amptelik onttrek het van die klugspul. Ek versoek van elke kaartjie houer om vanaand se Toekennings te boikot, as ONS instanies kan standpunt neem kan Ons as Afrikaanse Musiek publiekdit ook doen.
#BoikotGhoemas

Wit haat ·

Steve Hofmeyer se sienings?

Ai Steve se net vir almal jy keur plaasmoorde goed, se jy voel die witmense in die land moet een vir een vermoor en benadeel word in ‘n omgekeerde apartheid sisteem, en dat witmense wat nie eens gelewe het in apartheid nie, die skuld en haat moet dra en alles wat hulle besit oorgee aan swart mense…

Dan sal al jou sponsers terugkom!!!

WIT HAAT is mode!!

regte ·

die wat wel gaan kan nie eens se hulle wen nie want did als n klug spul so daar sal niks wees om op trots te wees nie….elke afrikaanse sanger / res moet wegbly en elke suid afikaner moet mooi dink oor DSTV sit hom af….ek het myne al 8 jaar nie meer nie , en het Netflix met wifi en ek moet se ons mis niks van DSTV nie….so kan ons saam staan MNR en MEV….

fred ·

dankie Schalk Mulder…ons is almal moeg vir hierdie politieke afpersery terwyl die Malema en BLF maar rassistiese uitsprake en dreïemente kan maak…..

Stephan ·

As ek 2 maande terug geweet het sou ons nie kaartjies gekoop het nie. Al het ons nou kaartjies gaan ons steeds nie die geleentheid bywoon nie.

mitz ·

Maak soos onse Steve, skeur die kaartjies op en gooi dit in die Jukskeirivier! BAIE DANKIE aan Immunadue, dankie dat daar nog is met murg en been en wat opstaan teen hierdie klugspul. Hoop die Ghoema sien sy gai en die res van die rugstekers.

Dries du Toit ·

@Stephan. Mooi man dit sal n belegging in jou kinders se toekoms wees. Jy is n stuk van n Afrikaner

fred ·

vir sover ek weet is die groot baas by NASPERS n Afrikaner…..Koos Bekker..???????

MJ Kroezen ·

Bye bye multichoice ek skakel oor na Netflix wat baie beter is en nie polieties is nie

Pypers Langeveld ·

Baie dankie aan Schalk en Immunadue, dankie aan Bok Radio en aan al die Afrikaanse kunstenaars wie saamstaan teen hierdie rassistiese, politieke en ideologiesiese inmengery in ons kultuur. Julle het ruggraat! Is besig om Multichoice te kanselleer en wat radio betref, stream al lankal hier in Durban Bok Radio as ek kar bestuur…

Only me ·

Daar nie n ander woord as pateties!!Steve in elk geval nie verlee oor n simpel “beeldjie” Hy is die VOORBEELD vir elke Suid Afrikaner!!Well done Bobby, Jay en res wat onttrek!Wel gedaan Jay dat jy jou Ghoemas in die asblik gaan gooi. Miskien moet hul dit oorweeg om die “grand” aand by die ashope te hou…vars lug beskikbaar..lol!!!Want dis waar hulle hoort!!!!

Jan ·

Only Me, my vrou is Sjinees, ken omtrent net 4 Afrikaanse woorde maar koop al Steve se musiek, Steve is haar nommer #1 sanger

Pieter ·

As ons ou Afrikaner nasie net kon saam staan en MultiChoice boikot soos ons met Spur gedoen het kan ons met reg aanspraak maak op regverdigheid. MultiChoice/DSTV/KykNet, sien my nooit weer nie!

pb ·

Ag shame ..nou gaan jy saterdae rugby kyk by jou bure. Kom weg van die mankoliekige uitgangspunt om altyd alles te wil kanselleer as iets vir jul n probleem is. Ry steeds my toyota en kyk heerlik dstv in die aand

gatiep ·

pb maak soos jy voel jou gelukkig maak.
Moenie wat ander doen jou pla nie.Of gaan jy skade ly?

Gaitsigubib ·

Ag ou PB ons almal is nie so verknog aan die decoder nie hoor, onthou ons ander manne het werk om te doen, ons kan nie heel dag voor die TV le nie. Ek het dit nog vir my vrou en meisiekind se ontwil maar ek dink dis ook nie meer vir lank nie.

Boet Fasie ·

Dankie aan die kunstenaars en borge wat die ruggraat gehad het om te ontrek in belang van regverdigheid en afrikaans. Daar is ‘n totale aanval teen afrikaanse en die afrikaner se regte en vryheid van spraak en geloof. Op 28 Maart 2019 is ‘n banier op George binne ure deur die munisipaliteit voor die Burgesentrum verwyder wat opgerig is om God te eer omdat niemand sy lewe verloor het of geboue vernietig is tydens die vernietigende brande van November 2018 nie. Politieke borde pryk op al wat lamppaal is maar ‘n bord wat God loof en prys word onmiddelik verwyder, sonder dat een afrikaner of gelowige beswaar aanteken, of ‘n bohaai maak , dit word net aanvaar.

Retha Roux ·

Boet Fasie ek het navraag gedoen oor die verwydering van daardie bannier, terwyl Mandela s’n jare lank gepryk het en die antwoord was, “dit is nie almal se siening nie.” Die een van George honor Nelsen Mandela, was ook nie my siening nie en klagtes het niks gehelp nie. Dit is die land waarin ons bly. Ek is baie dankbaar oor Bok-Radio wat eerste die voortou in die boikot geneem het. Ek stel ook nie belang om eers die Ghoemas op TV te kyk nie.

adriana ·

Die mense wat ons uitverkoop is bang hulle verloor hulle werk – so hulle verkoop hulle siele en verkoop Afrikaans om hulle job te hou en om polities korrek te wees.
Hulle kan nie vir hulself dink nie. En is te bang om vir hulle eie mense op te staan.
Lafaards en hensoppers.

Hennie ·

As jy nog met DSTV sake doen dan weet jy seker wat jou te doen staan. Behalwe as jy jou sport hoër ag as jou volk. Dan moet jy vir jou kry!

Werner ·

Ek respekteer almal se dade en almal se gevoelens, maar al wat die nou van die begin af is…… Is om aig van die media af te kry, en hulle kry dit reg, volgende jaar sal daar seker nie n aig wees nie, en geen witte vir ghoemas nie. Ons is eintlik net besig om te aanvaar. Ons fight terug maar dit wat gebeur is wat hulle wil he. Boikot dstv YES!!!!! MAAR BEGIN N AIG waar net n ware nasie sal saam staan en ondersteun, sponsors is publiek, en as dit nie so groot en shiny is as wat dit nou is nie, dis fine, ons het nie ligte en sulke funnies nodig nie, ons kan dit net so baie geniet iewers op n ou se plaas. Groot is nie altyd die beste nie, het dit waarde en gewig……. Dis die vraag. – werner steyn

Kiewiet ·

PB. Jy gaan seker ook vir die EFF of die ANC stem. Ek ry eerder met in fiets voordat ek met in Toyota ry.

Thinus Erasmus ·

Lood (pb) die punt is: jy kry stryders en jy kry ‘joiners’ – die een groep werk volgens beginsel en oortuiging, die ander kies die (ge-)maklikste uitweg. Die enigste verskil is die kwaliteit van die ruggraat.

Andre ·

100/100 vir Immunadue! julle het sopas duisende nuwe kliente bygekry .

Steve ·

Aan Snotkop: jy is een van ond voorste/gunsteling kunstenaars. Hier is JOU kans om te wys waar jou hart regtig hoort. Onthou: duisende jong mense ondersteun jou Desember vakansie konserte…..

Connie ·

Daar “delete” ek DSTV van my bank moes juis vandag betaal het!!

deon ·

Dit is tyd dat al die boikotters besef wie betaal die rekenings in die land!

Johanna Botha ·

Multi vat jou pie en waai… het jou nie nodig nie …goeie jimmel wat dink die mense !

Chrisi ·

Aan die andekant – al die politi-trekkery bring ons nader aan mekaar – en skud ons wakker . Mooi man. Wel gedaan. Moet asb net nie weer dat ons taal en kultuur bewegings weer oorgeneem en bestuur word deur die “kwotastelsel” nie.

Johan ·

Ek het op facebook duidelik gestel wat Multichoice en Ghoema met hulleself kan gaan doen. Dit sluit Toyota SA en MTN (moron telephone network) natuurlik in.

Susan ·

Hoekom borg hul nou eintlik Afrikaans as hul eintlik teen afrikaners is one Sal nou sien wie die regte afrikaners is onder ons sangers trots op steve en sy vriende wat ontrek het

Reynier ·

Ek is ARIKAANS!!!! Dit is my Taal! Kom alle Afrikaans sprekendes Staan saam Afrikaners dit is ook ons LAND hierdie Land vir ons Kinders!!!!!

Andre ·

Heidi Edeling met haar “demokratiese stemproses” en politieke korrektheid, en Multichoice se alies. Ek is allesbehalwe ‘n ondersteuner van Hofmeyr, maar hierdie is ‘n politieke besluit in ‘n land met sogenaamde “vryheid van spraak”. Absolute dubbele standaarde

Dirk Venter ·

Hoe trots is ek nie nou op Immunadue nie. Ek het geweet ons Afrikaners kan saam staan En ook die sangers wat ontrek het.

DeonC ·

Afrikaners begin uiteindelik saamstaan. Dankie aan al die kunstenaars en borge wat deel neem aan ghoema boikot. Dis n eerste stap van wat op n Tsunami kan uitloop.

Annie Webb ·

Gaan baie interessant wees om te sien (verkieslik NIE op dstv nie!) wie toe wel by die ghoemas opgedaag het. Ek is nie vreesllik op hoogte van Afrikaanse musiek nie, dus gaan die paar name wat ek ken elk geval nie daar wees nie ? Maar ek ondersteun elke sanger wat nou standpunt inneem teen dié boeliegedrag. Ek is laaankal sat vir Naspers se monopolie van alle media en vermaak in SA en die linkse narratief wat hulle met geweld in ons kele afdruk.

Lourens ·

Ons het dit reg gekry met Spur… As n 100 000 gesinne hulle dstv net vir maand nie betaal nie verloor Multichoice R90m…!! Raak dit waar dit die seerste maak… Ons kan meer as 100 000… 250 000 mense is R225m… Hulle sal vinnig hul besluit verander… Hulle het nie nodig om betrokke te raak met politiek nie.. ma die vraag is hoekom.. hoekom MTN, Toyota… da moet n rede wees… ?? So hoe lyk die einde van die maand… ??

Koos de Meyer. ·

Ongelukkig is daar ook joiners wat te slap is om op te kom vir Afrikaans. My taal is my taal en trots Afrikaans. Swak van party mense, ons land is uitverkoop as gevolg van sport. Pateties verby.

Koos de Meyer. ·

Mooi immunadue, ten minste wys julle het integriteit laat die ander maar kruip. Ons moet almal saam staan vir ons taal ras eg.

Magda ·

Hoekom moet politiek altyd alles versuur. Los Steve uit. Ek haal my hoed af vir die sangers wat voluit agter Steve staan. Ons mense se geld is goedgenoeg vir Multichoice. Plaas dat Multichoice eerder eensydig staan en minder programme op die Afrikaanse kanale herhaal en herhaal en herhaal. Dit siek!!

Kraai ·

Die Liedjie”””””AFRIKANERS is plesierig, dit MOET JULLE weet!!!!!. Niks kan ons stuit nie.
Mooi so aan almal toekennings gekry het. Kan nie wag om dit op KYKNET te sien nie en ook vir die volgende borgskappe wat ons n Uitblinkers” show gaan gee nie. MultiChoice!!!! get out of our way!!!!!!

Debbie ·

Ek het gedink kuns is kuns. Die ontrekking van borgskappe… ek ruik ‘n rokie. Gaan dit nie dalk oor die borge se fondse wat bespaar word nie? Dalk gaan dit nie so goed met hul geldsake nie.

Tewie ·

Ek is baie teleurgesteld dat ons as volk nie kan saamstaan nie. Die Ghoema saga het dit weereens bewys. Niemand moes die vertoning bygewoon het nie, dan sou hulle die boodskap baie duidelik gekry het. Die Klipwerf Boereorkes het ons in die rug gesteek en ek, as boeremusiek liefhebber, sal hulle nie meer ondersteun nie. Dirk, jy is ‘n “yster”.

Mel ·

Komaan Immunadue. Afrikaans is Groot kan tot dan julle borgskap waardeer!!!!!!

MW ·

Ek het engelse vriende, nogal lede van Solidariteit, mal oor Afrikaanse musiek , mis nie ‘n Afrikaanse fliek nie, nog minder ‘n episode van Noot vir Noot. Afrikaans is mos nou nie ‘n eksklusiewe taal nie. Die feit dat mense dit nie praat nie beteken nie dat hul dit nie verstaan nie. En dit gaan nie oor watter toekennings nie, dit gaan oor die musiek en die lirieke, oor die kunstenaars en die aanbiedings, of die van nou Hofmeyer, Van Blerk of Khoza is, as dit goeie musiek is koop en luister ons. Los die politiek vir die aktiviste.
‘n Deur sluit dalk maar dis gewoonlik vir ‘n beter een om oop te maak

Attie. ·

Die net span styf om ons en soos met ‘n walvis is dit besig om ons dood te wurg. Tog is die rugbygod so groot in ons land dat ons nie omgee nie, solank ons net superrugby kan kyk dan kan die aarde maar vergaan. Multy choice, julle is so veilig soos kan kom. Gaan voort om Afrikaans te boikot, ons is te papbroekig om julle te boikot.

Pieter Schoombee ·

Sal Heidi Edeling asb. verduidelik hoe haar ‘demokratiese stemproses’ geskied het. Wie het stemreg gehad?

Annamarie Olivier ·

Ek gaan die 20ste April die uitsending kyk sodat ek presies weet watter kunstenaars om nooit weer te ondersteun nie want hulle het geen ruggraat hulle tree net in Afrikaans op vir geldelike gewin.
Ek watch julle!

Jannie van Niekerk ·

Iets sê vir my daar is ‘n spul politici in die MultiChoice bestuur wat besluite neem om Afrikaans te prpobeer vernietig. Radikales wat die ANC/EFF se rassebeheptheid ondersteun.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.