Borg onttrek ná herrie oor TV-program  

our-perfect-weddingAbsa het bevestig dat hy sy borgskap van die program Our Perfect Wedding met onmiddellike effek beëindig het nadat daar ook ʼn klag by die Uitsaaiklagtekommissie ingedien is.

Die spesifieke episode van die program is Sondagaand op Mzansi Magic, kanaal 161 op DStv, uitgesaai. Volgens EWN is daar in die episode verwys na ʼn jong vrou wat haar man ontmoet het toe sy 14 jaar oud was en hy 29. Die man het glo ook erken dat hy skoolmeisies vir seks geteiken het.

Mzansi Magic het in ʼn verklaring gesê hy neem kennis van kykers se besware rakende die episode. “Die uitgangspunt van die program is om die liefde en reis wat paartjies onderneem tot hul troudag te vier. Ons werklikheidsreeks weerspieël die samelewing soos dit is. In die geval van die spesifieke episode het die paartjie se verlede ongemaklike maatskaplike kwessies aan die lig gebring. Met die familie en gemeenskap wat aanvanklik teen die verhouding was, moes hulle ʼn manier vind om dit op te los.”

Mazansi Magic het aangedui dat die spesifieke episode nie weer uitgesaai sal word nie. Absa het intussen bevestig dat hy sy borgskap van die program met onmiddellike effek opgeskort het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Tascha ·

Nou ja toe kan ABSA ook ‘n standpunt inneem? Goeiste ek dink liewer Mzanzi Magic moet hierdie paartjie helemal diskwalifiseer en die naaswenners aan hulle die geleentheid bied om deel te neem. Hoe lank gaan die ou gelukkig getroud wees voor hy weer skoolmeisies begin teiken vir seks om sy 2de, 3de en selfs 4de vrou te vind? Teken sy naam in die register vir seks-oortreders teenoor kinders en ontman hom sommer ook! Watter tipe voorbeeld stel Mzanzi dan vir die kykers? Dat dit OK is vir sekere ouens om pedofiele te wees mits hulle met hul slagoffer trou? Dis siek man!!

mosselbos ·

Ag jajajajaja hou nou op om alle staatsamptenare oor dieselfde.kam.te.skeer. Ek werk vir die wes kaapse regering. Ek doen my werk en MEER as wat van my verwag word. Ek werk elke dag met mense van die publiek en lewer uitstekende diens teen n karige salaris. So doen JOU werk en los ander mense uit!

Thys ·

Julle moes by springbok rugby gebly het. Ten minste was daar geen skandale by betrokke nie. En hulle wen meer as verloor Maar o ja. Dis mos wit en ordentlik. Het vergeet.

Bets Bothma ·

Ek stem saam dat ABSA sy borgskap moes onttrek, maar … wat gaan aan ket ABSA …. skielik word nogal baie borgskappe onttrek en raai wat …. ek onttrek ook my “borgskap” van ABSA! Oor n maand of 3 is my laaste verband afbetaal en dan is dit goodbye ABSA, nooit weer nie – kan jul nie vertrou nie!

Reggie ·

Die ware tragedie is die feit dat mense na sulke gemors in die eerste plek kyk.

Sarel Strydom ·

Wys jou net hoe belaglik het die 14 dae veldtog vir geweld teen vrouens en kinders geword. Wat mense praat en doen stem nie ooreen nie. Die veldtog word net gebruik vir Politieke doeleindes. Dit is ‘n gedurige stryd en die Publiek behoort vir 365 dae in die jaar hiervan kennis te neem en nie net vir 14 dae nie. Hoe kan so program ooit uitgesaai word? Om nou verskoning te vra is net so belaglik. Die UItvoerende Vervaardiger en Regiseur moet geskors word so gou as nou.Of is dit deel van Mnet se Transformasie beleid.

EMK ·

Hierdie program klink na pot snert – waar kry hul die begroting om sulke nonsens te maak? Wraggies tv kan baie opvoedkundig wees en daar is hope goeie leersame programme maar DIE tipe van goed – WIE kyk na dit? Seker net die spul wat daarin is en hul familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.